grootoog deur die wêreld…

6 things i learned today

24 Oktober 2009 · 2 Kommentaar

Daar’s iets aan stilsit agter ‘n lessenaar met niemand om my idees van af te bounce nie wat my terugdryf na hierdie erg verwaarloosde blog! Ek wil darem jammer se vir die feit dat ek geheel en al nie in September geblog het nie. SR, akademie, muisneste en ‘n job by die biblioteek sal dit aan jou doen!

6 Things I learned today:

  • Lensies vat regtig nie lank om te kook nie.
  • “Opprobrium” beteken oneer, skande of smaad. Soos in, “Is the moral opprobrium with which Weapons of Mass Destruction are regarded justified?”
  • Hill’s Science Diet kos is duur, maar is regtig beter vir jou kat se vel as Whiskas.
  • Die griep-epidemie van 1918 het 20 miljoen mense doodgemaak. Dis so goed jy wipe die helfte van ons bevolking – al die wit en bruin en Xhosa mense saam.
  • Om ‘n beraming te kry van die helfte van ons bevolking, het ek probeer uitvind hoeveel Engelse Suid-Afrikaners ons het. Hulle is omtrent die helfte soveel soos die Afrikaners, en blykbaar noem ‘n mens hulle Anglo-Africans. Kry vir jou, Ryan ;)
  • ‘n Mens kan net 6 boeke uitneem op jou boyfriend se geleende voorgraadse studentekaart, terwyl jy op jou eie nagraadse kaart 15 boeke sou kon uitneem. ‘n Mens kry jou kaart altyd op die laaste plek waar jy soek, en dis altyd nadat die biblioteek vir die volgende 40 uur gesluit het.

Ek het ook regop gesit toe ek die volgende in my handboek lees:

“The point in time at which this book ends is as transient as any in the history of humankind… The temptation to regard this particular moment of the rpesent any differently must be resisted” (Gat, War in Human Civilization: 657)

Ek weet nie of hy nederig is en ‘n indrukwekkende hoeveelheid perspektief op sy eie plek in die geskiedenis het nie – dit is baie moontlik, want die man het omtrent ‘n bree visie van die geskiedenis. Of anders probeer hy net sy bases cover; daarop aandring dat as hy enigsins verkeerd bewys word, hy nooit gedurf se het hy dink hy weet presies wat in die wereld aangaan nie.

→ 2 KommentaarKategorië Life, the universe and everything

take-home exam

23 Oktober 2009 · Lewer Kommentaar

Prof du Toit het vir ons hierdie enetjie uitgedeel vanoggend om 8h30. Dit sal ons werk wees vir die naweek. Dinsdag om 16h30 gee ons ons maksimum 15 bladsye in… ek post dit hier want… ek weet nie… omdat ek verstom is deur die scope daarvan!!! Hy haal so half sy skouers op en se “jy’s teen hierdie tyd ‘n expert in een of ander veld… span dit in en beindruk my”.

Tall order vir hierdie jack of all trades.

On the last page (p. 673) of his book War in Human Civilization, Azar Gat concludes as follows:

“People continue to compete vigorously over scare objects of desire… As conditions have changed dramatically and for those for whom they have changed (original emphasis) the violent option – the hammer – in the human behaviour “tool kit”, has become less practical whereas the more peaceful tools have been growing in significance.”

The conditions favourable to the use of peaceful tools he identifies (again on p.673) are “the growth of industrial-technological affluent liberal society going hand in hand with deepening global interdependency and mutual prosperity.”

In the preceding chapters he had already identified the factors that may adversely affect the further spread of  conditions that favour peaceful conduct over violence.

These include:

- The rise of China, Russia and India, as illiberal, authoritarian or even totalitarian regimes with considerable economic power, more or less capitalistic,  but who coalesce into a rical block, a new “second world” to oppose the “liberal democratic zone of peace”.

- The inability or unwillingness of coutnries at the edge of the libral democratic peace to become more democratic, and more liberal, and who then shy away from the liberal democratic zone, and gravitate towards this new “second world”.

- The persistent presence of the forces of ethnic nationalism, in whatever imagined form, that feed on the evolutionary predispositions of kin-based affinity, and the unpredictability of where these forces are likely to emerge.

- The spread and use of Weapons of Mass Destruction, (WMD) by illiberal actors, whether states, terrorist movement, failing/failed states, or even disaffected individuals.

Examine these rival sets of forces within a global context, with a view to the future (short, medium and long term): on the one hand, the pacifying effect of liberal capitalist modernity, and on the other, the forces listed above. In assessing these forces, consider

- whether you would like to add to list of factors that inhibit the growth of the affluent liberal-democratic zone of peace;

- whether you would revise and modify his framework (i.e., the definition of the various rival categories and hwo they will shape and re-shape themselves); and

- identify pivotal countries, regions and events that may impact on the stength of these rival sets of forces.

Comments waarin jy jou perspektief op die vraag gee is welkom vanaf Dinsdagaand! Ek’s bitter nuuskierig om te sien wat julle dink.

→ Leave a CommentKategorië Life, the universe and everything

skryf

26 Augustus 2009 · 15 Kommentaar

Op 1 Januarie 2009 het ek en Thinus gepraat oor ons nuwejaarsvoornemes. Dit was my eerste nuwejaarsvoorneme ooit en dit was dit ek sal skryf.

Toe ek op skool was, het ek vir myself briewe geskryf op my verjaardag. Weird, ek weet, maar ek het dit ongelooflik baie geniet.

Elke jaar sou ek vir eers ‘n brief skryf vir volgende jaar. Daarin sou ek alles vra waaroor ek nuuskierig is – is ek nog vriende met Karlien? Kon ek al vrede maak met Esmarie? Kou ek nog my naels? Hoe gaan dit met my sussie wat op pad is hoerskool toe?

En dan sou ek die brief antwoord van ‘n jaar gelede. Dit was lekker om te sien wat vir my belangrik geword het wat nie eens in die vorige jaar se brief genoem word nie… en om my victories te vier en my verliese te betreur. Die briefskrywery was so lekker dat ek nie eens baie hartseer was as ek my vorige self moet teleurstel met slegte nuus – nee, ek kou nogsteeds my naels – nie.

Een jaar moes ek vergeet het om weer te skryf. Ek’s nie baie goed met follow-through nie, so ek sal nie verbaas wees as ek heerlik gelees het aan die vorige jaar se brief en toe net uitgestel het om die skryfwerk te doen nie. Uitstel en afstel… die einde van ‘n tradisietjie. Maar die instink het gebly.

In C-kruis het hulle ons gevra om te onthou hoe ons gevoel het toe ons 6 jaar oud was, en dit was ‘n eye opener om ‘n bietjie te onthou van wat ek as 6-jarige van die wereld gedink het. Ek was ook oortuig ek mag nie swak wees nie; daarom dat dit vir my so erg was wanneer ek nie iets reggekry het nie. Ek het onthou hoe ek nie die guts gehad het om my eerste kys te breek nie en ons twee maar net na verskillende skole toe gegaan het en mekaar nooit weer gesien het nie. Ek het onthou hoe vrek warm dit was by die speelskool.

Toe ek tien was, wou ek ‘n aktrise, sangeres EN regisseur word. En toe ek 14 was, ten minste ‘n skrywer. En ek het na die erekleure-mense gekyk – Tiana Viljoen, wow!! – en gedink… sjoe. Ek wil SO wees. En iets in my het so half… in plek geval toe ek opstap en my erekleure kry, ‘n paar jaar later. Dit was glad nie so amazing soos ek gedink het dit gaan wees nie… maar dit was cool.

Ek het onlangs begin wonder wat eerste was. Is dit as gevolg van hierdie briefskrywery wat ek so lojaal voel teenoor die drome en vrese van my jonger self? Of het ek juis begin skryf omdat ek ‘n behoefte gehad het om so met myself in gesprek te tree; myself te herinner aan wat vir my belangrik is?

Wel, liewe Cara van 14. Ek dink ek mag dalk nog eendag ‘n boek uitgee, en ek belowe ek sal hom opdra aan Mrs Cleland, Mrs Wallace en Omoes. More probably gaan ek ‘n stuk navorsing uitgee… jammer! Maar toemaar, as jy geweet het waaroor politieke wetenskap gaan, sou dit cool gewees het. Ten minste is ek nie ‘n joernalis nie. Belowe.

21-jarige Cara, die condemnation ding gaan beter raak, en jy gaan die Here se vryheid beleef soos nooit tevore nie. Geniet jou 21st en meisie, waardeer vir Dawid. As jy dalk dink jy weet hoe om lief te he sonder om seer te maak, skryf vir my ‘n brief en verduidelik gou mooi asb.

19-jarige Cara, jy het in Van Rhynsdorp, waar die veldblommetjies sommer op die sypaadjies groei in September, vir Sean verduidelik jy’s nie ‘n perfekte roos nie. Jy’s ‘n random oranje veldblommetjie. Raai wat… ek het die pragtigste oranje veldblommetjies in my tuin hier op Stellenbosch.

Liewe 18-jarige Cara, met jou drome van die akkerbome en kuiers teen die Eersterivier. Wel… die rivier is toe bietjie vuiler as wat jy dalk verwag het. Maar raai wat. Ek ry fiets deur die Stellenbosse strate. Ek maak musiek, ek lees, ek het die ongelooflikste hartsvriende nes Ma en tannie Penny, of Pa en oom Tok op universiteit gemaak het. Ek kan Frans praat!

6-jarige Cara – moenie bang wees vir enigiets of iemand nie. Geniet musiekklasse! Waardeer jou sussies. Geniet vir Leeutjie, die maltesie… hy gaan nie meer so lank daar wees nie. Lees enigiets en alles. En kom sit, dan sing ek vir jou liedjies wat ek self geskryf het… Moenie bang wees nie. Alles gaan ongelooflik okay wees.

→ 15 KommentaarKategorië Life, the universe and everything

esto ipsa overload

5 Augustus 2009 · Lewer Kommentaar

Hier is ‘n artikel wat ek vir die Huis ten Bosch-website geskryf het net na ons HK verkiesing 2008. Ek moes hom lankal hier vir julle opgesit het! Hier is hy nou.

Light and sound travel. So sitting at the Stembus Committee table right in front at Monday night’s HK circus, I was lucky enough to experience it all first. And I couldn’t help thinking, as I’ve only occasionally done in my time at Stellenbosch, “Wow… this is what Stellenbosch is all about.”

First, the room was alive with possibility. The koshuis engaged with a group of truly inspiring, inspired young women and for me it made for an electric atmosphere. There was an unspoken awareness that the candidates were being tested to our house values – respect, communication, an informed opinion, open-mindedness and responsibility. We spoke of leadership development and several candidates mentioned that even more young women, sitting in the audience, should have been up on stage with them. The evening was filled with talk of the future. With critical thinking. With growth.

Second, there was a healthy dose of silliness! The HK hopefuls were instructed beforehand to dress according to the theme “my inner animal… gone dancing”. Sitting in front of us were, among other things, two meerkats, a double-headed dog (or that’s what it looked like?), an eagle, a fish, a cat and a puma. Hmm… Colourful. (Borrel borrel.)

And lastly, I became aware of something more. Sitting there in their colourful costumes, some that I really love and some that I’ve only begun to get acquainted with, this group of young women were each living our house motto: Esto Ipsa, be yourself. The notion that we should each express our femininity in a certain style, or excel in a specific sport, is long gone in Huis ten Bosch. If I had to pick my candidates according to whether they could make a unique contribution to the HK team, I’d have to vote for all 15.

So I sat there thinking: We are building something good here. Okay, granted. It’s not perfect. Sometimes some of us “miss the bus”. And sometimes, including last night, we step on each other’s toes a little (maybe that’s part of the growth too). But mostly, we encourage each other to discover the seedlings in our hearts and water them. Together.

In short: this house has really shaped me into a flourishing version of myself. And that’s what Stellenbosch is all about.

→ Leave a CommentKategorië Life, the universe and everything

stellenbosch brand

3 Augustus 2009 · 3 Kommentaar

.

my tekkies omhels minder strak as jy.

.

ek onthou jou soos vonke:

jou lippe soos dofrooi rook

jou kuite sterk soos myne brandend

stamp stamp teen die verwarde aarde.

.

die sirkel voltooi haar te skielik.

ek snak; jou soene smeul op my tong.

.

→ 3 KommentaarKategorië Life, the universe and everything
Tagged: , ,

aanneem

26 Junie 2009 · 6 Kommentaar

Twee kere terug se post, “Bella en ander kinders”, was eintlik ‘n inleiding tot hierdie blog.

Ek dink al vir ‘n geruime tyd daaraan om eendag saam met my man kinders aan te neem. Ek wil ongelooflik graag kinders van my eie hê. Maar ek kan nie justify om nog kinders in ‘n wêreld te bring waar soveel duisende alreeds weeskinders is, of effektiewelik weeskinders is nie.

Omgewingsbewustes praat van krisisvlak-oorbevolking. Ek het ‘n taak gedoen oor die impak van Miv/Vigs op Suid-Afrika. Ek het die Instituut vir Sekuriteitstudies se navorsing gesien oor hoe Vigs-weeskinders waarskynlik ‘n reuse impak gaan hê op die misdaadsyfer in ons land (om nie te praat van ander probleme nie). Ek het gedink aan alles wat ek het om te gee. En ek kan my nie bring om dit nie te deel met ten minste een of twee kinders wat andersins ‘n bitter baie moeiliker lewe sou hê nie. Kom ek praat in enkelvoud vir nou.

Hierdie kind sou natuurlik waarskynlik nie wit wees nie – wit babas in Suid-Afrika is in aanvraag; my tannie en haar man het amper te oud geword om te kwalifiseer voordat hulle geseën is met ‘n pragtige aanneemdogtertjie. Ek het geen behoefte om ‘n kind aan te neem wat ‘n liefdevolle welvarende ouerhuis elders sal kry nie.

Ek dink dus baie oor hoe moeilik dit sou wees vir haar om groot te word in ‘n oorwegend wit gemeenskap. Sal sommige kinders weier om met haar maats te wees? Sal ek my kultuur aan haar oordra? Hoe sou sy voel oor die Afrikaners, met wie ek altyd ‘n mate van affiniteit sal hê? As sy nie babatyd al by my en my man kom woon nie, hoe gemaak met dit wat sy reeds beleef het - haar vorige familie, kultuur en taal?

Maar selfs te midde van die baie vraagstukke, dring die situasie in ons land my om dit te oorweeg. Ek glo in die sosiale waarde van die gesonde gemeenskappe waarin ek my bevind en waarskynlik sal aanhou bevind. Ek voel gedring om, as ons dan twee van ons eie kinders wil hê, ten minste nog twee aan te neem en die seën wyer as ons bloedfamilie te versprei op die mees persoonlike manier wat ons kan.

Ek glo ook nie ek’s alleen nie. Ek en Annali het dit al heelwat bespreek en ek het sulke rumours gehoor onder ‘n paar Christene na wie ek opkyk. Dalk kan ek en my man, en ander paartjies wat sterk hieroor voel, saam die moontlikhede verken. Mekaar ondersteun as ons besluit om dit te doen; ‘n organisasie nader of ‘n organisasie stig om ons te ondersteun in terme van hulpbronne en voorligting.

As ons met al die seën in die wêreld dit nie doen nie, wie sal? Dit sal moeilik wees, maar dit wat goed is, is dikwels moeilik.

→ 6 KommentaarKategorië Life, the universe and everything

bonhoeffer

20 Junie 2009 · 2 Kommentaar

My Hollandse ouma Hanneke stuur nou die dag vir my hierdie stukkie, wat gelees is by die begrafnis van ‘n familielid van ons, Oom Foppe. My Omoes het al genoeg verlies en swaarkry ervaar in haar lewe, en tog bly sy moedig, ook nou ten spyte van die simpele MS.

Omoes, ek kom eersdaags kuier met ‘n lekker “plak” swarte sjokolade!

Bonhoeffer was 'n Duitse teoloog wat deur die Nazi's vermoor is tydens die Tweede Wêreldoorlog.

Bonhoeffer was 'n Duitse teoloog wat deur die Nazi's vermoor is tydens die Tweede Wêreldoorlog.

 

“Als je van iemand houdt”

Dietrich Bonhoeffer

Als je van iemand houdt
en je bent van hem of haar gescheiden,
kan niets de leegte van zijn afwezigheid opvullen.
Je moet dat niet proberen,
je moet eenvoudig aanvaarden en volharden.
Dat klinkt erg hard, maar het is een grote troost,
want zolang de leegte blijft,
blijf je aldoor met elkaar verbonden.
Het is fout te zeggen: God vult de leegte.
Hij vult haar helemaal niet… integendeel.
Hij houdt de leegte leeg en helpt ons zo
de vroegere gemeenschap met elkaar te bewaren,
zij het dan ook in pijn.
Hoe mooier en rijker de herinneringen,
des te moeilijker de scheiding.
Maar dankbaarheid verandert de pijn
van de herinnering in stille vreugde.
De mooie dingen van vroeger
zijn geen doorn in het vlees,
maar een kostbaar geschenk dat je meedraagt.
Je moet zorgen dat je niet in je herinneringen blijft graven
en je erin verliest.
Een kostbaar geschenk bekijk je niet aldoor,
maar alleen op bijzondere ogenblikken.
Buiten die ogenblikken is het
een verborgen schat, een veilig bezit.
Dan wordt het verleden
een blijvende bron van vreugde en van kracht.

 

Ek het al gesê “God vul die leegte”. Ek dink God moet sommige leegtes vul.

En tog … tog herken ek ook in Bonhoeffer se stukkie my gewaarwording dat dit juis in die rou oor iets wat verby is, vind hoe ‘n ongelooflike skat ons gehad het. En hoe groot ons kapasiteit vir liefhê eintlik is.

Dalk is hierdie benaderinge tot verlies versoenbaar? Wat dink jy?

→ 2 KommentaarKategorië Life, the universe and everything
Tagged: , ,

bella en ander kinders

17 Junie 2009 · 4 Kommentaar

Daar’s ‘n onderwerp of twee waaroor ek regtig deesdae sterk voel, maar ek is om een of ander rede selde in die geselskap waar ek dit kan bespreek. Ha! Nou’s jy my audience.

benesia1

Ek en Dorette het bietjie eeny meeny miny mo gespeel en besluit om vanaand Bella te kyk. Ek is nou nie Ryan wat boeke en series en flieks resenseer as ‘n stokperdjie nie, maar. Bella het ‘n paar vars idees en eye-opening oomblikke – en behou terselfdetyd ‘n genoegsame aantal gemaklike, bekende tonele en karakters om dit tematies op die rantjie tussen hoofstroomflieks en one-of-a-kind kunsflieks te sit.

Die storie gaan oor ‘n jong vrou wat haar werk verloor die dag wat sy uitvind sy’s swanger. Sy vind onverwags ‘n vriend in ‘n stil, bebaarde kollega, José. Saam ry hulle treine, ontmoet hulle mense, besoek hulle dele van die stad, en wonder hulle langs die pad hoe om sy verlede en haar toekoms te hanteer.

Die fliek bevat nie ‘n enkele suiwer antagonis nie: elke belangrike karakter, al gee hulle die ander grief, wys meer as een kant van hulself. Die storie gaan oor die lewe en dood van kinders en hoe hulle die volwassenes rondom hulle beïnvloed. Dit gaan oor die krag van gesinne om hulle kinders te seën of ‘n knou te gee, en hoe dit soms moeilik is om van buite af te sien watter impak iemand se gesin op hulle het. Dit gaan veral (maar on-soetsappig) oor die hoop wat ‘n kind afgee aan die mense rondom haar.

Back to real life. ‘n Skoolmaat is op pad om ‘n enkelma te word, het ek nou die dag sommer via facebook verneem. (Sy is die tweede van waarvan ek bewus is – die eerste se pragtige dogtertjie loer vir jou bo-aan hierdie blog en weer aan die einde.) Ek gun geen meisie of haar kind dit om sonder ‘n man die toekoms te moet aanpak nie. Maar ek kan nie help om die opwinding met hierdie nuwe swanger skoolmaat te deel nie. Ten spyte van alles begin ek verstaan hoekom sy nou heelhartig besluit het om hierdie kind se ma te word.

Ná die fliek het ek vir Dorette by die huis gaan aflaai en langs die hoërskool wou ek stop, in die ysige oop koue van die nag, om die groot verdwaalde labrador langs die pad op ‘n manier huis toe te help! Ek het geweet dis gekoppel aan die skoolmaats se moederskap en die Bella-kindfliek en my eie… nuwe ding. Soos ek al van tevore gesê het, is ek bietjie oorrompel oor hierdie nuwe begeerte.

Ek het skielik aan die begin van die jaar vir die eerste keer begin droom daarvan om my hart vir ‘n kind oop te maak. Om vir haar (of hom, o vrek, scary) ‘n tuiste te skep. Om saam met haar die wêreld te verken. Ek het myself nog altyd as ‘n kind gesien. Nou begin ek, onverwags, hoop ek sal eendag gereed wees om my hart te deel met ‘n nuwe kind, buite myself.

Ek is vir die eerste keer bewus daarvan dat dit regtig jou hele lewe verg. Nee. Ek het altyd geweet dit verg jou hele lewe. Dit het nie vir my na so ‘n great idee geklink nie, om daardie spesifieke rede! Maar nou kom ek agter ‘n kind is jou lewe werd, dalk meer as enigiets anders. Ek word eers die afgelope ses maande bewus daarvan dat dit dalk awesome kan wees.

Genoeg vir vanaand – ek’s vaak. Maar ek vermoed God krap-krap aan my hart soos aan daai irriterende sellofaan CD covers. Binnekort, as ek Hom toelaat, gaan hy ‘n deeglike grip kry en die beskermende plastiek afskeur totdat Hy met my, blootgestel, die kamer met musiek sal kan vul.

benesia4

benesia3

benesia2

→ 4 KommentaarKategorië Life, the universe and everything
Tagged: , , , , , ,

roll credits

11 Junie 2009 · 2 Kommentaar

Ryan se laaste aand op Stellenbosch moes ons eenvoudig gaan dans. Ons het saam aandete gemaak en toe het die vriende begin aankom – Ernst en Ronel en later Mari en Renette en  Louis en Jacques en Carlien en JP.As jy my ken, weet jy dis nogal ‘n mix. Dit was awesome so.

Ek en hy gesels byna daagliks via Urpu – iets soos MSN messenger vir die Stellenboschnetwerk. Sy status updates is dikwels nostalgiese lirieke – nog erger as myne! Want Ryan sê al vir ‘n rukkie hierdie semester het nou net insanely lank geraak. Daar het nou flippen genoeg goeters gebeur dat ons dit ‘n hoofstuk kan noem en ‘n bietjie kan asemhaal voor die volgende een.

Ons het altwee seergekry op maniere wat ons graag gespaar sou wou gewees het. Hy’t my oortuig mens mag drie dae na ‘n groot teleurstelling eenvoudig stort skip, slaap net wanneer jy wil, heeldag movies kyk en ooreet. En daarna sal jy so ongesond en gatvol voel dat jy ‘n meer normale lewe sal hervat uit pure frustrasie met jouself. Ek het hom opgevat op daardie een. ‘n Klomp flieks en sjokolade later, toe ek uit my toe kamertjie emerge, het ek actually beter gevoel. Sy rou grappies – soveel soos hulle sout in die wonde gevryf het – was snaaks omdat ons in die selfde bootjie was.

Ons is altwee deur baie oppe en affe. Ons het altwee troeteldiere gekry. Ons het gereeld mekaar oortuig om vir ‘n uurtjie of twee by die Neelsie sokkie in te loer. Selfs wanneer almal anders net dans, dink Ryan. Aan alles. Teorieë oor watter elemente Kurt Darren nodighet om ‘n hit te skryf was ‘n heerlike tema die afgelope tyd… ek dink hy is besig om ‘n Kurt Darren/Kaptein-parodie te skryf oor ‘n posbus :) Laat een Woensdagaand in Feruarie het hy kom eers na die sokkie kom water drink op die muurtjie voor my huis. Ons ore nog singend, ons lywe lam gedans en gelag, het hy wragtig nog kans gesien om ‘n paar skerpsinnighede kwyt te raak. Die straat was so stil.

Dis asof Ryan hom meng met my nostalgie. Op die AIFS toer in April, met Algoa FM wat al die Amerikanertjies irriteer, het ek iets opgetel van die “tuis”-gevoel wat die Oos-kaap hom gee en ek het besef iets van my sal ook agterbly tussen die vaal duine van Jeffreysbaai.

En daardie Sondagmiddag in Gordonsbaai, ure lank albei gefassineerd in die ou boekwinkel, het daar ‘n rustigheid oor my gekom. Al daardie paragraaflange post-kuier urpu-boodskappies het begin insink,veral die opregtheid waarmee hy geskryf het. Ek begin ons verhouding vertrou as iets waarop ek maar mag terugval as alles te rof raak.

Meer onlangs het ons een aand aan mekaar erken dat die sokkie nou lekker was, maar dat dit maar vir ons albei ‘n bietjie bittersoet is omdat ons verlang na ‘n verhouding wat ons nie in mekaar gaan vind nie. Ons sien van tyd tot tyd nog vir Mnr Seerkry en Mej Seerkry (om Girl van die Suburbs se idee ‘n bietjie aan te pas) en dan noem ons dit versigtig aan mekaar – in ‘n paar sinnetjies, met die vermyding van hulle name as ons kan. Ons altwee glo in ‘n onsigbare skeidslyn tussen platoniese vriende as dit kom by share oor hulle avonture met die teenoorgestelde geslag. Maar ons weet die ander een gee diep om.

En daar sit ons toe om die tafel by Opskop en ek vergaap my net aan die verskillende ouens en meisies wat miraculously presies ewe veel uitgewerk het. Ek en Ryan dans saam op liedjies wat ons eintlik aan ander mense herinner en analiseer laggend die lirieke sover soos ons gaan. Toe Kaptein opkom, is dit soos die sikliese einde tot die drama wat was die Eerste Semester. “It’s like the credits are rolling onto the screen right now.” Toe hy tuiskom, maak hy dit sy status message. Roll credits.

Hy is uiteindelik nou op vakansie. Hy’t vir my ‘n laaste paragraaf-boodskappie op Urpu gelos – opsommend, opreg, vol bewondering en seën. Ek het my woorde mooi gekies en teruggeskryf. En vroegoggend ná die Opskop-aand het hy op ‘n vliegtuig geklim.

See you again soon, Ryan Ryan.

*cara cara.

→ 2 KommentaarKategorië Life, the universe and everything
Tagged: , , , , ,

aansoekseisoen

8 Junie 2009 · 2 Kommentaar

Dis aansoekseisoen. Ek het pas vir die Mandela-Rhodesbeurs en die Leef-en-Leerprogram aansoek gedoen en dit het my gedwing om bietjie te soul search.

Dis maar vrek moeilik om te besluit wat om te se en wat om uit te los. Op die ou end kan ek maar net hoop dat ek myself weergee en dat hulle ‘n ingeligte besluit vir of teen my maak. As ‘n aansoek akkurate weerspieeling van myself is, en my nie ‘n plek in die Beurs of die huise kry nie, moet ek my daarby berus. Maar wat as ek net ‘n slegte opstel skryf? Wat as ek nie dit beklemtoon waarvoor hulle kyk nie, al is dit deel van my?

Hier is die essay wat ek vir Leef en Leer geskryf het.

Almal ken die storie van die man wat op die strand geloop het en sover hy loop, uitgespoelde seesterretjies teruggegooi het in die water in. Toe iemand hom daarop let dat hy tog nooit al die duisende seesterre kan red nie, het hy geantwoord: “Maar vir hierdie een het ek ‘n verskil gemaak.”

Ek stem saam dat ‘n mens soms vir ‘n individu iets onsaglik waardevol kan doen, en dat dit dalk op sigself die moeite werd is. Maar ek wil graag die metafoor van die seesterretjies ‘n bietjie aanpas. Ek hoop ons kan aanhou worstel met hoe om die branders te keer – die branders van armoede, verdrukking en geweld, wat duisende mense soos seesterre uitspoel. Ons verken in die regering, in gemeenskapsprojekte, in ons studies, die sandpaadjies na daardie oplossings. Maar sover soos ons stap, gooi ons individuele seesterre terug. Ek glo dus die wêreld moet beide op sisteemvlak en op interpersoonlike vlak verander… en ek hoop ek kan ‘n bietjie van albei doen.

Ek is ‘n politieke wetenskapstudent met ‘n passie vir Suid-Afrika en Afrika. Ek glo nie eintlik in vyfjaarplanne nie – die lewe verander te vinnig en te veel en ek hou daarvan so. Net op een ding kan ek reken: ek as mens sal aanhou groei en daarom sal ek or 5 jaar meer ingelig en betrokke in die problematiek van my land sal wees as ooit. Of ek binne of buite die land sal wees waarvoor ek so lief is, weet ek nog nie! Ek hoop eintlik ek sal ten minste ‘n bietjie internasionale ervaring opgedoen hê teen daardie tyd. Dalk is ek oor vyf jaar besig om my Frankofone Afrika-droom te verwesenlik.

Ek weet wel waar ek myself volgende jaar sien. As die studentekorps vir my stem, wil ek graag die SR-lid vir Gemeenskapsinteraksie wees, soos julle dalk kan aflei van my CV. En verder wil besig wees om my Meestersgraad in Politieke Wetenskap te verwerf met ‘n tema wat kan bydra tot die verbetering van mense se lewenskwaliteit of –kanse.

Ek glo die beste soort groei is die “yster slyp yster” soort. Dit is deur die mense met wie ek in verhoudings staan wat ek die heel meeste leer, mits ek bereid is om myself voortdurend te laat uitdaag. Dis nie altyd gemaklik nie, maar ek het by my ma geleer dat dit tot almal se nadeel is as ek aanstoot neem (en dat mense in elk geval gewoonlik foutiewelik glo dat iemand hulle aspris probeer uitlok).

Dit is die unieke geleentheid wat die Leef en Leerhuise bied om my verder in verhouding met verskillende mense te laat groei, wat my so daartoe aantrek. Party mense daag my regtig, eerlik, meer uit as wat vir my gemaklik is, en ek het ‘n rukkie gewik en geweeg voordat ek hierdie aansoek ingee. Maar ek glo tog dat dit is waar ek moet wees.

Anders kyk ons dalk net die sandpaadjie na ‘n oplossing of twee mis.

→ 2 KommentaarKategorië Life, the universe and everything
Tagged: , , , , ,