grootoog deur die wêreld…

aanneem

26 June 2009 · 5 Comments

Twee kere terug se post, “Bella en ander kinders”, was eintlik ‘n inleiding tot hierdie blog.

Ek dink al vir ‘n geruime tyd daaraan om eendag saam met my man kinders aan te neem. Ek wil ongelooflik graag kinders van my eie hê. Maar ek kan nie justify om nog kinders in ‘n wêreld te bring waar soveel duisende alreeds weeskinders is, of effektiewelik weeskinders is nie.

Omgewingsbewustes praat van krisisvlak-oorbevolking. Ek het ‘n taak gedoen oor die impak van Miv/Vigs op Suid-Afrika. Ek het die Instituut vir Sekuriteitstudies se navorsing gesien oor hoe Vigs-weeskinders waarskynlik ‘n reuse impak gaan hê op die misdaadsyfer in ons land (om nie te praat van ander probleme nie). Ek het gedink aan alles wat ek het om te gee. En ek kan my nie bring om dit nie te deel met ten minste een of twee kinders wat andersins ‘n bitter baie moeiliker lewe sou hê nie. Kom ek praat in enkelvoud vir nou.

Hierdie kind sou natuurlik waarskynlik nie wit wees nie – wit babas in Suid-Afrika is in aanvraag; my tannie en haar man het amper te oud geword om te kwalifiseer voordat hulle geseën is met ‘n pragtige aanneemdogtertjie. Ek het geen behoefte om ‘n kind aan te neem wat ‘n liefdevolle welvarende ouerhuis elders sal kry nie.

Ek dink dus baie oor hoe moeilik dit sou wees vir haar om groot te word in ‘n oorwegend wit gemeenskap. Sal sommige kinders weier om met haar maats te wees? Sal ek my kultuur aan haar oordra? Hoe sou sy voel oor die Afrikaners, met wie ek altyd ‘n mate van affiniteit sal hê? As sy nie babatyd al by my en my man kom woon nie, hoe gemaak met dit wat sy reeds beleef het - haar vorige familie, kultuur en taal?

Maar selfs te midde van die baie vraagstukke, dring die situasie in ons land my om dit te oorweeg. Ek glo in die sosiale waarde van die gesonde gemeenskappe waarin ek my bevind en waarskynlik sal aanhou bevind. Ek voel gedring om, as ons dan twee van ons eie kinders wil hê, ten minste nog twee aan te neem en die seën wyer as ons bloedfamilie te versprei op die mees persoonlike manier wat ons kan.

Ek glo ook nie ek’s alleen nie. Ek en Annali het dit al heelwat bespreek en ek het sulke rumours gehoor onder ‘n paar Christene na wie ek opkyk. Dalk kan ek en my man, en ander paartjies wat sterk hieroor voel, saam die moontlikhede verken. Mekaar ondersteun as ons besluit om dit te doen; ‘n organisasie nader of ‘n organisasie stig om ons te ondersteun in terme van hulpbronne en voorligting.

As ons met al die seën in die wêreld dit nie doen nie, wie sal? Dit sal moeilik wees, maar dit wat goed is, is dikwels moeilik.

→ 5 CommentsCategories: Life, the universe and everything

bonhoeffer

20 June 2009 · 2 Comments

My Hollandse ouma Hanneke stuur nou die dag vir my hierdie stukkie, wat gelees is by die begrafnis van ‘n familielid van ons, Oom Foppe. My Omoes het al genoeg verlies en swaarkry ervaar in haar lewe, en tog bly sy moedig, ook nou ten spyte van die simpele MS.

Omoes, ek kom eersdaags kuier met ‘n lekker “plak” swarte sjokolade!

Bonhoeffer was 'n Duitse teoloog wat deur die Nazi's vermoor is tydens die Tweede Wêreldoorlog.

Bonhoeffer was 'n Duitse teoloog wat deur die Nazi's vermoor is tydens die Tweede Wêreldoorlog.

 

“Als je van iemand houdt”

Dietrich Bonhoeffer

Als je van iemand houdt
en je bent van hem of haar gescheiden,
kan niets de leegte van zijn afwezigheid opvullen.
Je moet dat niet proberen,
je moet eenvoudig aanvaarden en volharden.
Dat klinkt erg hard, maar het is een grote troost,
want zolang de leegte blijft,
blijf je aldoor met elkaar verbonden.
Het is fout te zeggen: God vult de leegte.
Hij vult haar helemaal niet… integendeel.
Hij houdt de leegte leeg en helpt ons zo
de vroegere gemeenschap met elkaar te bewaren,
zij het dan ook in pijn.
Hoe mooier en rijker de herinneringen,
des te moeilijker de scheiding.
Maar dankbaarheid verandert de pijn
van de herinnering in stille vreugde.
De mooie dingen van vroeger
zijn geen doorn in het vlees,
maar een kostbaar geschenk dat je meedraagt.
Je moet zorgen dat je niet in je herinneringen blijft graven
en je erin verliest.
Een kostbaar geschenk bekijk je niet aldoor,
maar alleen op bijzondere ogenblikken.
Buiten die ogenblikken is het
een verborgen schat, een veilig bezit.
Dan wordt het verleden
een blijvende bron van vreugde en van kracht.

 

Ek het al gesê “God vul die leegte”. Ek dink God moet sommige leegtes vul.

En tog … tog herken ek ook in Bonhoeffer se stukkie my gewaarwording dat dit juis in die rou oor iets wat verby is, vind hoe ‘n ongelooflike skat ons gehad het. En hoe groot ons kapasiteit vir liefhê eintlik is.

Dalk is hierdie benaderinge tot verlies versoenbaar? Wat dink jy?

→ 2 CommentsCategories: Life, the universe and everything
Tagged: , ,

bella en ander kinders

17 June 2009 · 4 Comments

Daar’s ‘n onderwerp of twee waaroor ek regtig deesdae sterk voel, maar ek is om een of ander rede selde in die geselskap waar ek dit kan bespreek. Ha! Nou’s jy my audience.

benesia1

Ek en Dorette het bietjie eeny meeny miny mo gespeel en besluit om vanaand Bella te kyk. Ek is nou nie Ryan wat boeke en series en flieks resenseer as ‘n stokperdjie nie, maar. Bella het ‘n paar vars idees en eye-opening oomblikke – en behou terselfdetyd ‘n genoegsame aantal gemaklike, bekende tonele en karakters om dit tematies op die rantjie tussen hoofstroomflieks en one-of-a-kind kunsflieks te sit.

Die storie gaan oor ‘n jong vrou wat haar werk verloor die dag wat sy uitvind sy’s swanger. Sy vind onverwags ‘n vriend in ‘n stil, bebaarde kollega, José. Saam ry hulle treine, ontmoet hulle mense, besoek hulle dele van die stad, en wonder hulle langs die pad hoe om sy verlede en haar toekoms te hanteer.

Die fliek bevat nie ‘n enkele suiwer antagonis nie: elke belangrike karakter, al gee hulle die ander grief, wys meer as een kant van hulself. Die storie gaan oor die lewe en dood van kinders en hoe hulle die volwassenes rondom hulle beïnvloed. Dit gaan oor die krag van gesinne om hulle kinders te seën of ‘n knou te gee, en hoe dit soms moeilik is om van buite af te sien watter impak iemand se gesin op hulle het. Dit gaan veral (maar on-soetsappig) oor die hoop wat ‘n kind afgee aan die mense rondom haar.

Back to real life. ‘n Skoolmaat is op pad om ‘n enkelma te word, het ek nou die dag sommer via facebook verneem. (Sy is die tweede van waarvan ek bewus is – die eerste se pragtige dogtertjie loer vir jou bo-aan hierdie blog en weer aan die einde.) Ek gun geen meisie of haar kind dit om sonder ‘n man die toekoms te moet aanpak nie. Maar ek kan nie help om die opwinding met hierdie nuwe swanger skoolmaat te deel nie. Ten spyte van alles begin ek verstaan hoekom sy nou heelhartig besluit het om hierdie kind se ma te word.

Ná die fliek het ek vir Dorette by die huis gaan aflaai en langs die hoërskool wou ek stop, in die ysige oop koue van die nag, om die groot verdwaalde labrador langs die pad op ‘n manier huis toe te help! Ek het geweet dis gekoppel aan die skoolmaats se moederskap en die Bella-kindfliek en my eie… nuwe ding. Soos ek al van tevore gesê het, is ek bietjie oorrompel oor hierdie nuwe begeerte.

Ek het skielik aan die begin van die jaar vir die eerste keer begin droom daarvan om my hart vir ‘n kind oop te maak. Om vir haar (of hom, o vrek, scary) ‘n tuiste te skep. Om saam met haar die wêreld te verken. Ek het myself nog altyd as ‘n kind gesien. Nou begin ek, onverwags, hoop ek sal eendag gereed wees om my hart te deel met ‘n nuwe kind, buite myself.

Ek is vir die eerste keer bewus daarvan dat dit regtig jou hele lewe verg. Nee. Ek het altyd geweet dit verg jou hele lewe. Dit het nie vir my na so ‘n great idee geklink nie, om daardie spesifieke rede! Maar nou kom ek agter ‘n kind is jou lewe werd, dalk meer as enigiets anders. Ek word eers die afgelope ses maande bewus daarvan dat dit dalk awesome kan wees.

Genoeg vir vanaand – ek’s vaak. Maar ek vermoed God krap-krap aan my hart soos aan daai irriterende sellofaan CD covers. Binnekort, as ek Hom toelaat, gaan hy ‘n deeglike grip kry en die beskermende plastiek afskeur totdat Hy met my, blootgestel, die kamer met musiek sal kan vul.

benesia4

benesia3

benesia2

→ 4 CommentsCategories: Life, the universe and everything
Tagged: , , , , , ,

roll credits

11 June 2009 · 2 Comments

Ryan se laaste aand op Stellenbosch moes ons eenvoudig gaan dans. Ons het saam aandete gemaak en toe het die vriende begin aankom – Ernst en Ronel en later Mari en Renette en  Louis en Jacques en Carlien en JP.As jy my ken, weet jy dis nogal ‘n mix. Dit was awesome so.

Ek en hy gesels byna daagliks via Urpu – iets soos MSN messenger vir die Stellenboschnetwerk. Sy status updates is dikwels nostalgiese lirieke – nog erger as myne! Want Ryan sê al vir ‘n rukkie hierdie semester het nou net insanely lank geraak. Daar het nou flippen genoeg goeters gebeur dat ons dit ‘n hoofstuk kan noem en ‘n bietjie kan asemhaal voor die volgende een.

Ons het altwee seergekry op maniere wat ons graag gespaar sou wou gewees het. Hy’t my oortuig mens mag drie dae na ‘n groot teleurstelling eenvoudig stort skip, slaap net wanneer jy wil, heeldag movies kyk en ooreet. En daarna sal jy so ongesond en gatvol voel dat jy ‘n meer normale lewe sal hervat uit pure frustrasie met jouself. Ek het hom opgevat op daardie een. ‘n Klomp flieks en sjokolade later, toe ek uit my toe kamertjie emerge, het ek actually beter gevoel. Sy rou grappies – soveel soos hulle sout in die wonde gevryf het – was snaaks omdat ons in die selfde bootjie was.

Ons is altwee deur baie oppe en affe. Ons het altwee troeteldiere gekry. Ons het gereeld mekaar oortuig om vir ‘n uurtjie of twee by die Neelsie sokkie in te loer. Selfs wanneer almal anders net dans, dink Ryan. Aan alles. Teorieë oor watter elemente Kurt Darren nodighet om ‘n hit te skryf was ‘n heerlike tema die afgelope tyd… ek dink hy is besig om ‘n Kurt Darren/Kaptein-parodie te skryf oor ‘n posbus :) Laat een Woensdagaand in Feruarie het hy kom eers na die sokkie kom water drink op die muurtjie voor my huis. Ons ore nog singend, ons lywe lam gedans en gelag, het hy wragtig nog kans gesien om ‘n paar skerpsinnighede kwyt te raak. Die straat was so stil.

Dis asof Ryan hom meng met my nostalgie. Op die AIFS toer in April, met Algoa FM wat al die Amerikanertjies irriteer, het ek iets opgetel van die “tuis”-gevoel wat die Oos-kaap hom gee en ek het besef iets van my sal ook agterbly tussen die vaal duine van Jeffreysbaai.

En daardie Sondagmiddag in Gordonsbaai, ure lank albei gefassineerd in die ou boekwinkel, het daar ‘n rustigheid oor my gekom. Al daardie paragraaflange post-kuier urpu-boodskappies het begin insink,veral die opregtheid waarmee hy geskryf het. Ek begin ons verhouding vertrou as iets waarop ek maar mag terugval as alles te rof raak.

Meer onlangs het ons een aand aan mekaar erken dat die sokkie nou lekker was, maar dat dit maar vir ons albei ‘n bietjie bittersoet is omdat ons verlang na ‘n verhouding wat ons nie in mekaar gaan vind nie. Ons sien van tyd tot tyd nog vir Mnr Seerkry en Mej Seerkry (om Girl van die Suburbs se idee ‘n bietjie aan te pas) en dan noem ons dit versigtig aan mekaar – in ‘n paar sinnetjies, met die vermyding van hulle name as ons kan. Ons altwee glo in ‘n onsigbare skeidslyn tussen platoniese vriende as dit kom by share oor hulle avonture met die teenoorgestelde geslag. Maar ons weet die ander een gee diep om.

En daar sit ons toe om die tafel by Opskop en ek vergaap my net aan die verskillende ouens en meisies wat miraculously presies ewe veel uitgewerk het. Ek en Ryan dans saam op liedjies wat ons eintlik aan ander mense herinner en analiseer laggend die lirieke sover soos ons gaan. Toe Kaptein opkom, is dit soos die sikliese einde tot die drama wat was die Eerste Semester. “It’s like the credits are rolling onto the screen right now.” Toe hy tuiskom, maak hy dit sy status message. Roll credits.

Hy is uiteindelik nou op vakansie. Hy’t vir my ‘n laaste paragraaf-boodskappie op Urpu gelos – opsommend, opreg, vol bewondering en seën. Ek het my woorde mooi gekies en teruggeskryf. En vroegoggend ná die Opskop-aand het hy op ‘n vliegtuig geklim.

See you again soon, Ryan Ryan.

*cara cara.

→ 2 CommentsCategories: Life, the universe and everything
Tagged: , , , , ,

aansoekseisoen

8 June 2009 · 2 Comments

Dis aansoekseisoen. Ek het pas vir die Mandela-Rhodesbeurs en die Leef-en-Leerprogram aansoek gedoen en dit het my gedwing om bietjie te soul search.

Dis maar vrek moeilik om te besluit wat om te se en wat om uit te los. Op die ou end kan ek maar net hoop dat ek myself weergee en dat hulle ‘n ingeligte besluit vir of teen my maak. As ‘n aansoek akkurate weerspieeling van myself is, en my nie ‘n plek in die Beurs of die huise kry nie, moet ek my daarby berus. Maar wat as ek net ‘n slegte opstel skryf? Wat as ek nie dit beklemtoon waarvoor hulle kyk nie, al is dit deel van my?

Hier is die essay wat ek vir Leef en Leer geskryf het.

Almal ken die storie van die man wat op die strand geloop het en sover hy loop, uitgespoelde seesterretjies teruggegooi het in die water in. Toe iemand hom daarop let dat hy tog nooit al die duisende seesterre kan red nie, het hy geantwoord: “Maar vir hierdie een het ek ‘n verskil gemaak.”

Ek stem saam dat ‘n mens soms vir ‘n individu iets onsaglik waardevol kan doen, en dat dit dalk op sigself die moeite werd is. Maar ek wil graag die metafoor van die seesterretjies ‘n bietjie aanpas. Ek hoop ons kan aanhou worstel met hoe om die branders te keer – die branders van armoede, verdrukking en geweld, wat duisende mense soos seesterre uitspoel. Ons verken in die regering, in gemeenskapsprojekte, in ons studies, die sandpaadjies na daardie oplossings. Maar sover soos ons stap, gooi ons individuele seesterre terug. Ek glo dus die wêreld moet beide op sisteemvlak en op interpersoonlike vlak verander… en ek hoop ek kan ‘n bietjie van albei doen.

Ek is ‘n politieke wetenskapstudent met ‘n passie vir Suid-Afrika en Afrika. Ek glo nie eintlik in vyfjaarplanne nie – die lewe verander te vinnig en te veel en ek hou daarvan so. Net op een ding kan ek reken: ek as mens sal aanhou groei en daarom sal ek or 5 jaar meer ingelig en betrokke in die problematiek van my land sal wees as ooit. Of ek binne of buite die land sal wees waarvoor ek so lief is, weet ek nog nie! Ek hoop eintlik ek sal ten minste ‘n bietjie internasionale ervaring opgedoen hê teen daardie tyd. Dalk is ek oor vyf jaar besig om my Frankofone Afrika-droom te verwesenlik.

Ek weet wel waar ek myself volgende jaar sien. As die studentekorps vir my stem, wil ek graag die SR-lid vir Gemeenskapsinteraksie wees, soos julle dalk kan aflei van my CV. En verder wil besig wees om my Meestersgraad in Politieke Wetenskap te verwerf met ‘n tema wat kan bydra tot die verbetering van mense se lewenskwaliteit of –kanse.

Ek glo die beste soort groei is die “yster slyp yster” soort. Dit is deur die mense met wie ek in verhoudings staan wat ek die heel meeste leer, mits ek bereid is om myself voortdurend te laat uitdaag. Dis nie altyd gemaklik nie, maar ek het by my ma geleer dat dit tot almal se nadeel is as ek aanstoot neem (en dat mense in elk geval gewoonlik foutiewelik glo dat iemand hulle aspris probeer uitlok).

Dit is die unieke geleentheid wat die Leef en Leerhuise bied om my verder in verhouding met verskillende mense te laat groei, wat my so daartoe aantrek. Party mense daag my regtig, eerlik, meer uit as wat vir my gemaklik is, en ek het ‘n rukkie gewik en geweeg voordat ek hierdie aansoek ingee. Maar ek glo tog dat dit is waar ek moet wees.

Anders kyk ons dalk net die sandpaadjie na ‘n oplossing of twee mis.

→ 2 CommentsCategories: Life, the universe and everything
Tagged: , , , , ,

a rainy day with adam and esté

6 June 2009 · 2 Comments

my friend adam is leaving for the united states today… he’ll have plenty time on the airplanes to think about these six months, but somehow i think he’ll be reeling for a while still.

he and esté wanted to take some pictures before he left so i volunteered to take some pictures. then i sang him his song and left feeling pretty sad. what an awesome young man… i’m so glad i got to know him. and i hope i see lots more of esté!este waits

skipping

shoes

church street

bistro

sepia

bistro pose

kap dit uit

ryneveld smile

blur

red tree

peekaboo!

hug

crozier b&w

“and i say well i write these songs so i’m sure i don’t forget /and you say hell, i change these songs from one moment to the next…”

→ 2 CommentsCategories: Uncategorized
Tagged: , ,

vegetables and ideas

28 May 2009 · 1 Comment

in english for once.

two people in my house are vegetarians. they eat veggies and they say they were convicted from eating meat. they say it is because they have come to respect life and that they think it is wrong to kill unnecessarily (it is unnecessary to eat animals if you have access to other food).

that, and the fact that one of them has confronted me with rip-the-carpet-out-from-under-you worldviews concerning racism and injustice, is making me feel quite uncormfortable. i kind of feel oppressed,  as if i am a blind person and they see the light. as if there is shame hanging over me. it hangs over me and makes me feel unwelcome.

i hope that this is not what people feel like in the presence of christians like myself. it is hardly a wonder that i’ve come to be really gentle, especially on non-christians, because i cannot expect the holy spirit to water the seeds i plant in their lives through my arguments of morality. instead they often feel condemned, written off, unwelcome. and they’re more likely to run than be attracted to that light.

but i am learning that if i am to survive in a world with many mixed messages and strong statements, as a christian, i’m going to have to be in constant dialogue with the spirit. he’s going to have to tell me whether my discomfort is just from being the only one who holds a certain position, or whether he is actually exposing me to wisdom that he wants me to incorporate into my own way of thinking.

i believe that he is the one in control of my life, meaning that if i listen to his voice he will lead me where i need to go and i will have nothing to fear, not even in terms of “missing out” on spiritual development because he will help me prioritise.this includes the ideas i am confronted with, the books i get the oppurtunity to read, the people i meet, the relationships i enter into, the chances i get to help, the people i get to ask help from, and everything else that builds into and changes my life.

besides veggie stuff. there’s so much to change about the world. there are so many valuable books. so many trails of thought to develop. where in the world do i start? and how much time do i spend gathering tools, time which could be spent using the tools i already have?

he is my guide. he better be. i’d be so lost without him.

→ 1 CommentCategories: Life, the universe and everything
Tagged: , , , ,

goeiemôre

3 May 2009 · 1 Comment

Early in the morning
When it’s dark outside
And the street is quiet
And our bed is warm

You rolled over slowly
Kissed me on the cheek
“Baby girl, it’s Sunday
Just go back to sleep.”

- Karen Zoid

Goeiemôre, mistige oggend. Met die wasem aan die binnekant van my venster kan ek die vetstrepies sien waar Roxy haar pote teen die glas gesit het en luilekker uitgestrek het terwyl sy my paai om die venster vir haar oop te maak. Bo die strepies, waar die wasem ophou, verrys die gekoekte verwarring van die seringboom se takke en blare. Dit word stadig lig.

Dis nou al regtig koud hier… Vroeg Meimaand. Die bome in Victoriastraat begin goud word, soos ek hulle onthou van my verliefde, verwarde, verwonderde eerstejaar. Waterdigte skoene en baadjies moet meer gereeld ingespan word en ek verlang na my gebreekte sambreel. Dis veel moeiliker om vroeg op te staan en kort te stort.

Ek gaan gou ‘n taak klaarmaak sodat ek met Ryan kan kuier vir die res van die dag.  Ek soek ‘n paar koerantartikels op oor die vervanging van Manto Tshabalala-Msimang met Barbara Hogan. Die mistigheid op die venster raak minder, van bo af, en ek probeer die wetenskap daaragter onthou.

venster

Iewers word jy ook wakker… maak dalk gereed vir kerk. Iewers op jou pa se plaas, of jou ma se huisie in die suburbs, skud jy die corn flakes uit die boks uit. Jou stiefboetie kom sit nog half bedremmeld van die slaap langs jou om die kombuistafel. Jy sit bruin suiker in jou koffie. Onthou vaagweg jy’t gedroom jy ontmoet jou vrou en tot jou skok was sy ‘n politieke wetenskapstudent. Ha. Drome kan so onrealisties wees.

→ 1 CommentCategories: Life, the universe and everything
Tagged: , , ,

nog nurture

25 April 2009 · 3 Comments

Dit het pas begin reen op Stellenbosch. blog2

Om my storie te vervolg. Toe ek terugkom van vakansie, het die wortels en uie ontkiem! Ek was lanklaas so… nee okay, ek raak opgewonde oor baie goed, so I guess ek was redelik onlangs so opgewonde. Maar ek was baie opgewonde hieroor. Het jy geweet mens kan uiesprietjies net so eet? Trek hom uit die grond en gooi hom oor jou slaai…

My ma het my nou die Maandag, toe dit ‘n vakansiedag was, gehelp om NOG plante uit die tuin by die huis te grawe en hulle hier te kom plant. Daar is dekades laas iets geplant by Banhoek 149, toe hier nog ‘n gesin gewoon het en ‘n kniehoogte baksteenmuurtjie om ‘n huis nog sin gemaak het. Die universiteit het regtig ‘n patetiese werk gedoen sedertdien om ons tuin te onderhou.

So ek en Mamma Nelleke het die grond probeer losspit en dit was een van die laaste bitter warm dae… en toe kom daar ‘n man verby en smeek ons vir werk. Regtig, smeek. En ons se ons is jammer, ons het regtig net hierdie een gat om te grawe, ons kan hom nie besighou met werk nie… en hy smeek weer… en ons se ons is jammer. En toe stap hy maar aan. En toe hy so 20m af in die straat is, toe besluit ek ag man, al spit hy een gat en ek gee hom nog ‘n klein werkie iewers anders, waaraan ek nog sal dink, dan kan hy darem R15 maak… hy was so desperaat. En toe roep ek hom terug… en op die ou end het ons maklik 2 ure se werk vir hom uitgedink en daar’s nou baie meer grond losgemaak rondom die huis as wat ek en my ma ooit sou.

Aarbeie, kruisement, rocket, basil, seldery, origanum, tamaties… dit lyk regtig of jy veronderstel is om Vrouens te Bemagtig met daai tuin, het een van my vriende geskerts. Hy’s so mooi reghoekig en in die middel van nerens ook nog. En in die voortuin: laventel. Ek vind my van tyd tot tyd aangetrokke tot die beddinkies; ek wil net iets gaan DOEN daar. Maar dis Sondae se voorreg. Ek probeer Sondae daarvoor tydmaak en die res van die tyd mag ek glad nie.

“Nurture,” het Anmaree gese toe ek haar dit alles vertel. “Jy hanteer hierdie tyd deur vir ander goed te sorg, ander goed te nurture, en dis baie goed.”

Ek begin ook vir die eerste keer opgewonde raak daaroor om kinders in my space te he. Om kinders te kan verwelkom, te kan versorg. En ek begin dink liefde is altyd ‘n klein bietjie buite jou beheer, want die mense wat jy liefhet is hulle eie mense. So liefde is ‘n bietjie oorgawe… en ware vreugde dus ook. En ek sien vir die eerste keer uit daarna om ‘n groot deel van my toekoms, my lewe, op te gee vir iemand.

Hierdie week het dit begin reen, en die lug was eergistermiddag so ‘n ongelooflike kleur dat ek dit moes afneem. So hier’s ‘n vinnige kiekie van die eerste stuk tuin wat ek en Christo gemaak het, met die wortels en uie wat begin uitkom.

blog1

→ 3 CommentsCategories: Life, the universe and everything
Tagged: , , , ,

nurture

25 April 2009 · Leave a Comment

“I’m astounded how much love I’ve poured on that thing in such a short space of time.” Dis ‘n onlangse opmerking van een van my beste vriende oor sy verhouding met sy nuwe troeteldier, ‘n rot genaamd Martin.

Ek en hy (my vriend, nie die rot nie!) is albei deur ‘n bietjie heartbreak aan die begin van die jaar en het albei hierdie jaar ons gemaklike koshuislewens verruil vir studentehuise.

Toe ek aan die begin van die jaar hier aankom, sit ‘n grys kat vir my en miaau. Ek het haar onthou van laasjaar; die ouens wat laasjaar hier gewoon het, het haar Slet gedoop. Hulle het haar probeer DBV toe vat, en die DBV het haar eerder gesteriliseer en vir die ouens teruggegee.

Ek het haar Roxy genoem, vir haar katkos gekoop uit my sakgeld en met die res van die huis onderhandel om haar te hou. Chandre het kom kuier en met haar gespeel. Bernard het kom kuier my met haar vergelyk. Ek het vir haar ‘n liedjie geskryf. Sy het by my voete begin slaap. Ek het haar begin troetelname noem.

kat1

En toe begin my vingers jeuk…

Kort voor lank het ek begin kruie aanhou op die vensterbank. Eers net takkies basil of wat ook al my ma gehad het, wat ons dan in kos gebruik het. Later het ek ‘n paar van my ma se plante uitgegrawe en in potte op die vensterbank gesit… waar hulle stelselmatig doodgegaan het. Ek weet nie of dit te veel water was, of te min, of te min son, of wat nie… maar die kruisement, aarbeie, seldery, basilikum, en so aan het maar net nie ge-flourish nie. Maar hulle was nog daar en ek het hard probeer om vir hulle te sorg.

Die pakkies saad in die winkels het my nog erger begin verlei as wat die skryfbehoefterak in my eerstejaar ooit kon en ek het ‘n pakkie wortelsaadjies, uiesaadjies en blommetjies gekoop wat almal belowe het hulle kan in die herfs geplant word.

Toe ek die aand voor die vakansie by Chandre gaan kuier en sy wys my haar awesome klein tuintjie, toe weet ek dis tyd. Sy’t vir my ‘n sak kompos present gegee en ek het Dorette se klein boetie oortuig om saam met my in die skemer te spit en al die plante uit te plant in ‘n klein hoekie van die agterplaas waar daar voorheen net die oorblyfsels van verdroogte gras was.

Tshepo het ingestem om die kat kos te gee en die plante water te gee elke oggend voor hy aan die werk spring met sy tesis. En toe gaan ek op vakansie teen die Ooskus.

blog11

→ Leave a CommentCategories: Life, the universe and everything
Tagged: , , ,