grootoog deur die wêreld…

Entries from Oktober 2008

ervaring 2/2

30 Oktober 2008 · 2 Kommentaar

Die vrou het die verkeerde student gekies om by te bedel. Vanmiddag het ek ‘n bietjie ekstra tyd. Ek het pas ‘n “beggar survival kit” in die handegekry – ‘n onklaar projek van my hk termyn – en deurgekyk. Ek is regtig vanmiddag bereid om te help… op enige ander manier as geld of kos.
Sy vertel vir my kortliks haar storie. Kayamandi, twee kinders, geen man, geen werk al probeer sy hoe hard. Haar gesig is vol ou snye. Een van daai breë plastiek bierglase in die hand. Ek wonder waardeur sy al alles is.
En ek bied aan om saam met haar Bergzicht Opleidingsentrum toe te stap sodat sy kan inskryf vir ‘n kursus en oor ‘n paar weke ‘n diploma kan hê in bejaardesorg of huishouding of iets soortgelyks.
Sy verstaan klaarblyklik nie lekker nie; sy frons ook vreeslik vir my asof sy sukkel om haar oë oop te maak. Ek probeer weer.
“Wil jy werk hê, Mevrou?” (Ek sou myself ná die tyd probeer analyse aangaande daardie “Mevrou”. Pieka sê ook altyd Meneer en Mevrou.)
“Ja, ek soek al heeldag werk maar daar is nêrens werk nie!”
“Ek weet hoe jy kan werk kry.”
“Wat. Hoe bedoel jy nou.”
“Net daar onder – nee ek sal saamstap, ek het tyd – by die taxi ranks…”
Ons mompel oor mekaar. Ek oor werk en diplomas en die taxigeld elke week om huis toe te kan gaan vir die naweek. Sy oor waar sy moet slaap en haar twee kinders en dat sy honger is.
“Honger? Weet jy van Voedingsaksie?”
“Nee, daai plek se kos laat jou maag werk! Ek eet nie daardie plek se kos nie! Ek het nie eens ‘n plek om te kak nie!”
Sy stap weg, vies. Bedel halfhartig by die volgende ongemaklike groepie studente met hulle sneakers en sonbrille. Ek kom agterna. “Wil jy werk hê? Soek jy regtig vir werk, Mevrou? Ek kan jou help!”
“Nee fok dit!” Sy hou aan stap.
“Wat van jou kinders..? Wil jy hê hulle moet kos kry?”
“Ja, die kinders het kos nodig, gee vir my kinders kos.”
“Ek wil nie vir hulle kosgee nie. Ek wil hê jy moet vir hulle kosgee! Kom saam, toe, dan gaan skryf ons jou in by Bergzicht.”
Sy’s omgekrap. Dit het ek nie verwag nie. ‘n Paar gemompelde vloekwoorde en sy gooi haar plastiek koppie neer. Ons kyk dit agterna. Sy’s ontsteld. Dalk na aan trane. Dis asof sy teen haarself veg. Ek skrik. Sy mompel nog ‘n paar woorde, in ‘n nuwe stemtoon.
En toe laat ek haar wegstap. Daar was nie plek vir self-righteous wees nie. Ek was bewus dat ek ‘n soort selfverwyt in haar wakkergemaak het. Die vrou met die snye oor haar gesig wat nie regtig werk wil hê nie, skielik bewus dat haar situasie dalk gedeeltelik ook haar skuld is, en haar probleem is om op te los, maar sy kan net nie so ver kom nie. Die vrou sonder ‘n bra wat nou aaklig voel aan die buite en die binnekant. Hooploos.
Die vrou sonder ‘n plek om te kak, 10 minute later weer met ‘n smile aan die bedel. Die meisie met Ipod in haar ore. Terug agter die rekenaar.

Kategorië Life, the universe and everything
Tagged:

poème

12 Oktober 2008 · Lewer Kommentaar

L’amour est comme l’eau de vie – moi, je suis toute sêche.

Y avait les inondations, les gouttes et puis la neige.

Mais après tant d’hiver je trouve mon coeur glacé autour

De temps en temps, je me demande si j’imaginé l’amour.

.

Kategorië Life, the universe and everything
Tagged: , ,

ervaring 1/2

7 Oktober 2008 · 2 Kommentaar

kom ek gaan haal hierdie een bietjie verder. ek gaan hom sommer t-opsie vir die lekker ook. (t-opsie is my nuwe werkwoord en ek sal dit persoonlik opvat as jy dink dis oncool!)

so after a period of hand-wringing and general idea-hopping with regards to next year, i went and asked my polsci lecturer what my postgrad options look like. he promised me a slide show in class in due time, then closed the applications a month early without doing the slide show. had a bit of a fright there. and put up a fight, incorporating student representative bodies etc. but i went and applied and got onto the waiting list for polsci honours and i’ll probably get in.

but then i was like, hey, i still don’t know what polsci postgrad is about. and i still don’t know if that’s what i want to do.

every time i’m faced with an oppurtunity like this, i freak out because i’m kind of scared i’m signing my life away. on the meyers-briggs personality profile system, i’m a definite enfp. some people are uncomfortable with uncertainty; i’m uncomfortable when things get tied down. sekerheid is nie ‘n goeie ding nie. sekerheid bind my vas.

en met hierdie gevoel wat my nervous maak (pressure, baby!), maak ek toe eers ‘n draai by polwet dosent en toe by die ssvo-loopbaanvoorligtingsentrum. polwet dosent, wat my so te na gekom het vroeer, het toe eintlik ‘n entoesiastiese, redelike kant ook. hy’t vir my ‘n langgg lys gegee van wat mens kan doen met ‘n meesters in polwet. daar’s klomp stuff. ek kan my pa impress met dit alles – solank ek nie vir die staat wil gaan werk nie, hiehie – en dan kan ek hopelik later besluit. en die kursus lyk actually lekker.

en toe, vandag, my date met die loopbaanvoorligter. sy naam is marquard. vroee dertigs. daar was, soos altyd by hierdie soort van plekke, ‘n paar awkward oomblikke aan die begin waar hy hiper-hartlik is en ek worry of hy besig is om my te analiseer. en toe, vir die res van die halfuur of wat, is hy hiper-hartlik en ek begin stadig vir seker relax want ek kom agter dit was nie fake nie; hy’s regtig net hiper-hartlik.

in louis brittz se jubeljaar song sing hy “daar’s hoop, hope hoop; ons kan maar droom”. ek het altyd gedink dis cool woorde. maar ek het nooit gedink ek sal my reg om te droom opgee en nie eens agterkom nie. terwyl het na marquard luister, het ek besef: ek het so begin stres oor wat ek eendag gaan doen met hierdie random ba-graadjie agter my naam, en wat ek presies, volle job description, budget reeds opgestel, all my ducks in a row, beplan om met my lewe te doen… dat ek vergeet het om te droom.

marquard was soos, hmmm jy’t ‘n paar baie interessante idees vir jou toekoms, en ek kan sien daar’s sommer ‘n vuur in jou hart as jy praat oor politiek of gemeenskapsinteraksie. (and i’m thinking… hey wait, fire in my heart… that’s the kind of words i used to use.) en moenie te bekommerd wees dat jy nog nie weet hoe jy die twee bymekaar gaan uitbring nie… daar’s hope moontlikhede! die meeste mense verander gemiddeld 5 keer in hulle lewe van beroep. (and i’m thinking… i used to know that; when did i forget?) en as jy in elk geval gaan groei in jou loopbaan, en switch langs die pad, dan is die belangrikste ding nou om daardie vlammetjie van passie wat jy vir my gewys het, te voed. (and i’m thinking… God. i needed to hear that.) die belangrikste, se marquard, is om te besluit waar jy hierdie loopbaan-reis wil begin. dis al wat jy nou hoef te besluit.

ek het traantjies teruggeveg. isn’t it remarkable how we often cope, cope, cope… and then just break down when the pressure is finally off and the relief floods you? it’s like you only realise how trapped you had really become once you are finally set free.

kan ek maar droom? hoe nou weer? wie was ek, twee drie jaar gelede? ek onthou iemand wie se gunsteling kleur rooi was en wat die potensiaal in elke nuwe acquaintance kon ontdek en vier, tot die persoon se verwondering. ek soek die pad terug na al daardie potensiaal en hoop. terug na daai lewe-lewe.

so dis my ervaring. ek het dit nie met my vriendinne geshare nie; ek wou dit eers kom skryf sodat ek die rou-heid kan behou. hierdie ding het my regtig diep geraak vandag. “bittersweet and strange, finding you can change, learning you were wrong…”

Kategorië Life, the universe and everything
Tagged: , , , ,

appels

1 Oktober 2008 · 2 Kommentaar

Ons lewe is soos ‘n sakkie appels. Klomp groenes… en ‘n paar rooies. En ons probeer heeltyd die rooi appels uithaal en vir God gee: een vir een ons sondes opgee vir Hom. Ons sukkel om die rooies uit te vis tussen die groenes, en ons kan net twee appels op ‘n slag hanteer, en ons raak deurmekaar met groenes en rooies want sommige rooies het groen kante ook.

En eintlik moet ons net die hele sakkie – groenes en rooies – in Sy skoot gooi.

Kategorië Uncategorized