grootoog deur die wêreld…

a rainy day with adam and esté

6 Junie 2009 · 3 Kommentaar

my friend adam is leaving for the united states today… he’ll have plenty time on the airplanes to think about these six months, but somehow i think he’ll be reeling for a while still.

he and esté wanted to take some pictures before he left so i volunteered to take some pictures. then i sang him his song and left feeling pretty sad. what an awesome young man… i’m so glad i got to know him. and i hope i see lots more of esté!este waits

skipping

shoes

church street

bistro

sepia

bistro pose

kap dit uit

ryneveld smile

blur

red tree

peekaboo!

hug

crozier b&w

“and i say well i write these songs so i’m sure i don’t forget /and you say hell, i change these songs from one moment to the next…”

→ 3 KommentaarKategorië Uncategorized
Tagged: , ,

vegetables and ideas

28 Mei 2009 · 1 Kommentaar

in english for once.

two people in my house are vegetarians. they eat veggies and they say they were convicted from eating meat. they say it is because they have come to respect life and that they think it is wrong to kill unnecessarily (it is unnecessary to eat animals if you have access to other food).

that, and the fact that one of them has confronted me with rip-the-carpet-out-from-under-you worldviews concerning racism and injustice, is making me feel quite uncormfortable. i kind of feel oppressed,  as if i am a blind person and they see the light. as if there is shame hanging over me. it hangs over me and makes me feel unwelcome.

i hope that this is not what people feel like in the presence of christians like myself. it is hardly a wonder that i’ve come to be really gentle, especially on non-christians, because i cannot expect the holy spirit to water the seeds i plant in their lives through my arguments of morality. instead they often feel condemned, written off, unwelcome. and they’re more likely to run than be attracted to that light.

but i am learning that if i am to survive in a world with many mixed messages and strong statements, as a christian, i’m going to have to be in constant dialogue with the spirit. he’s going to have to tell me whether my discomfort is just from being the only one who holds a certain position, or whether he is actually exposing me to wisdom that he wants me to incorporate into my own way of thinking.

i believe that he is the one in control of my life, meaning that if i listen to his voice he will lead me where i need to go and i will have nothing to fear, not even in terms of “missing out” on spiritual development because he will help me prioritise.this includes the ideas i am confronted with, the books i get the oppurtunity to read, the people i meet, the relationships i enter into, the chances i get to help, the people i get to ask help from, and everything else that builds into and changes my life.

besides veggie stuff. there’s so much to change about the world. there are so many valuable books. so many trails of thought to develop. where in the world do i start? and how much time do i spend gathering tools, time which could be spent using the tools i already have?

he is my guide. he better be. i’d be so lost without him.

→ 1 KommentaarKategorië Life, the universe and everything
Tagged: , , , ,

goeiemôre

3 Mei 2009 · 1 Kommentaar

Early in the morning
When it’s dark outside
And the street is quiet
And our bed is warm

You rolled over slowly
Kissed me on the cheek
“Baby girl, it’s Sunday
Just go back to sleep.”

- Karen Zoid

Goeiemôre, mistige oggend. Met die wasem aan die binnekant van my venster kan ek die vetstrepies sien waar Roxy haar pote teen die glas gesit het en luilekker uitgestrek het terwyl sy my paai om die venster vir haar oop te maak. Bo die strepies, waar die wasem ophou, verrys die gekoekte verwarring van die seringboom se takke en blare. Dit word stadig lig.

Dis nou al regtig koud hier… Vroeg Meimaand. Die bome in Victoriastraat begin goud word, soos ek hulle onthou van my verliefde, verwarde, verwonderde eerstejaar. Waterdigte skoene en baadjies moet meer gereeld ingespan word en ek verlang na my gebreekte sambreel. Dis veel moeiliker om vroeg op te staan en kort te stort.

Ek gaan gou ‘n taak klaarmaak sodat ek met Ryan kan kuier vir die res van die dag.  Ek soek ‘n paar koerantartikels op oor die vervanging van Manto Tshabalala-Msimang met Barbara Hogan. Die mistigheid op die venster raak minder, van bo af, en ek probeer die wetenskap daaragter onthou.

venster

Iewers word jy ook wakker… maak dalk gereed vir kerk. Iewers op jou pa se plaas, of jou ma se huisie in die suburbs, skud jy die corn flakes uit die boks uit. Jou stiefboetie kom sit nog half bedremmeld van die slaap langs jou om die kombuistafel. Jy sit bruin suiker in jou koffie. Onthou vaagweg jy’t gedroom jy ontmoet jou vrou en tot jou skok was sy ‘n politieke wetenskapstudent. Ha. Drome kan so onrealisties wees.

→ 1 KommentaarKategorië Life, the universe and everything
Tagged: , , ,

nog nurture

25 April 2009 · 3 Kommentaar

Dit het pas begin reen op Stellenbosch. blog2

Om my storie te vervolg. Toe ek terugkom van vakansie, het die wortels en uie ontkiem! Ek was lanklaas so… nee okay, ek raak opgewonde oor baie goed, so I guess ek was redelik onlangs so opgewonde. Maar ek was baie opgewonde hieroor. Het jy geweet mens kan uiesprietjies net so eet? Trek hom uit die grond en gooi hom oor jou slaai…

My ma het my nou die Maandag, toe dit ‘n vakansiedag was, gehelp om NOG plante uit die tuin by die huis te grawe en hulle hier te kom plant. Daar is dekades laas iets geplant by Banhoek 149, toe hier nog ‘n gesin gewoon het en ‘n kniehoogte baksteenmuurtjie om ‘n huis nog sin gemaak het. Die universiteit het regtig ‘n patetiese werk gedoen sedertdien om ons tuin te onderhou.

So ek en Mamma Nelleke het die grond probeer losspit en dit was een van die laaste bitter warm dae… en toe kom daar ‘n man verby en smeek ons vir werk. Regtig, smeek. En ons se ons is jammer, ons het regtig net hierdie een gat om te grawe, ons kan hom nie besighou met werk nie… en hy smeek weer… en ons se ons is jammer. En toe stap hy maar aan. En toe hy so 20m af in die straat is, toe besluit ek ag man, al spit hy een gat en ek gee hom nog ‘n klein werkie iewers anders, waaraan ek nog sal dink, dan kan hy darem R15 maak… hy was so desperaat. En toe roep ek hom terug… en op die ou end het ons maklik 2 ure se werk vir hom uitgedink en daar’s nou baie meer grond losgemaak rondom die huis as wat ek en my ma ooit sou.

Aarbeie, kruisement, rocket, basil, seldery, origanum, tamaties… dit lyk regtig of jy veronderstel is om Vrouens te Bemagtig met daai tuin, het een van my vriende geskerts. Hy’s so mooi reghoekig en in die middel van nerens ook nog. En in die voortuin: laventel. Ek vind my van tyd tot tyd aangetrokke tot die beddinkies; ek wil net iets gaan DOEN daar. Maar dis Sondae se voorreg. Ek probeer Sondae daarvoor tydmaak en die res van die tyd mag ek glad nie.

“Nurture,” het Anmaree gese toe ek haar dit alles vertel. “Jy hanteer hierdie tyd deur vir ander goed te sorg, ander goed te nurture, en dis baie goed.”

Ek begin ook vir die eerste keer opgewonde raak daaroor om kinders in my space te he. Om kinders te kan verwelkom, te kan versorg. En ek begin dink liefde is altyd ‘n klein bietjie buite jou beheer, want die mense wat jy liefhet is hulle eie mense. So liefde is ‘n bietjie oorgawe… en ware vreugde dus ook. En ek sien vir die eerste keer uit daarna om ‘n groot deel van my toekoms, my lewe, op te gee vir iemand.

Hierdie week het dit begin reen, en die lug was eergistermiddag so ‘n ongelooflike kleur dat ek dit moes afneem. So hier’s ‘n vinnige kiekie van die eerste stuk tuin wat ek en Christo gemaak het, met die wortels en uie wat begin uitkom.

blog1

→ 3 KommentaarKategorië Life, the universe and everything
Tagged: , , , ,

nurture

25 April 2009 · Lewer Kommentaar

“I’m astounded how much love I’ve poured on that thing in such a short space of time.” Dis ‘n onlangse opmerking van een van my beste vriende oor sy verhouding met sy nuwe troeteldier, ‘n rot genaamd Martin.

Ek en hy (my vriend, nie die rot nie!) is albei deur ‘n bietjie heartbreak aan die begin van die jaar en het albei hierdie jaar ons gemaklike koshuislewens verruil vir studentehuise.

Toe ek aan die begin van die jaar hier aankom, sit ‘n grys kat vir my en miaau. Ek het haar onthou van laasjaar; die ouens wat laasjaar hier gewoon het, het haar Slet gedoop. Hulle het haar probeer DBV toe vat, en die DBV het haar eerder gesteriliseer en vir die ouens teruggegee.

Ek het haar Roxy genoem, vir haar katkos gekoop uit my sakgeld en met die res van die huis onderhandel om haar te hou. Chandre het kom kuier en met haar gespeel. Bernard het kom kuier my met haar vergelyk. Ek het vir haar ‘n liedjie geskryf. Sy het by my voete begin slaap. Ek het haar begin troetelname noem.

kat1

En toe begin my vingers jeuk…

Kort voor lank het ek begin kruie aanhou op die vensterbank. Eers net takkies basil of wat ook al my ma gehad het, wat ons dan in kos gebruik het. Later het ek ‘n paar van my ma se plante uitgegrawe en in potte op die vensterbank gesit… waar hulle stelselmatig doodgegaan het. Ek weet nie of dit te veel water was, of te min, of te min son, of wat nie… maar die kruisement, aarbeie, seldery, basilikum, en so aan het maar net nie ge-flourish nie. Maar hulle was nog daar en ek het hard probeer om vir hulle te sorg.

Die pakkies saad in die winkels het my nog erger begin verlei as wat die skryfbehoefterak in my eerstejaar ooit kon en ek het ‘n pakkie wortelsaadjies, uiesaadjies en blommetjies gekoop wat almal belowe het hulle kan in die herfs geplant word.

Toe ek die aand voor die vakansie by Chandre gaan kuier en sy wys my haar awesome klein tuintjie, toe weet ek dis tyd. Sy’t vir my ‘n sak kompos present gegee en ek het Dorette se klein boetie oortuig om saam met my in die skemer te spit en al die plante uit te plant in ‘n klein hoekie van die agterplaas waar daar voorheen net die oorblyfsels van verdroogte gras was.

Tshepo het ingestem om die kat kos te gee en die plante water te gee elke oggend voor hy aan die werk spring met sy tesis. En toe gaan ek op vakansie teen die Ooskus.

blog11

→ Leave a CommentKategorië Life, the universe and everything
Tagged: , , ,

the present

15 April 2009 · 2 Kommentaar

Cara Meintjes, soos Zapiro, hou partykeer blogvakansie en dan post sy ‘n rerun!

The Present

Silence is not when the sounds of people reside, but when the land around the people is quiet – when trees do not rustle, wind does not blow and no birds sing.

There were no trees here, nor any birds. The wind, though not affected by all that had happened, was also quiet today.

The silence that descended upon the small caravan of military tents gave rise to a collective self-consciousness. Some were talking, chiefly about short-term things like food and the following day’s traveling plans. But their voices did not give the slighest echo as there were no mountains – the emptiness of the plains gulped their words as if they were water, quenching the parched earth.

Some children were playing in the hard sand. Were they battling the eeriness of the morning, or did they not sense it, as did Johnathan?

They sang a song that Johnathan had taught them: “Hey Jude, don’t make it bad, take a sad song and make it better…”

The girls drew a few blocks in the sand. As they sang they jumped from square to square, sometimes with both feet in a square, sometimes balancing only on one leg. They lifted the ragged dresses to their knees as their friends demanded in order to make sure that they did not cheat.

Johnathan watched them from a distance and sipped the soup Miranda and the other women had made for the group. Apparently Miranda had dug up some edible roots. She boiled them in some seawater that they carried in their flasks and then added some precious fresh water. The sea minerals provided some extra supplement as a varying diet was not always possible.

Johnathan remembered when he could say “Pass the salt, please.” Laura at the dinner table. Oh, God… Back then, he thought planning a summer holiday was difficult. Laura had been looking forward to summer. But it became the summer during which the whole world was changed and during which she died.

How could they have been so stupid? he wondered for the millionth time. He had followed this path of thought so many times that he could anticipate the emotions that came with each idea, but he followed the path nonetheless. Amid the children’s 1960’s song, the thoughts – concise but laden with a wandering sense of loss – mingled with fresh nostalgia.

They had been able to ignore the facts because it had not touched their lives until it was too late, he reasoned. The problems – cold wars that were gaining momentum daily, the economic upheavals, the religious battles… nothing had a very direct influence on the US. The price of petrol rose at most, when workers went on strike yet again.

He remembered the suddenness with which the Third World War started. One day he was a citizen who prided himself on his nationality and the principles that his country upheld throughout the world. The following, he was a fugitive, taking the fastest road out of Washington, DC. And not a moment too soon. The bomb blast could be seen in his rearview mirror, or so Laura had told him. She had found the strength to look.

The children had tired of their song now. They gathered around Johnathan, hoping for another story of the olden days. “Don’t you have a different song for us?” One girl asked, one almost old enough to start helping to prepare food and make clothes.

“But I’ve already taught you so many!” he protested laughingly. “If you’re not careful, I’ll exhaust my supply!”

They begged again and he gave in. “All right! All right. But what kind of a song?”

Some of the ladies were looking at him, interested. “What could I teach them?” he asked Miranda. The sun had rendered her hair light and her face dark. “How about a nursery rhyme?” she suggested. “But which one?”

She thought for a moment and then grinned. “I bet they haven’t heard Little Miss Muffet!”

The children burst into chorus instantly, and she laughed at their proud faces. “I don’t know, Nathan. It seems we’ve taught them all the songs there were.”

She was attractive when she laughed; even more when she was thoughtful. She caught his eye and he tried to hold her gaze; tried to find some hint of how her loss might resemble his. She smiled a sheepish smile in an effort to relieve the sudden tension. Attractive.

The words sprang to his mind suddenly.

“Hey, diddle diddle…” he began, then stopped. Would she join in? Her face lit up and she smiled again, this time warmly. “The cat and the fiddle,” she answered.

A warm, dry wind came up and Johnathan forgot how silent it had been. He was singing with Miranda. “The cow jumped over the moon… the little dog laughed with all his heart and the dish ran away with the spoon.”

“What’s a fiddle?”

“Did dishes and spoons have legs back then? Could they run?”

“Wow! Did they put the cow in a spaceship?”

Johnathan and Miranda grinned. She came to sit next to him and together they explained – as the wind began to blow in earnest – that the past might resemble the present more than we imagine.

→ 2 KommentaarKategorië Life, the universe and everything
Tagged: , ,

ode to anne

28 Maart 2009 · 2 Kommentaar

‘n Maand gelede het ek saam met ‘n spul Amerikaners om ‘n kampvuur gesit en jam in die Sederberge.

blog3

Anne Meyers het die kitaar gevat en ‘n blues liedjie gespeel – eenvoudige lirieke; folk-agtige stem waarna mens maklik luister. Klomp Amerikaanse kontekstuele verwysings wat my laat dink het aan die fliek Almost Famous en aan die Wilde Weste ook, bietjie. Die liedjie het gegaan oor die skrywer se bitterheid oor ‘n lover wat haar verraai het en haar vasberadenheid om met attitude aan te gaan met haar lewe. Ek dog dis dalk Bob Dylan, of ‘n vroulike eweknie (ek weet nie hoe klink Janis Joplin nie, maar ek vermoed sy klink so iets).

Maar nee, dis Anne se eie liedjie. Dis regtig goed; hierdie meisie gaan ver gaan, veral met haar unassuming houding en haar terloops treffende looks.

“Did someone really do that to you?”

“Yes. It was about last year this time I think.”

Sy was bietjie verras dat ek so direk vra, maar nie skaam nie. Ek het gevra hoe dit voel om so seer te kry.

“It hurts SO fucking bad… but it’s so intense, you know you’re alive. You feel so alive.”

blog2

Sy het iets geëggo wat ek die afgelope paar maande ook besef het. Dis vir my ‘n heeltemal nuwe gedagte, en dit klink nie baie Christelik nie, maar daar’s ‘n aantrekkingskrag in seerkry wat nou vir my sin maak.

Ek het lank terug ‘n neiging in my ontdek om te indulge in seerkry. Om by die hokkieveld te gaan staan op ‘n winterdag en te weet hy was hier… hier het sy oë geflits agter die bal aan; hier het die son daardie blonde hare bietjie vir bietjie gebleik. Hier was hy onbewus van my en ek só bewus van hom.

En nou weer, hierdie afgelope paar maande met my hart in ‘n warboel soos nooit tevore nie, het ek gevind ek draai om liedjies soos Wagtyd van Stef Bos en Dreaming with a Broken Heart van John Mayer. Hoekom so graag die hartseer aanmoedig? Dis regtig nie lekker om so te voel nie. Luister lank genoeg die liedjies – of kyk die foto’s in my kop – en ek gaan deur my dag al soekend na ‘n kykie van hom. Ten spyte van wat nie gaan wees nie. Dit suck.

Selfs vandag, op soek na Mamma se verjaarsdagpotplant, het elke liedjie op MFM my hartseerder gemaak en tog was dit vir my regtig moeilik om na CD te switch, waar Paul Wright se happy mellow surfer lirieke vir my gewag het.

Maar dit het geleidelik vir my duideliker geword hoekom. Descartes het gesê I think, therefore I am. Ek kan nie twyfel of ek bestaan nie, want iets iewers dink iets hierdie woorde. Nou ja. Dalk stuur seerkry ‘n boodskap soos I feel, therefore I can love. Daar bestaan ‘n deel van my wat ek kan deel met iemand anders, iets intiem, want dit kry nou seer en dit kan nie seerkry as dit nie daar is nie.

Ek rou oor die leemtes in my wat nie gevul word nie. En hel, dit maak seer… maar ek kom oor en oor terug na hierdie pyn toe; ek verken dit. Op ‘n manier, nes Anne gesê het, is ek verstom in hierdie seisoen van my lewe want voel ek die lewendigste wat ek al ooit gevoel het. Dis ‘n bevestiging waarna ek verlang het: net ‘n groot hart kan sulke groot behoeftes hê.

Die alternatief? ‘n On-voelende bestaan. Om deur my dag te gaan met net my kop aan die dink. Net my voete op die teer en my oë in my daily planner for women. Dis die ultimate dood. En dit word so dikwels my default mode. Hel, dit maak sin dat ek dan eerder wil down wees.

Maar daar’s nog ‘n alternatief; die een wat ek nie geken het op skool nie. Die een wat ek nou eers begin verken. Ek lees Antjie Krog en sy skryf gedig op gedig oor haar en haar man. Ek kom by gedig nommer ses, en ek sien hoe soek sy nog nuwe woorde vir hom; vir hulle twee. En nommer tien. En nommer vyftien. Ek kyk na Maureen, die pastoor se vrou in Frankryk, en sy straal iets uit wat ek skaars ken. Diep, intens… so lewendig… én gelukkig.

So dalk maak seerkry ons gelukkig, of gee dit ons ten minste hoop. Want dan weet ons daar’s nog ‘n kapasiteit vir liefhê. Maar ons moenie seerkry en verlange en smart verwar vir wat ons eintlik soek nie. Dis ‘n rip-off van ‘n plaasvervanger. Want liefde kan – begin ek nou van voor af glo – ons harte so joyful maak dat ons weet ons harte bestaan. Net ‘n groot hart kan so vervul wees.

Twee maniere van lewe is flippen hartseer. Die een manier is as jy verslaaf raak aan seerkry, want jy’t (korrek) agtergekom dat dit jou diep raak, maar jy vind nie ‘n pad na liefde en vervulling nie. En die ander een is as jy settle vir die dooie bestaan van iemand wat dink hulle het nie ‘n hart nie.

Soos Anne se bitter blues dien die MFM sad songs dus ‘n doel. Maar ek’s bly ek het my CD aangesit vanmiddag. Ek het besluit daar’s iets vir my hart om verspot gelukkig oor te wees, al kry sy nou seer. Ek glo en vertrou ek gaan liefde vind. Paul Wright het gesing “give Him him your burdens and get you body on the dance floor”. En ek het.

blog1

→ 2 KommentaarKategorië Life, the universe and everything
Tagged: , , ,

spoke

15 Maart 2009 · 4 Kommentaar

“Alles wat ons was, is vanaand weer skielik hier

Verf dit met ‘n kwas of staar dit uit die vuur

maar onthou dit

maar onthou dit:

ons was hier”
Ek het ‘n obsessie met onthou. Ek het ‘n fobie vir vergeet.

In graad 7 het ek begin dagboek hou en my verskriklik bekommer daaroor as ek vir ‘n paar dae of ‘n week nie skryf nie. Dan het ek soms net ten minste die belangrikste aspekte van die dag neergeskryf. Om nou terug te kyk – eintlik oor my latere tienerdagboeke ook – is soms ‘n nodige reminder dat ek maar regtig onvolwasse was in ‘n tyd wat ek my verbeel het ek’s diep… die onderwerpe waar rondom die dagboek maal, is genoeg om dit te bewys!

Maar uit daardie boekies het hierdie Cara ontwikkel. Om bietjie meta te gaan – ek gaan (eintlik hopelik) eendag hierop ook terugkyk en besef ek’s weer myle ouer; ek het myle meer perspektief. Scary. Want hier sit ek en commit… ek blog vir julle, die publiek! Dagboekies kan ek wegsteek; kan ek quaint noem. Blogs are out there. Dis nogal stupid van my. (Maar gelukkig getuig my blog stats dat julle almal tot op hede gelyk by my huis sou kon kom kuier sonder dat die wyn opraak. Sommige van julle soek anyway net fotos van die Notre Dame of lirieke van Karen Zoid of die Melktertkommissie. Verstommend baie van julle wil iets van julle kinders se loopbaan of toekoms uitfigure en beland op een of ander manier by my blog.)

Buiten die dagboeke – oor my “gewone lewe” – het ek begin geestelike dagboekies hou rondom graad 8. Hulle is bietjie meer ontnugterend om op terug te kyk. Die vrese, die gebede, die feesvieringe daarin… veel meer van hierdie dagboekies eggo nog in vandag se gedagtes. En dit waaroor ek nie meer dink nie, het dikwels onbeantwoord maar net gestagneer. Dit is dalk hoekom ek soveel respek het vir Dorette en Nielen en, noudat ek hom beter verstaan, Bernard. Kyk, die Here gee mens vrede oor goed, maar ek dink soms pluk-pluk die Heilige Gees aan jou hart oor goed waaroor jy opgehou worry het. En soms dink ek ek’s ‘n armer mens wanneer ek nie aan daardie pluk-pluk gehoor gee nie. En hierdie vriende van my is ryker. (Hoe het dit gebeur dat hulle almal fotograwe is?)

Terselfdetyd het ek leers begin maak. (Skuus ek kan nie kappies maak op hierdie keyboard nie.) Een leer per jaar sedert 1999. Briewe, konsertprogrammetjies, soms ‘n merkwaardige eksamen-taalvraestel. Sertifikate. Teen matriek het ek twee leers per jaar nodig gehad. Vir 2005 tot 2009 kan ek tot my spyt net leers wys vir 2006 en 2008. En oor die ander jare worry ek… ek gaan alles vergeet!

‘n Bietjie later, seker rondom graad 10, het ook my skool huiswerk dagboeke in annale ontaard: “Musical. Dit was awesome!!! Jaco het kom kyk!” “Fluiteksamen. Te min geoefen… lucky sy’t nie C mineur gevra nie.” “Hokkieoefening in die hitte.” En digitale fotos het ‘n nuwe vorm van onthou bygevoeg sedert 2003.

Iewers in my kas, in aparte boksies, kruip daar liefdesbriewe ook weg. Net die belangrikes. Net die drie wat my ernstig in die oe gekyk het en laat besef het: meisie, jy het ‘n stukkie hart in jou hande. Ek lees hulle amper nooit. Dis net… te ongemaklik. Om die woorde te sien, werp dikwels my netjiese geskiedenis van my lewe omver. Dinge wat ek se groot was, is klein in die briewe. Dinge wat ek se klein was, is groot. My storie klop nie met die bewyse nie. Ek’s toe nie so connected en deursigtig en braaf soos ek dink nie.

Drie! Watter ordentlike meisie het die voorreg en die vermorsing van drie harte om te onthou?

Maar dis fine, want al hierdie onthoue kan jy op die rak bere; in boksies wegsteek; kan jy cite as bronne in jou lewenstorie sonder om hulle noodwendig te diep te inspekteer. Sonder om die troebel te sien; die vlak bakvissiestories; die verlanges na wat nie kon wees nie; die foute; die geleenthede wat verbygegaan het.

Wat ek begin agterkom, is dus dat ek desperaat wil onthou. Maar ek wil kies wanneer ek onthou.

En nou, noudat ek elke aand droom van iemand anders, hoe prop ek die spoke terug in die kas?

→ 4 KommentaarKategorië Life, the universe and everything
Tagged: , , ,

sederberge

10 Maart 2009 · 4 Kommentaar

Vanaand het die mense weer uitgestap en -gery om te sien hoe die koppies rondom Stellenboschberg brand. ‘n Vreemde gemeenskappie Stellenbossers – die professor en sy vrou kom in die straat afgestap; twee verliefde studente sit-hang op ‘n bak se voorkant met sy hande op haar boude; ‘n gesin van Cloetesville aanskou die spektakel veilig uit hul motor; kleuters inkluis. Dit was lekker om met Theuns se Hillsongs CD in my ma se kar, stoksielalleen, die rook en flikkerende oranje lig te volg tot by die pad berg-in, waar die polisie ons voorgekeer het. Digby Lanzerac. Woeste vlamme seker feitlik op die rant van die landgoed.

Die eerste van die vele vure wat deur Stellenbosch gegaan het, het al die pad tot by die Sederberge gewoed. ‘n Week gelede is ek daar deur as die bestuurder van ‘n luukse bussie vol Amerikaanse uitruilstudente – tot anderkant Algeria by Sanddrif. Dit beteken ek moes verby Algeria ry asof ek niks sien wat my hart breek nie. Het dit darem amper reggekry.

Die Sederberge is waar die beste vakansies van my lewe byna almal afspeel (met moontlike uitsondering van die afgelope Nuwejaar op Glentana). Groen veld rondom die kampterrein en varsvars rivierwater wat jou saans aan die slaap sus.  Groot tieners en tieners en jong tieners… en die dinamika van grootword.  ‘n Twaalfjarige wat skaam-skaam vir die eerste keer die tent verlaat na ete en saam met die tieners kom by die water kom gesels tot middernag. Eerste soene. Sterrekyk onder slaapsakke. Kitaar. Mafia. En lui son-dae met storieboeke.

Genadiglik het ons vir Marita se 21st vroeg in Januarie hierdie jaar ‘n ekstra bietjie Sederberge ingekry, want ek weet nie of dit binnekort dieselfde gaan wees nie. Dalk is ek verniet hartseer? Dalk sal die winterreen, soos my pa se, soveel nuwe groen lewe tot gevolg he dat die kampplek nog meer idillies word as ooit tevore. Maar dis moeilik om my in te dink.

Wat die fotos betref – ek het hulle op pad terug geneem. Spesiale vergunning dat ek die 10 mag geneem het om hinkepink kaalvoet af te skarrel kamp toe om die fotos te neem. Ek neem deesdae al my fotos op manual. Met die editing het ek probeer om die kontras tussen groen en gebrand uit te lig.

Maar tegniese dinge eenkant… ek kan nie help om hartseer te word as ek dink aan wat die berge was, net ‘n maand en ‘n half g

elede nie.

Daar’s goeie foto’s hier. http://trailrider.route42.co.za/index.php?PHPSESSID=570bee122e028652341cf68b1b5905b7&topic=3797.msg40546#msg40546

img_0474

img_0472

img_0468

img_0465

img_04411

img_04331

→ 4 KommentaarKategorië Life, the universe and everything
Tagged: , ,

ipod farewell

23 February 2009 · 4 Kommentaar

Dit was die 17e Desember 2008 en die eerste been van my rit huis toe het pas begin. Dit was ‘n bittersoet totsiens in Parys, waar Pieka sy vlug later die dag sou vang. Die einde van ‘n era, en ons het dit geweet.

Ek was teen hierdie tyd ‘n pro met die treine. My ipod het Tree63 gekies en ek het dit van random afgehaal sodat dit op Tree63 bly. “All of your days I’m walking home with you…”

Ek het my oe toegemaak en probeer tot rus kom, maar die trane was maar vlak. Hoe nader ons aan Duitsland gekom het, hoe kaler het die wereld geword. En hoe meer sneeu het God soos make-up op die yl landskap gesprinkel. Oorkant my het ‘n jong vrou gesit met die pragtigste twee donkerkop dogtertjies. Sy’t probeer om nie te wys dat sy kan sien hoe ek huil nie. Ek het ‘n prentjie in my dagboek geteken van die telefoonpale waar verby ons ry – swerms en swerms voels vir wie die Here so rg, selfs in hierdie ysige koue. Daai versie het my vir die eerste keer regtig getref.

Ek het gedink oor die maand wat verby is. Nadia-hulle in Belfort, dapper en opgewonde: die byna underground kerkgemeenskap. Maureen, die pastoor se vrou met die plooie en die vrede. Dit is maklik om saam met hulle te glo en te sien dat die Heilige Gees aan die beweeg is in Frankryk. En die Van Reenens – my en Irie se spring-spring deur die diepe sneeu; tannie Windred se ongeergde wysheid oor my wroeginge. En hy. Ek het my hart toegelaat om uit te freak in my.

‘n Spierwit koppie bo-op ‘n skaterende mensie. Sy was seker nie vier jaar oud nie en sy’t vol selfvertroue op en af gewaggel in die paadjie. Waggel-trippel tot teen die glasdeur en ek maak dit byna outomaties vir haar oop. Cara! Dis ‘n driejarige, en jy help haar weg-waggel van haar familie af, in die volgende treinkompartement in? Ek het maar opgestaan en haar terugbegelei in haar ouers se rigting. Sy’t my vertrou – sommer lag-lag.

Die ure het verbygegaan. Ek en die vrou oorkant my het in ons ewe gebroke Frans gesels oor haar twee dogtertjies, haar onlangse egskeiding, en haar toekoms vorentoe. En myne. Toemaar wat, het sy gese, jy’s nog jonk. Dit was duidelik dat sy glo haar romanse is vir ewig iets van die verlede, so beeldskoon soos sy is op dertig.

Net voor een van die Duitse stede het die blonde kind se gesin opgestaan en solank by die deur kom wag. Die blonde kind het maats gemaak met die donkerkopdogtertjies. Watter taal praat sy? het ek haar ma gevra. Eintlik drie tale, het haar ma verduidelik – Frans, Engels en Duits. So ‘n klein dogtertjie? Ja, regtig. Sy’t vertel hoedat hierdie bondeltjie winterjas selfs al met Duitse familievriende Duits begin praat en met Engelse familievriende weet om in Engels te gesels. En hoedat sy, by die aankoop van ‘n nuwe rokkie, daarop aangedring het dat dit nie ‘n Duitse jurk is nie maar ‘n Franse robe.

Dit was een te veel vir my. Nog ‘n Europa-kindjie. Wat is die kans dat sy ware lewe vind; ware vreugde beleef? Skattig. Godloos. Slim antwoorde op alles behalwe die doel van haar lewe. Ek het my gesig in my Philip Yancey boek weggesteek.

Net toe die trein stop, let haar ma skielik die boek op. “That’s a great book,” se sy. Ek’s verstom. “You know this book?” “Yes, it’s amazing, I read it a couple of years ago.”

Ek voel nou stupid hieroor, maar die volgende ding wat ek gese het, was “There are Christians left in Europe?”

Sy’t gelag, maar nie ongemaklik nie. Goedig. “Oh yes!”

Die blou ogies was besig om die donkerkoppies se speelgoed te verken. “… Then she’s in good hands.”

Haar ma het geglimlag. “Yes she is.”

En toe is hulle weg.

copy-of-desember-039

→ 4 KommentaarKategorië Frankryk 2008
Tagged: , ,