oor my

My naam is Cara. Ek doen my meesters in Politieke Wetenskap by die Universiteit van Stellenbosch.

Ek sukkel met time management. Ek is versot op cappucino. My twee sussies verryk en challenge my; so ook my vriende. Ek raak opgewonde oor gemeenskapsprojekte. Soms kou ek my naels. My kat se naam is Roxy en ek skryf vir haar en vir die ander karakters in my lewe liedjies. Ek’s ‘n sucker vir ‘n audience. Ek het ‘n swart fiets. Ek het ’n Engelse ou en ons het besluit ons is ‘n inter-racial couple.

Ek blog oor goed wat ‘n indruk op my maak: my verhoudings, musiek, my studies, my geloof, my dinkery oor ons land en ons wêreld.

Ek probeer om myself nie te push om iets te sê as ek eintlik niks te sê het nie. Hierdie benadering is baie sleg vir my leserstal! Maar dis die enigste manier vir my om eg te wees.

Geniet dit!

5 Responses to oor my

  1. Is jy die pragtige meisie met die dwarsfluit?

  2. :) Dankie! Ja. Bernard Bravenboer het dit geneem – bravenboer.co.za.

  3. Jy is pragtig! Sterke met jou studies.

  4. Ekskuus! Ek het in ‘n ander kommentaar gevra of dit jou M is of Dr waaraan jy werk. ek het nou die antwoord hierbo gekry

  5. Mooi Cara. Bly om te sien jy’s oopkop. Jy’s n groen veiveld. Ek is seker ek kan jou nog seker meer oopkop maak. Van die goed wat jy hier geskryf het is interessant, maar bietjie oudedoos. Hehehe. My ondervinding van SA en wat julle persepsie is van oop of liberaal, is ou nuus vir party van ons. Party se Orange, VVK. Ek se Oase. Jy se Engels. Ek se Filippyne. Hou dop. Miskien kruis ons paaie weer.

    (Ek “tweek” nog my new age blog. Moet vinnig want my brein gaan bars met al die inligting wat ek moet uit kry aan die jong generasie in SA voor julle gebreinspoel word soos julle ouers voor julle. Die verlede was dit die NP. Nou is dit die ANC) Is ons skape, of is ons individue? Mooi bly!

    - HenriLeRiche.com

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Connecting to %s