Tag Archives: Christianity

dokter

My blog het verdwyn! It’s probably Matt’s fault. Gelukkig het Facebook hom gecopy na my notes toe voordat hy van WordPress af verdwyn het. Uittreksel:

Saterdagaand was Hillsongs se praise and worship aand.

Wat tot my deurgedring het, is dat ‘n lewe by God veilig is. Ek het besef ek wil iemand wees wat compassion het, meer as wat ek iemand is wie se check list stadig vir seker bevredig word. Daar was ‘n quote van Moeder Teresa: “I have found that paradox, that if you love until it hurts, there can be no more hurt, just more love.”

Gistraand het Hy weer op Sy ontsaglike gentle manier sy troos gebring. Dit was dalk nie genesing nie – dit, dink ek, gaan tyd vat – maar die dokter het my kom ontmoet, stetoskoop om die nek, en verduidelik dat ek niks het om oor bekommerd te wees nie. En ek glo weer daar’s hoop dat ek gesond sal word.

sussies

Hierdie hele WordPress blog het begin by my behoefte om idees uit te ruil met my sussies. Ongelukkig het ek nie baie reaksie gekry nie, en ek het ook nie regtig weer my gewaarwordinge hier geskryf nie al het ek baie baie geleer die afgelope ses maande.

Op die oomblik (15 September) is ek… moeg gedink oor vrouwees. Maar hopelik sal die lig weer helder brand, binnekort.

Hieronder is die debut blog van 2007. Chat weer as ek beter voel.

Toe ek jonger was (so tot min of meer gister) het ek gedink vrouedae, vroueverenigings, vrouetydskrifte en ander stuff met blommetjies en tee en control-freak-tannies in Woollies-klere is … ugh. Like, gaan weg. Ek verlang na my plakkies en my Alanis CDs.

En weet jy, ek dink nog dieselfde oor baie van hierdie goed. (Iris van Reenen bekeer my stadig vir seker tot Woollies… maar sover maak sy net vordering ten opsigte van hulle kos. Nie hulle klere nie.) Maar ek het iets besef wat my respek vir hierdie tannie-goeters ‘n bietjie herstel het, en dit is dat ek regtig nodig het om by ander vroue te leer wat dit beteken. Ek wil die Here regtig eer met hierdie lewe. En ek het al die wysheid nodig wat ek kan kry.

Nie al die commercial goed is noodwendig raadsaam nie – die Rooi Rose was byvoorbeeld nog nooit ‘n vriendin vir hierdie vrou nie. Maar soms kom ek in aanraking met vroue van God, van allerhande ouderdomme, wat my inspireer… en ek wil graag dit wat ek by hulle leer, en sommer dit wat in my eie kop aangaan, hier post.

GROOT asseblief, lewer kommentaar. Ek’s ‘n dogter van die Koning… en ek wil graag gedagtes uitruil met my sussies.