Sondag?

24062007019.jpg

Wel, daar was nie son nie en dit was nie veel van ‘n rusdag nie… maar dit was kleurvol genoeg.

Die dag voor ons vertrek… Pappa het inspirasie gekry om vir ons avokados op te dis vir middagete. Yum!

Toe na Omoes op Stellenbosch toe om papiere te gaan teken wat ons later sou agterkom ons nie nodighet nie (om die waarheid te se, ons sou moes omdraai en teruggaan vir dit wat ons WEL van haar nodighet om in haar oorsese rekening te gaan rondkrap). Maar ek hou van die fotos.

24062007017.jpg

24062007018.jpg

Ons het op die ou end seker 3 ure op Stellenbosch deurgebring net om die geldsake uit te sorteer. Terug tuis… Stressende Pappa skarrel so met die bagasie dat hy vergeet om die vleis op die vuur te sit! Wonder hoe het hy gebraai gekry met die kole wat oor was! Maar ons het lekker geeet.

Liesel se hare het vanoggend – kort na die Sunsilk-vir-ethnic-hare episode – gelyk asof sy dit twee jaar gelede gewas het. Na aandete het sy en Pappa sy engine cleaner uit die garage gaan haal… nou dink ek ons kan die tydperk afbring na die 6 maande. ‘n Foto hiervan is natuurlik nie beskikbaar nie!

Ek en Mamma het tot laatnag met naaldwerk gesit… sy’s nou nog besig. Ek het myself so ‘n uur gelede oortuig ek’s te vaak om nog ‘n steek naaldwerk te doen… en toe by my rekenaartjie kom sit. Nou weet julle darem ook hoe dit met ons gaan!

Die tasse is nou regtig min of meer klaar (ten spyte van Pappa se frantic vrae oor die wasgoed en die goed wat nou onder die naaimasjien verkeer en so aan). More doen ons goed wat op die laaste oomblik opgekom het. Die Meintjese… betyds? Ek maak GEEN uitsprake tot ons veilig op die vliegtuig sit nie!

Advertisements

One response to “Sondag?

  1. Jy moet vertel van Europa! Ek sal elke dag hier kom inloer.

    Lekker reis!

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s