Zzzzzzz…

Okay so die slaappille werk!! Baie goed. Dis nou omtrent 18h00 hier (nes in Suid-Afrika) en ek dink ek’s vir ‘n uur van vandag al regtig wakker. My oe is al oop sedert 9h00 maar jissie, daai slaappilletjie was klaarblyklik te veel vir ‘n koffielose, alkoholvrye sisteem…Soos ek hier sit (in die heerlike ruim, warm leefkamer van die Van Spanjes in Wageningen) hoor ek die geraas van tuimelende Lego-blokkies: Marita, in haar vreemde Nederlandse altstem, hou die kleinste Van Spanjetjie besig met die speelgoed. Liesel het gaan stort (dag 3 met die berugte Sunsilk… wonder hoe dit sal lyk na hierdie was) en Mamma en Pappa het gaan inboek by ‘n bed&breakfast om die hoek. Piet Hein (ja, Peit Hein van Spanje; daar’s blykbaar so ‘n liedjie) en sy vrou Carolien het ‘n George Michael-show gaan kyk in Amsterdam, so vanaand eet ons alleen saam met die kinders.

Maandag was ‘n… diverse dag. Mamma het tot die not-so-wee hours wakker gebly (seker 5h vanoggend) en vroegoggend weer werk toe gegaan – sy se sy’t darem uitgerig gekry wat sy wou. Liesel het… wel, gedoen wat Liesel meestal doen: gechill voor die TV. Okay, en so nou en dan gehelp. Dink ek. Pappa net enkele goed gehad om te doen, maar hy’t sekergemaak hy doen dit frantically…

 Eintlik dink ek dis die betydste wat ons al was vir ‘n vakansie. Dit was baie cool; ons het actually by die klein goedjies uitgekom – goed wat lekker bonusse is vir die trippie, nie net noodsaaklikhede nie. Teen die tyd dat Pieka om 17h40 daar aangekom het, het ek al twee koeke gebak (een vir ons verjarende huishulp en een vir die Meintjese) en fudge gemaak vir Pieka om werk toe te vat! Maar hierdie storie beweeg nou te stadig – teen die tempo kry ek nooit klaar nie. Ek wil darem net noem dat Chandre oor aandete kom kuier het en weereens flippen funky gelyk het – sy’t daarna gaan pool oefen; sy’s in die nasionale damespan dink ek. Sy’t belowe sy sal haar vrees vir rekenaars fight lank genoeg om my notes op facebook te gaan lees (hulle import outomaties van wordpress af).Okay yum yum, klim in die kar; boek ons in by die lughawe. Alles sonder voorval, behalwe dat ek en Pieka al hoe meer onder die indruk gekom het van die laaaaang skeiding wat vir ons voorlê… sjoe ek’s verlief op daardie jong man. Liesel het haar eerste vliegervaring baie geniet. Die grootste bron van haar verwysingsraamwerk, die flieks wat sy so knaend kyk, kon blykbaar nie vir haar alles van vliegtuie wys nie. Sy sê daar’s min sin daarin om ‘n toneel in ‘n vliegtuig te skiet, tensy mense ‘n belangrike gesprek op die vliegtuig voer; gaan sit en dan weer besef hulle wil eerder by hulle liefde bly en weer afstorm; of dalk op ‘n rooi tapyt uitstap om te demonstreer hoe belangrik hulle is. Sy’t die opstyg geniet (baie “flippen cool!” tipe comments) en haar natuurlik verlustig in KLM se awesome fliek- en liedjiekeuses… Sy’t ietsie van die Emperor’s New Groove weer gekyk… ek dink die sequel. Maar ek weet nie eintlik nie want ek het regtig soos ‘n klip geslaap. Liesel is nou uit stort en ek’s opgewonde om te rappporteer dat haar hare actually weer kan fluff! Dis ‘n groot verbetering :) Dalk lyk dit na nog ‘n wag weer soos altyd. Oom Heiko het ons op die lughawe ingewag. Een van die bottels wyn in die handle-with-care boksie het bewys dat dit nie so handled-with-care is nie… dankie tog vir die plastiekverseëling waarop Pappa voor die tyd aangedring het. Ons kon die plastiek afskeur, die oorblywende 5 bottels bietjie afvee en in plastieksakke pak… en die gebreekte bottel weggooi. Die mampoer het darem oorleef!Die kar wat oom Heiko vir ons gehuur het, is great. Groot, en toegerus met ‘n Neverlost GPS-stelsel… die ding se “yards” is beslis korter as wat Mamma geraai het, maar op die ou end was ons never lost. Net twee keer om die blok gery in Wageningen voor ons Marita se huis kon uitken.Aaaah… uiteindelik. Die rede hoekom ek skryf: ek het fotos om te wys!Dis Guusje, die kleinste Van Spanjetjie. Sy’t Pappa se kep ontdek.  img_4331.jpgOns het bietjie Jenga gespeel met die jongens (dis nou seuns in Hollands… hulle ken nie die woord seuns nie!) 

img_4328.jpg

 Ons het ook saam met hulle aandete geëet – Marita se lasagna-resep wat sy sommer op die internet gekry het! – en kort voor lank was dit slaaptyd vir die jongens en staptyd vir die res van ons. O nee wag – hierdie was voor ete… net ek en Pappa en Mamma. Dis ‘n Botaniese tuin met sulke cool kunsstuff tussenin. Seker 100m af in die straat van Marita-hulle af. 

img_4345.jpg

Hieronder is ‘n grafsteenpark opgedra aan uitgestorwe spesies… elke grafsteen lys ‘n ander spesie se Latynse naam; sy geboortedatum en sy uitsterfdatum. Dis die moeite werd om in te zoom op die foto.  Die geboortedatum is altyd b.d.t – “begin der tye”, soos daar op die inligtingsbordjie verduidelik word in ‘n fiktiewe dialoog tussen die kunstenaar en die oorlede persoon aan wie die grafstene opgedra word. Een van die karakters sê tong-in-die-kies dat hy wonder wat Darwin van die “b.d.t” sou dink…Op die foto kan jy sien die een grafsteen is omkring… dis ‘n gedenksteen aan die man aan wie die kunswerk opgedra is. Ek dink die hele tuin is dalk aan hom opgedra. Hy’s klaarblyklik nogal beroemd. Ek sal Marita vra oor hom. 

img_4338.jpg

 Twee verdere mooi goedjies… ‘n pragtige ysterroos en ‘n kersie. img_4335.jpg  img_4361.jpg

Advertisements

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s