‘n Dag in Amsterdam…

 So ons het wakker geword in Wageningen, en sonder veel voorval ons pad na Amsterdam gevind.

Pappa begin al goed regkom met die bestuur, maar elke nou en dan is hy, en ons, skielik heeltemal uitgeboul deur iets in die straat! Marita het gelukkig een van dié fenomene vir ons verduidelik: die rede hoekom daar geen stopstrate is in Nederland nie. In plaas van stopstrate is daar by elke kruising ’n ry driehoeke op die teer met tande wat óf na hul skerp óf hul plat kante nou jou toe het. Hulle dui hierdeur aan of jy voorkeur het, of moet toegee aan ander voertuie (en boy, daar’s interessante voertuie!) in die kruising. 

Die Obermans het ons verwelkom en ek, Liesel en Steffan het sommer ’n bordspeletjie aan die speel geraak terwyl ons vir Mamma en Pappa gewag het om die kar te parkeer – ’n taak wat hulle omtrent ’n uur geduur het in Amsterdam! Die kar bly nou sommer in ’n parkeergarage tot ons Saterdag Frankryk toe ry. 

Oberman-middagete… yum. Hulle het heerlike brood en interessante kaas! Ek begin al hoe meer gewoond raak aan die weird kase, en begin dit geniet om uit te figure hoeveel daarvan om op mens se brood te sit, en saam met wat, sodat dit net… reg… is. Hmmm yum. My gunsteling van die opsies gistermiddag is ’n Franse soort, wat my nog meer laat uitsien na Frankryk… Daarna het ons deur die prentjiemooi Oud Zuid-gedeelte van Amsterdam gestap met oom Heiko. Ek sal ’n foto moet bysit… dis regtig eenvoudig uit ’n ander wêreld.  

Toe… die Rijksmuseum. Wow wow wow. Ek’s spyt ek het nie meer tyd buite deurgebring nie, want die buitekant van die gebou is meer outyds, meer soos dit altyd was. Maar binne is die architektuur modern en die skilderye oud. Ons het ’n uitstalling van die Goue Era – Nederland in die 17e eeu – gekyk. Ons kon nie deur die hele museum kyk nie want hulle’s besig met herstellings of iets. Maar die dertien kamers wat hulle tot die beskikking van die publiek gestel het, was genoeg om my in verwondering te laat. Ek’s mal oor Rembrandt, veral die Joodse bruid… maar alles was interessant. Ek en Liesel het probeer raai wat in die skilderye uitgebeeld word voordat ons die inligting  teen die kant lees. Veral die skilderye wat spesifieke kolonies probeer uitbeeld, was nogal interessant om te raai! Ons het ure daar rondgedrentel… nee, ekskuus. Ek en Mamma het ure daar rondgedrentel! Arme Pappa, Liesel en oom Heiko het baie vinniger en meer gefokus gekyk na dit wat interessant gelyk het en aangestap, en moes dus tot toemaaktyd wag vir my en Mamma om uit te kom. Dis darem so ongerieflik soos die stylverskille tot dusver geword het.   Hier se ons totsiens vir die Rijksmuseum…

28062007064.jpg  

Toe… wandel wandel wandel!… Ons vier – nie Marita nie – het rondgedrentel in die koel agtermiddag. Ons het establish dat ons nie van Brand-bier hou nie; bietjie meer van Gulpener en die meeste (uit hierdie drie) van Grolsch. Ruuustig…. lekker in die kywnende “somer”son by ‘n kafeetjie se terras. Terrasse is kamstig stoepe, maar midde-in Amsterdam is daar nie regtig plek vir sulke goed nie so baie van die kafeetjies pak sommer ‘n paar tafeltjies op die sypaadjie en noem dit ‘n terras. Hierdie poegie het my so ‘n kick gegee!!  Sommige mense verf hulle fietse sodat dit maklik herkenbaar is as iemand dit steel… hierdie mense het dit skynbaar geniet..

dag-twee-in-amsterdam-004.jpg

Hierdie graffitti was daar naby… daar’s tekens van politieke bewustheid en ongewingsverantwoordelikheidsin oral in Nederland.

dag-twee-in-amsterdam-006.jpg 

Daarna – okay, na die biertjies, happies en ‘n lang debat oor hoe om ons bewegings te reel – het ek en Lili op die Damplein (weet nie waar die naam nou weer vandaan kom nie) onder die standbeeld gewag vir Marita om met die Trem aan te kom. Daar was ‘n dude op die trappies met ‘n UCT-top… toe gaan chat ek en Lili met hom..Sy naam is Warrick en hy’t fisika geswot in UCT en toer nou deur Europa voor hy in Engeland verder swot. Freaky ding?… die enigste ou wat ek ken wat ook in Sacs Hoerskool was, is ‘n goeie pel van Warrick!! Dis nou Kieran, Sam se ou. Flippen insane. En baie fun. Vir my in elk geval. Warrick was soos, “you think you travel 8000km away from home and you won’t know anyone!…” maar ek het gese dis sy skuld want hy’t die UCT top aangehad! hehe… anyway, baie lekker. 

Marita het Donderdag nog gewerk, sien, en het die aand eers by ons aangesluit in Amsterdam. Tassie en al het ons met haar afgestap in die straatjies tot by die heerlike luukse restaurant waar oom Heiko vir ons gereserveer het: Harkema in Nesstraat. So smooth-modern… nie baie tierlantyntjies nie. Smooth. Yum yum yummm!!! Florentine …

hmm. Dalk is hierdie ‘n goeie oomblik om gou die relevante familietjie uit te lê. My Mamma Nelleke se ma Hanneke (Omoes) is Nederlands en haar tweelingsuster, Tante Magdaleen, se een seun is oom Heiko. Hy’s dus my ma se neef en my… klein-oom? In elk geval, sy kinders is my kleinnefie en -niggie, en hulle name is Florentine (15) en Steffan (13). Oom Heiko se vrou, Juliette, is Amerikaans en sy kuier op die oomblik by haar sussie in Wisconsin, dis hoekom jy nie baie van haar gaan hoor nie.  Okay. So Florentine was sprankelend en het die lewendige geselskap tussen ons kids aan die gang gehou. Marita volg natuurlik die Nederlands beter as ek en Florentine, so wanneer sy vir grappies lag moes ons soms maar net ons blank looks dra as aanduiding daarvan dat Florentine biejtie stadiger gaan moet praat! Ons het gewissel tussen Engels en ons snaakse probeer-mekaar-tegemoetkom-Afrikaans/Nederlands en lekker gelag oor mekaar se snaakse uitdrukkings en woorde. Baie pret! En baie yummy-interessante kos! 

nog-009.jpg

 En toe… huistoe probeer gaan. Probleem: Die trems het opgehou om middernag en ons het lekker gesit en kuier in die leegwordende restaurant tot 12h15. Om die waarheid te sê, teen 12h15 was die restaurant inderdaad leeg, en die lug buite actually donker. Dit was dus regtig laat!  So… na heelwat debat het ons besluit: Marita sou my lift op ’n fiets; Florentine sou Liesel lift, en Heiko en Steffan en Pappa en Mamma sou ’n cab bel. Die punt is: Marita sou my lift. Ek sou agterop ’n fiets ry… Of probeer ry. Met die Hollanders wat raad gee van alle kante het ek en Marita ons eerste paar trappe in die nou straatjie probeer gee, lekker gewankel, en kadwa! in ’n paar vullisdromme in gecrash! As jy dink ons het lekker gelag… probeer jou indink hoe die hot Hollandse jong mans (ek skat hulle 24-29 jaar oud) wat ook in die omtrek gestaan en kuier het, gelag het! Ons was darem nie erg beseer nie… Hmmm… ek was nie regtig beseer nie. Marita kla nog bietjie oor haar knie en haar blou vinger… Maar anyway, daarna het ek gesê seblief kan ek fietsry want ek het nog nie in Holland nie en Marita het al… en ten slotte het Oom Heiko met Liesel, Florentine met Marita en ek op my eie gery. Die arme fiets was bietjie… rattly na die val, maar hy’t gewerk… Ek was bietjie… rattled (nog steeds gedink die val was funny maar die adrenalien het my bietji bewerig gemaak…) maar ek kon ry.

Advertisements

One response to “‘n Dag in Amsterdam…

  1. Wow cara ek voel so simpel! Ek het helemal vergeet van jou blog! (Het seker nie gedink dat jy dit gaan regkry om te blog terwyl jy daar rondkarwakker nie..) En nous ek op pad botswana toe en kan soooo nie nou nog alles lees nie! Damn damn damn! Jys cool :)

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s