Franse frustrasies en fantasieë

Haai!

Ek en Marita sit in die Young and Happy Youth Hostel in die Quartier Latin en tik briewe vir ons onderskeidelike geliefdes op die gehuurde internet. Elk het pas bietjie crazy gegaan en ‘n bier gekoop. En nog ‘n internet-voucher.  Nog 2 Euro; nog 30 minute.

Frankryk is great!  Ek dink elke lid van die familie Meintjes waardeer dit om ander redes.

 Liesel geniet dit om die Underground Master te wees – daai chick figure die Metro-padkaart binne ‘n paar sekondes uit en se met die gerusstellendste sekerheid: “daardie kant toe!”

Yours Truly is natuurlik super opgewonde om haar Frans te oefen. Ek oefen elke kans wat ek kry – en is geskok deur die discrepancy tussen hoe ek in die Fransklas mooi korrek praat en hoe swak my grammatika skielik is as ek op my voete moet dink en met Regte Franse Mense praat… in elk geval kan die meeste Regte Franse Mense egter, tot my teleurstelling, vlotter Engels praat as wat ek kan Frans praat. Maar ek probeer.

Mamma voel baie onvoorbereid op die hele affere – sy’s bekommerd dat sy dinge aan die mis is omdat sy nie voor die tyd haar huiswerk beter gedoen het nie. Toe ons vandag na kaarte sit en kyk en probeer besluit wat ons nog wil doen, toe gaan sit sy op ‘n punt net en se “sjoe… ons is so ignorant!” Maar sy geniet die Frans-oefen ook baie. Sy’t immers ook haar Frans opgeknap vir die geleentheid. 

Marita se sy dig die musikante om elke hoek en draai. Hulle’s nie altyd great nie, maar hulle’s beslis divers, en ‘n aangename verrassing in ‘n Metro of op ‘n plein.

Ons het gister hectic frustrasies gehad met die telefone… al drie ons selfone het min of meer gelyk die bodem bereik, met die gevolg dat Cara, Mamma en Marita gister seker 4 ure gesukkel het om vir Pappa en Liesel in die hande te kry. Nee, regtig… vier ure. Pootuit gestap en moody van al die gesukkel was ons baie bly toe ons by Pappa en liesel kom en liesel so vrolik is dat sy my en Marita binne minute opcheer!

Ons geniet Parys baie, en probeer die sights sien sonder om die klein detail te mis. Ons het al die Notre-Dame gesien en ‘n bootrit op die Seine meegemaak; die Eiffel-toring tot HEEL bo gegaan (nie geklim nie… ons was lui vir die 300m klim!) en die Louvre en die Pompidou (moderne kuns) gesien. Nie almal het al daardie goed gedoen nie, maar tussen ons deel ons al die ervaringe.

Ons het ook al lekker geeet by allerhande interessante plekkies.

Hierdie plek se rekenaars werk nog met paraffien; ek’s oortuig., Hulle’s regtig agter die klip. So ek’s bevrees ek beskik nie oor die nodige tegnologie om vir julle fotos te wys nie… jammer. Ek hoop dinge sal beter gaan in Grenoble (Woensdag)…

 Tot dan, versamel ek quotes… hier is ‘n paar.

Cara: Kyk daardie pragtige bedding pers blomme!

Liesel: EN dis nie onkruid nie!! (mense wat my goed ken, sal hierdie een vang…)

 ************

Cara: (aan Marita) ek dink jy’t nou net ‘n smile by daai musikant gekry…

Theo: (parmantig) EK dink dit was vir MY!

*************

Liesel: (lang die Eiffeltoring) Okay. Grootste toeriste-attraksie in Frankryk; piekseisoen… middel van die dag. Hoe lank dink julle is die ry by die badkamers?

Marita en Cara: Wel, jy’s alweer terug…?

Liesel: (exasperated) ek het nie gegaan nie!

Advertisements

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s