Kortliks, ‘n Hollandse Vrydag

Hier is ‘n stokou blog wat ek uiteindelik opgespoor het! Phew… ek dog hy’t verdwyn.

Okay! Baie baie vinnig… ek moet regtig gaan slaap, want oor so 8 uur ry ons Frankryk toe! Het slaap nodig sodat ek op pad al die sights kan sien.

Flippen cool dag, al het hy superlaat begin… Pappa en Mamma het gesukkel by die bakker, dus het was almal hier teen 9h30 klaar gestort en gereed en moes ons tog 45 minute wag vir ontbyt. Die Meintjes-sussies en Steffan het rondgedrentel in die strate van Amsterdam… half agter ons neuse aan, iets wat ek en die sussies juis gister gesê het ons graag wil doen. Ons het ons teen middagete bo in die Kalvertoren bevind… waar daar onlangs ’n lekker restaurantjie ingebou is. Die kos hier is regtig duur… maar ons R29 se geroosterde toebroodjies sonder slaai of chippies was… well, great! Ek weet ek moet ophou om die pryse om te sit. Behalwe met klere, want klere sou ek in SA kon koop as ek wag. Kos moet mens eenvoudig koop.

Check die cool uitsig wat ons het van daarbo!dag-twee-in-amsterdam-007.jpg

Ons het vir Mamma-hulle daarna by Sentraal-Stasie gaan ontmoet vir ’n bootrit deur die gragte. Die stappie daarheen was deur ’n straat vol winkels, van die soort wat beslis in SA of Amerika in ’n mall sou wees, maar hier eenvoudig in die straatjies ingeprop staan. Dit werk goed, en die vars lug is lekker. Die reën was bietjie lastig though.

Die bootrit was lekker – die toergids is lekker humoristies en daar was ’n paar oulike sights langs die pad, soos die kat-standbeeldjie op die een gebou en ’n muis-standbeeldjie op die een oorkant hom. Life size; mens moes mooi kyk om dit raak te sien. Die gids sê die kat en muis is gebou as ‘n soort protes, want op ’n stadium was daar nie ’n brug tussen die twee geboue nie. Die effek was dat die kat heeltemal om die blok sou moes hardloop om by die huis uit te kom, hoewel hulle net ’n paar meter van mekaar af is! In elk geval… flippen oulik, soos hulle teen die muur sit nes ’n regte kat of muis daar sou klim. Wens ek het ’n foto gehad. Maar hier is die gragte – kyk hoe kan mens deursien!

dag-twee-in-amsterdam-009.jpg

Daarna het ek my eerste Ben and Jerry’s roomys geëet! Liesel met haar fliek-verwysingsraamwerk weet natuurlik dat Ben&Jerry’s Bridget Jones se comfort food is. Ek het net by Stef-hulle gehoor dit beslis die moeite werd; ek moet dit probeer. Die geur wat dié ouens se roomys famous gemaak het, is cookie dough flavour. Daar’s regtig koekiedeeg in die roomys! En dis heerlik lekker! Sal dit enige dag weer koop! (dalk net nie weer vir daardie prys nie…)

Ek voel sleg omdat ek min sê van die amazing geboue en mense… maar ek sukkel meer om dit te verwoord as die gebeurtenisse. Dit sal maar moet doen vir nou.

Trem huis toe… het ek gedink. Toe eintlik net trem tot by Florentine en Steffan se fietse, so 3 blokke van die huis af… Wat doen mens met 4 mense en 2 fietse? Jy lift!! So… ons het weer die fiets-ding probeer, hierdie keer in besiger strate maar met meer sukses. Ek het Steffan heel gemaklik en met groot genot en ’n sin van oorwinning huis toe gelift op dieselfde ratelende rooi fiets as gistraand! Ek en Steffan kliek baie lekker.

Voor aandete het Florentine my en Marita af in die straat gestuur om te gaan blomme koop vir haar vriendin. Die blommestalletjie is net af in die straat, en die mense was baie vriendelik met my en Marita. Hulle het gevra watse taal ons praat ook. Oor die algemeen is Nederlanders baie geduldig met ons sukkel-Nederlands/Afrikaans. Ek vind hulle oor die algemeen baie gaaf en beleefd. Ek wonder hoe dit in Frankryk gaan wees…

Oom Heiko het vir ons Indonesiese kos gemaak vir aandete! Klomp potjies interessante kosse en groentes en rys, met koel goed soos klapper en komkommer op die tafel. Florentine se twee vriendinne het saam geëet. Ek dink nie ek gaan ooit spicy kos bo mild kos verkies nie, maar hierdie kos was beslis interessant! En die etenstafel was baie lekker vrolik.

dag-twee-in-amsterdam-016.jpg

… ooo ek’s al lekker vaak. Net gou byvoeg dat oom Heiko, Pappa en Mamma vanaand vir Florentine en haar vriendinne see toe gevat het en daarna by oom Foppe (oom Heiko se broer) gaan kuier het. Pappa sê dit was heel gesellig; oom Foppe wou net nog en nog kuier! Ons ander kinders het by die huis videos gekyk en gerus…. aaahhh…. lekker. Ek het ook vir Pieka op Gmail gekry en ons het in real-time gesels. Ek mis hom baie… wens ek kon dit alles met hom deel. Maar ons skryf en email baie. Tussen hierdie blogs, email en briewe neem ek nogal baie toertyd net om te korrespondeer! Maar ek glo dis 100% die moeite werd.

Advertisements

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s