Frankryk… met Foto’s!

img_4568.jpg

Hello World!

Sjoe, ons het lanklaas behoorlik van ons laat hoor… maar ten minste het ek nou foto’s!

Kom ek begin by Saterdag, die dag wat ons uit Holland na Frankryk gereis het. Reisdae is nooit baie eventful nie (toe gooi ons brandstof in; toe slaap ons; toe lees ek ‘n storieboek) maar ek en Mamma kon tog dink aan ‘n paar goedjies wat gese moet word oor hierdie dag. Een is dat Pappa en Mamma uiteindelik iets naby aan betyds van hulle hotelkamer af gekom het om hulle dogters by die Obermans te kom haal!

 Ons het deur Belgie na Frankryk gery, en daar was ‘n merkbare verandering toe ons oor die Belgiese grens ry… ek kan nou nie onthou wat die Belge se stereotipe is nie, maar dit kan dalk iets te doen he met sloppiness :P Die pad was dadelik slegter (vol patches en so) en die bome, wat byna komieklik regop en netjies uitmekaar gespasieer gestaan het in Nederland (ALLES is bepland en beheersd in Nederland) was sommer skots en skeef; meer bosse as bome.

 Ons het vir middagete en ‘n bietjie sightseeing gestop in Antwerpen. Die stad, vol monumente en duidelik baie ou geboue (sommige gerestoureer en ander nie) was aan’t wemel van die baie mense! Ons sussies het ons eie roete ingeslaan en etlike straatmusikante en ander vermeek in die strate gesien. Ons het ook ons eerste Europese wafels gehad… hmm, hulle was nogal olierig.

Daarna het ons girls ‘n smakie gekry van hoekom die plek so besig was, dink ek… uitverkopings! Ons het ons in ‘n klerewinkel vermaak en ‘n paar regte bargains gestrike, selfs volgens Suid-Afrikaanse standaarde. Daarna terug in die kar gespring om vinnig Parys te bereik… met al sy verkeersknope!!

 Die pad in Parys in was een lang verkeersknoop en ons het seker ‘n uur of meer vermors tussen die grootpad en ons slaapplek. Maar dalk was dit goed, want op pad het ons uit ons Let’s Go France-boekie nog heelwat wys geword van wat ons wil sien en oor Frankryk se geskiedenis. Liewe land, sedert die Rewolusie het dinge maar nog heeltyd rof gegaan daar! Hierdie stretch sedert 1945 is seker die langste wat daar al sedertdien vrede was…

Die Young and Happy Youth Hostel is baie cool! Super sentrale ligging in die middel van die lewendige Quartier Latin in Parys; lekker gemaklike atmosfeer onder, met drinks te koop in die yskas, en vriendelike mense wat daar werk. En yummm croissants vir ontbyt soggens! Ons kamer – presies wat ons beloof is en heel skoon en so – was egter maar ‘n bietjie beknop…

 img_4571.jpg

Maar na ‘n lang dag het ons glad nie omgegee nie. Ons het ons goed gedump en ons eerste, heerlike Franse ete gehad – minder as ‘n blok van die baie gerieflik geleë Hostel af. Ons het letterlik tussen die restaurante en bars gebly – baie gesellig. Ek en Marita het saamgestem dat ons weer hier sou woon as ons ooit weer hiernatoe kom. Mens doen in elk geval niks meer as slaap in jou kamer nie, so jy kan geld spaar op die verblyf en eerder vanuit hierdie lekker sentrale plek die hele stad verken en jou geld daar spandeer. 

Sondagoggend het ek, Mamma en Marita ons eerste Metro-trip aangepak om by die American Church in Paris te besoek (Frans is cool en als, maar ons wou graag ook bietjie kos vir ons siele kry, dis dié dat ons na ‘n Engelse kerk toe wou gaan).  

Dis ‘n interdenominational church – mense van allerhande takke van Christenskap dra by tot die predikante en gemeente. Die diens self was dus ‘n interessante mengsel van tradisie en vernuwing, ‘n mengsel tussen NG en Anglikaans is dalk die beste vergelyking. Die boodskap kon tot my en Rita en Mamma al drie spreek, en dis waarvoor ons immers daar was. Daar was ook ‘n flippen cool koor uit die Fillipyne wat toevallig die kerk besoek het… en WOW, dit was lieflik. Mamma het dit veral baie geniet. Hoe weird dat ek Fillipyne sou teëkom net toe my kerk op Stellenbosch vir ‘n conference daarnatoe op pad is? Sjoe, ek verland sommer Bos toe.

Hier’s ‘n fototjie van tee na die tyd. Check hoe multiracial is dit! Dis allerhande mense van oraloor die wêreld wat hulle om een of ander rede in Parys kom vestig het.

01072007091.jpg

 Ek het voor kerk al met Pappa en Liesel kontak gemaak… en Liesel het my meegedeel: “Um… ons het na die verkeerde eiland toe gegaan… so ons het die fietstoer gemis.” Hehe… dis seker vergelykbaar met die 10 minute wat ek op die Metro-stop spandeer het, wagtend op die aankoppellende trein, voor ek besef het dis net een roete wat by dié stop langs gaan!

In elk geval, Papp en Liesel het toe instede van die fietstoer Notre Dame gaan besoek. Hulle moet eintlik self hierdie stukkie kom tik, maar vir nou kan ek net sê wat hule al vir my gesê het: dit was baie cool; daar’s 422 trappe en hierdie gargoyle was Liesel se gunsteling…

 img_0206.jpg

Al die ander gargoyles trek lelike gesigte (ek dink volgens tradisie is hulle daar om die bose geeste weg te jaag – hehe – en soms ook om reënwater uit hulle monde te spoeg sodat dit nie teen die gebou afloop en die stene vlek nie). Maar hierdie minster is net… plein…verveeld. Of dalk ‘n bietjie mismoedig? In elk geval. Liesel het dit ge-dig. Hier’s nog ‘n Notre Dame foto – hierdie een uit ‘n boot geneem.

img_0240.jpg 

Toooeeee… die Groot Gesukkel.  Met die selfone sonder airtime – sien my post getiteld “Franse fantasieë en frustrasies”. Die feit dat dit Sondag was, het alles vererger, want Franse – soos Hollanders – werk nie op Sondae nie. Die geld kan nou maar in klante se sakke bly. Hulle chill nou eers. Die gevolg is dat ons byna nêrens aritime kon kry nie… en toe werk die airtime in elk geval nie… en, wel, dit was ‘n huge gesukkel. So toe ek, Mamma en Marita dus toe uiteindelik vir Pappa en Liesel in die hande gekry het en met hulle afspreek om hulle in die Tuilerie (die pragtige strook tuine voor die Louvre) te kry, was ons al lekker bitchy en moes ons erken ons kan al drie baie leer uit die ervaring t.o.v. geduld en samewerking!

Hierdie pragtige gesig het ons gekalmeer in die Tuileries:  

img_4528.jpg

Die fonteinpoel is vol lasplappie-bootjies; wanneer die bootjies naby die kant kom, stuur die jong eienaar daarvan hom weer in ‘n ander rigting. En toe kom Pappa en Liesel, both in high spirits, en ons drink ‘n koeldrankie en alles is sommer beter. Boonop het die son weer begin skyn na die dreigende paar druppels die oggend.

So teen aguur die aand – met ander wooorde, helder oordag – het ons op ‘n groooot toeristeboot op die Seine gery – onderdeur al die verskillende brûe en verby verskillende dele van die stad. Die Seine is veel breër as die … Amstel? waarop ons dieselfde tipe ding in Nederland gedoen het. Onder die brûe was daar gereeld ‘n hele huisvestinkie te siene – daar’s baie boemelaars in Parys. Like, why? Ek’s seker nou onkindug of iets, maar liewe land. Ek dog elke mens wat ‘n mens is, kan werk kry in Frankryk. En hierdie boemelaars is ook nie regtig arm nie. Goed geklee en allhernade besittings. In Suid-Afrika, waar daar werklik nie werk is nie, is dit ‘n heel ander storie.

 Okay… genoeg vir vandag. Marita moet iets op die Internet doen… sy het soort van nie ‘n paspoort by haar nie en die ding arriveer nou nie in die pos soos hy veronderstel was nie.

Hier’s nog net twee foto’tjies om jou te vermaak.

img_0272.jpg

img_0279.jpg

Advertisements

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s