O jissie!

Hallo almal!

Ons is in Italië en dis lieflik! Ek het net 1 minuut oor voor die inet cafe toemaak… gaan ek dit maak om hierdie ding te post?

Ons eet heerlike roomys! Ons stap langs die kus en ry trein. Ons slaap laat… ons koes vir karre in die FLIPPEN nou straatjies!

 Vinnige storie…

Vanoggend toe vind ek en Lili en Marita die strand is pragtig vol sonsambrele en hoewel daar ‘n hekkie is, staan dit oop en al die mense loop net in en gaan chill op die sonstoele. Hoe cool? En ons het lekker gaan swem en ons boekies gelees… en toe kom staan daar hierdie hot ou by ons. En ek dink soos, o okay, ek dog daar’s iets fout met al hierdie Italianers, maar hier kom flirt een uiteindelik met ons. Watse pick-up line gaan hy try?

“You can’t sit here.” Hmmm… nog nie daai een gehoor nie. Is dit soos “Did it hurt?” wat net ‘n interessante aanloop tot ‘n kompliment is?

… “Excuse me?”

“The beach is full; you can’t sit here.”

En toe begin dit stadig deurskemer, met behulp van Hot Dude se gebroke Engels, dat mense hierdie plekke bespreek en dat ander mense net daar mag sit mits daar nog oop plekke op die strand oor is. So toe pak ek en M en L maar ons goedjies op en gaan soek ‘n spot op die overcrowded “publieke strand” sonder sonsambrele ‘n entjie verder…

 Hehe.

Anyway… ek wil darem net byvoeg dat Italiaanse mans veels te olierig lyk vir my, en hulle hare te lank dra (ja, dit is moontlik). En hulle styfpassende hemde is regtig nie so cool soos hulle dink nie.

Ek mis Pieka!!!

Advertisements

2 responses to “O jissie!

  1. ciao!dit was baie lekker gewees om julle te sien!..selfs as ons mekaar nie eintlik goed ken nie!aaaa!!! inelkgeval baie dankie dat julle gekom het! italie is maar bietjie vol hierdie tyd van die jaar..!waar was julle orals gewees hier?tot later!!ciao ciao!!=)

  2. en jou Pieka mis jou

    nogal al meer elke dag soos die stukkies van my lewe wat vol ge-cara was begin oopspoel. eks bly om te hoor julle vakansie so lekker. Geniet dit! jou blogs lê nou uitgeprint op ons sitkamer koffietafel.
    j’ai besoin de nos chemins qui se croisent!

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s