Ou nuus

Haai!

Hier’s nog ‘n paar indrukke van Frankryk.

Hier’s ‘n quote om jou te vermaak terwyl ek my gedagtes agtermekaar probeer kry.Marita: (kaart in die hand) Kyk, ons is hier, ons moet nou solangs stap. Hierso Liesel, wil jy kyk?

Liesel: Nee dis okay… ek weet ek was nog nie hier nie.

***

Cara: Hmmm… as jy dan nou harde brood gaan eet, is hierdie seker van die betere opsies.

***

Okay so laas Sondag het ons super erg gesukkel om airtime te kry in Parys; Pappa en Liesel het Notre Dame besoek en ons het almal saam ‘n bootrit en ‘n lekker aandete gehad.

Maandag was Eiffeltoringdag vir die sussies en Louvredag vir Pappa en Mamma.

Dis ongelooflik hoe tydrowend alles is… mens dink jy gaan gou op ‘n Metro spring en oor 15 is jy by die volgende plek… maar stede is groot, selfs as die Metros reguit ry… en om van een Metro op ‘n ander te klim, verg ook tyd… en weet jy, ek weet eintlik nie WAAR al die tyd heen gaan nie. Maar mens kry nie maklik meer as twee goed in ‘n dag nie. Hierdie dag, byvoorbeeld, het ek net die Eiffeltoring, die Pompidou en ‘n restaurant besoek, toe is dit donker (met ander woorde dit moes VREK laat gewees het).

Die Eiffeltoring se ry was, 11h in die oggend, so lank dat ons omtrent ‘n uur in die ry moes wag, en toe nog so 30 minute om vanaf die tweede vloer tot op die derde, hoogste, vloer te kom. En nog seker 20 minute vir die afgaan. Hmmm… dalk is dit waar mens se tyd heengaan… Maar weet jy, ek’s vrek bly ek het dit gedoen. Dit was baie mooi van daar bo af… en buitendien, nou kry Pieka twee briewe gestempel “La Poste, Tour Eiffel” en ek dink dis nogal nifty.  So lyk Parys uit een hoekie van die Eiffeltoring…

 2007-07-13-178.jpg

Pappa en Mamma het nie veel te se gehad oor die Louvre nie behalwe dat daar regtig baie skilderye is – so baie dat dit jy eintlik nie weet watse kant toe nie, behalwe om die Mona Lisa te gaan kyk. Ek dink ‘n toergids sou ‘n goeie idee gewees het daar binne… Of, soos ons in Amsterdam met die Rijksmuseum gemaak het, so ‘n stelletjie oorfone met (Engelse!) inligting oor die skilderye. Verryk regtig mens se belewenis van die hele storie.

Die Pompidou… wel, dalk moet ek eers gou vertel dat ek met groot smaak en entoesiasme Bill Bryson se boek oor sy toer deur Europa vir die gesin voorlees. In die motor veral is dit baie lekker. Dis baie snaaks… baie snaakser as “A short history of nearly everything”, ek dink omdat hy hierdie keer ‘n storie vertel in plaas van om ‘n uitleg van feite te gee. Anyway. Sy stories oor Parys sluit ‘n stukkie oor die Pompidou-sentrum in. Hy sê die gebou is al wyd gekritiseer; mense sê dit lyk of die gebou sy binnegoed opgegooi het. Ek kan nogal verstaan hoekom. Beslis ‘n interessante gebou om te sien, maar nie mooi nie. Darem bietjie kleurvol ook; die verskillende pype is verskillende kleure.

Die Pompidou is die Moderne Kunsmuseum en ek wou dit graag sien om te sien of moderne kuns regtig so belaglik is soos almal sê. Dis beslis NIKS soos ou kuns nie. Jy’s lucky as daar ‘n mens feature… dis amper onmooontlik om ‘n mens te vind met al sy ledemate. Behalwe vir die mense wat so gewoon is (en van wie daar sommer fotos geneem is) dat jy REGTIG nie verstaan hoekom dit enigsins kuns genoem word nie. Ek en Marita en Liesel het gedwaal en gedwaal vir seker 2 ure… elke slag dink jy jy gaan die betekenis agter hierdie een verstaan. En dan nie. Daar was een waaroor ons almal kon saamstem dat hy mooi is. En baie van hulle moes obviously baie lank gevat het om te maak (etlike kunswerke beslaan ‘n hele vertrek; byna geen is net ‘n 2D-beeld nie). Marita sê sy’t dit nou uitgefigure: die kuns is nie om die ding te skep nie. Die kuns is om die ongelooflike random IDEE te hê om die ding te skep.

Daarna het twee jong Franse outjies ons vermaak buite die Pompidou. Hulle was baie animated en lekker om te kyk en veral Mamma het hulle geniet.

02072007099.jpg

Hierdie dude het hulle so baie geniet dat hy sy stoeltjie gebring het en so half deel van die audience, half deel van die show was.

Woensdag is ons fort na Grenoble! Dit was ‘n mooi koel dag en ons het langs die pad by ‘n klein outydse Franse dorpie gestop. So pragtig Europees! Die cobblestone strate; die netjiese, kleurvolle tuintjies; die hoë geboue; die uithangbordjies. Lieflik.

 04072007114.jpg

  Daar het ons aangesit vir crêpes in ‘n ou, effens vervalle plaashuis waar ‘n groot Franse plattelandse vrou, klaarblyklik die eienares van die huis, ons bedien het. Sy was… wel, vol selfvertroue. Toe ons haar vra om iets vir ons in Engels te verduidelik, het sy eers ‘n lang sug gegee en toe skielik soos ‘n koei gemoo. Ja, regtig. Na ons oor die ergste skrik gekom het, het ons besef dis omdat Mamma iets van die vleis gevra het. Die vrou het aangegaan om (in Frans) te verduidelik, die soort vleis waaroor Mamma vra is nie die grote nie, maar die kleintjie… Tot Mamma (wat verstommend goed volg wat mense in Frans sê) geclick het dis kalfsvleis. O, okay… hehe. Ons kon nie help om te lag nie. Ek dink die vrou het saam gelag :)

Advertisements

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s