Achronologiese scraps…

Na die besoek aan die pragtige klein dorpie (Mamma kon my herinner aan die naam: Vezenay) het ons bietjie laat by ons niggie Bianca in Grenoble aangekom. Sy swot; haar man (David; hy’s Frans) werk in Grenoble. Dit was baie cool om haar te sien, want ons het laasjaar by die troue laas. En om haar bietjie op haar home turf te sien vir die eerste keer in… 5 jaar? Dink ek. Sedert hulle uit Stellenbosch getrek het.

Die eerste aand in Grenoble was nat. Ek dink dis die kernwoord. Ons het natgereën op twee tremstasies na die restaurant toe en twee terug.

Maar… die yummy kos en die sangria het daarvoor opgemaak! Die klein plekkie waarheen sy ons gevat het, is ‘n Tappa, of so iets, en die kos noem hulle kebabs, maar dit is glad nie. Dis klein bordjies met klein porsies yummy goed en mens bestel ‘n paar meer bordjies as wat daar mense is en dan deel mens. Yummmm.

Die volgende dag het Bianca ons teen die Bastille uitgevat – nie die een wat die gepeupel in Parys afgebreek het nie, nee. Ek het self bietjie gewonder of my geskiedenis in ‘n maand so kon verroes. Maar nee; ‘n ander fort met dieselfde naam wat nog pragtig intact staan sedert die Romeine se tyd. Die hele Grenoble is besaai met gedenkwaardighede uit die Gallo-Romeinse era. Dit was vir my SO cool. Asterix-wereld!

Maar ons moet nou ry na Venesië :( So dis ongelukkig al waarvoor ek nou tyd het.

 Deur Nelleke:

Donderdag 12 Julie – ons eerste dag in Rome

Dis ‘n helder somersoggend onder die dennebome, dit voel soos somer op Stellenbosch. Ons eet ontbyt by ons huisie met gebruikte A4-papier as borde, ‘n handdoek as tafeldoek, die plastiekglasies wat ons die vorige dag by die Autogrill present gekry het en die messegoed wat ons gehou het dnadat ons pizza geëet het! Kossies wat ons by de kampwinkel kon koop. Cara en Marita bestee ‘n rukkie by die internet, toe neem ons almal die bus en treine en stap van daar na Piazza dei Fiori – ‘n vrolike mark met blomme, vrugte, groente, asook T-hemde en voorskote met drukwerk oor Rome/Italie daarop. Ons koop sandale, geskenkies en heerlike vrugte en gaan dan in verskillende rigtings.

Dis baie warm, Liesel besluit om huis toe te gaan.Dit word vir haar ‘n frustrerende dag: sy het onder andere

* eers die trein na die verkeerde kant geneem,

* van die bus afgeklim toe sy te onseker was of sy op die regte roete is net om uit te vind sy is een stop van ons kampplek af, toe moes sy 20 minute wag vir die volgende bus om haar daardie ent te neem

* toe sy klaar die spyskaart bestudeer het en ‘n bordjie chips bestel by die kamprestaurant, hoor sy hulle kan haar net ‘n toebroodjie gee, want die kombuis maak eers 19h30 oop

* by die swembad gekom, stuur hulle haar weg om eers ‘n swemkep van E3.50 te koop, dan moet sy haar voete en skoene afspoel in ‘n ontsmettingsmiddel en onderdeur ‘n stort loop en DAN kan sy swem… as sy nog wil!

Advertisements

One response to “Achronologiese scraps…

  1. explorer reporting!

    wow, klink of jou tyd baie kleurvol is. jy moet dit baie geniet! lief jou ***

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s