Full circle

Raai wie’s terug in Nederland?

Ons getrouste blogleser, Omoes (Hanneke Hugo) is reeds bewus daarvan, maar in die hoop dat iemand anders actually hierdie ding lees: ons is vanaand terug in Nederland, die sussies in Wageningen en die ouers in Reenen by Tante Pettie.

Ons reis het dus so verloop: NEDERLAND: Wageningen; Amsterdam. FRANKRYK: Parys. ITALIë: Monterosso al Mare; (Toskane); Rome; Venesië. FRANKRYK: (Belfort). NEDERLAND: Wageningen/Reenen.

Nogal ‘n trip! En ja, jy’t nog super min daarvan gehoor! Pappa stem nie saam nie; hy’s oortuig ek ly aan ‘n onvermoeë om op te som en dis hoekom ek so agter is. En dus dink hy jy’t al super baie oor super min gelees. Maar my Pappa het nog net een van my blogs gelees, dus steur ek my nie veel aan sy opinie nie!

Laaskeer toe ek behoorlik geskryf het, het ek jou vertel van Grenoble en Bianca se flat en die Bastille. By Bianca het ons sussies verder net heerlik gechill – lekker laat geslaap ook een oggend!

2007-07-13-012.jpg 

 En Pappa en Mamma het in Chartreuse geslaap, ‘n klein dorpie teen die berge op langs Grenoble. Nou, draaierige paadjie tot daar, maar 100% die moeite werd. ‘n Pragtige gastehuis in die Alpe. Gite du chant de l’eau: Gastehuis van die Lied van die Water. Klaarblyklik het hy sy naam te danke aan die cool watertrog-goed rondom die huis. Moeilik om te beskryf. Waar het ons daai foto gesit?..

Colette en haar man kweek baie van die kos wat hulle voorsit, self: slaaiblare en allerhande groentes en cranberries en ganse en hoenders en hase en so aan. Dit het die gevoel van ‘n uiters netjiese, berwerkte kleinhoewetjie, met ‘n lieflike uitsig oor die berge en die groen heuwels. En natuurlik, soos oral in Frankryk, kleurvolle blommetjies en groengroen gras en vrugtebome orals. Die idee het my getref dat ons Suid-Afrikaners random bome plant waarteenoor die Europeërs dikwels bome plant wat gaan vrug dra, wat ‘n baie lekkerder strategie is. Dalk staan meeste vrugtebome nie ‘n kans in ons weer nie? Hoekom anders plant enigiemand ‘n doringboom in plaas van ‘n perskeboom?

Ek, Marita en Liesel het die Vrydagaand ook daar oorgeslaap, en ek’s baie bly ons het. Marita het maar gewag tot die volgende oggend voor sy my en Liesel ingelig het dat daar wolwe in die heuwels is! Anders sou ons dalk nie so gerus geslaap het, met die donker grasperk net buite ons kamervenster nie.

 In die Gite het Pappa ook Asterix and the Laurel Wreath teëgekom en met groot genot gelees. Ek wonder of hy daaraan teruggedink het in Rome.

Maar ons eerste kennismaking met Italië was nie Rome nie; dit was Monterosso al Mare, ‘n klein historiese kusdorpie soort van op die knie van die stewel van Italië. Ek dink Mamma het bietjie hieroor geskryf. Cinque Terre is die versamelnaam vir vyf klein dorpies teen die kus, waarvan Monterosso die coolste swemstrand het.

09072007148.jpg 

Ons het in ‘n gastehuis gebly met ‘n luukse stort en air conditioning en sagte grassies om op te tan of kaart te speel. Die jong vrou wat ons ontvang het was effens nors, maar ons het ons nie laat steur nie – daar het vir ons ‘n somervakansie voorgelê!

10072007158.jpg

Daardie naweek het ons vertroud begin raak met die ins and outs van Italiaanse restuarante, en dit was oor die algemeen ‘n plesier. Behalwe dat ek nie weet hoekom enigiemand ooit “red salad” op hulle pizza sal wil eet nie. Ek dog dis rooirissie of iets, maar dit was meer soos bitter kool. Ugh.

Verreweg die lekkerste munchies in Italië is egter gelato. As jy ‘n Stellenboscher is soos ek, dink gou aan daai klein Italiaanse roomysplekkie naby Java? Wel… daar’s so een op elke straathoek. Die lekkerste roomys in enige kleur en geur. Die Franse het ook gelateria gehad, maar het nie so ‘n obsessie daarmee nie… hulle dink seker dis ongesond of iets… Italianers gee hulle eenvoudig oor aan alles wat lekker en jolig en genotvol is. Marita sê sy’t dit uitgefigure: die kosgevare in Italië is nie die pizza of die pasta of die brood nie… dis die roomys om elke hoek wat die gevaar inhou vir gewig optel!

Ons het ons verkyk aan die Italianers se strande. Dis regtig op ‘n miljoen maniere anders. Een belangrike puntjie wat die toerboek en die gasvrou by die gastehuis nie genoem het nie, is dat daar sulke goed soos “private strande” bestaan… soos ons drie sussies embarrassingly agtergekom het. Maar daaroor het ek reeds geskryf. 

 Nog ‘n verskil is die water.  Louwarm en so rustig soos ‘n dam, net bietjie souter!  Dit was cool… vir ‘n rukkie. Toe is dit net… mak. Geen branders om te dodge nie; geen heldhaftigheid benodig om in die koue water te bly nie. En die sand… grouerig grys, en op een strand letterlik ronde klippe, nie een kleiner as jou vuis nie, waarop die mense op hulle handdoeke lê. Ja, regtig.

Hier hou ek eers op, tot more, wanneer ek sal verslag lewer oor die Meintjes-sussies se opinies oor die Italianers self.

seesterretjie-kleiner.jpg

Advertisements

One response to “Full circle

  1. Ek wil ook erken word as i gereelde blog-leser :P !
    Jis, daai plekkie in die heuwels klink storieboek…idealisties. Hmmm. En wolwe, ekt gedink iets soos wilde diere bestaan slegs in dieretuine in Europa. Wil jy nou meer!

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s