´n Halwe eier…

Hierdie blog wil ´n bietjie jammer sê. Die vorige blog (full circle) speel af in Monterosso al Mare – ons eerste . Daarna het ons nog Rome, Venesië en Belfort besoek, en weer vier dae in Nederland. Jy´t dus net ´n gedeelte van ons roete met ons meegemaak! Maar… ek hoop ´n halwe eier is vir jou beter as ´n leë dop, en dat jy nie, soos Langenhoven, reken hierdie halwe eier is vrot nie. Ek het die blogging in elk geval geniet. En Mamma het nog ´n bietjie wat sy seker in due time vir my sal aanstuur om te post (al is dit dan ook lank) Maar voor ek afsluit, darem…nog ´n klein bietjie storie.

 Rome was… snikwarm, vol toeriste, en tog vol van die mees geskiedkundige geboue dat mens dit tog maar weer vir iemand sal aanbeveel. Ons het in bungalo´s gewoon, 18 km buite Rome, op ´n kampeerterrein met die naam Camping Fabulous. Ek sien nie ´n punt daarvoor behalwe om toeriste te huisves nie… dis darem ook net ´n halfuur se ry see toe. Die bungalo´s was klein, maar skoon.

 Pappa het die vorige aand, in San Gimignano in die Italiaanse platteland, verskriklik baie geniet: ons het oornag op ´n klein gasteplasie, waarvan die gasvrou kon Engels praat, maar haar ouers nie. Sy was nie daar nie. So toe praat ons gebaretaal met ´n regte classic ouer Italiaanse oom en tante: Guiseppe en Rosa. SO cool! Tussen Mamma se Latynse en my Franse kennis deur (en ons almal se handgebare) het ons actually ´n heel lekker gesprek gevoer. Hulle voer practically bestaansboerdery daar, dis amazing, hulle het ´n klein bietjie van alles. Ook, tot Pappa se plesier, wyn! In ´n klein keldertjie op die werf. Vino, vino, sê Pappa en Si, si sê oom Seppie. En so koop Pappa toe vir ´n breukdeeltjie van die prys wat wyn in ´n winkel sou koop, ´n bottel rooi en ´n bottel wit by oom Seppie.

Hierdie foto is dus die verdere genieting van die eg Italiaanse belewenissie in San Gimignano… en dit wys ook vir jou dat ons maar vindingryk moes wees met hoe ons die wasgoed ophang. Ek poke agter die wasgoed uit in die spieël agter Pappa.

img_0021.jpg

Hier´s nog ´n vindingryke skepping van die Europeërs in straatjies wat eintlik vir voetgangers en hoogstens perde gemaak is, wat ons baie geniet het.

img_0028.jpg

Die foto het ons in die markplein Campo Fiori in Rome geneem.

 Ons het ook die Trevi-fontein besoek. Pragtig. En ons het randomly twee Afrikaanse meisies van my en Marita se ouderdomme ontmoet! Ons staan nog so en praat, en skielik vra iemand langs ons, heel vriendelik, “So van waar af kom julle?” Ons het lekker gesels. Die fontein is regtig mooi saans. Maar baie toeriste.

Die Trevi fontein was Liesel se favourite in die boekie voor die tyd, en ek dink nogsteeds.

img_0014.jpg

Die volgende dag het ons die Vatikaan besoek – hmm… interessant; by tye indrukwekkend. Dit het my finaal oortuig dat my opinie van die Rooms-Katolieke Kerk… nie gevorm kan word voordat ek met regte RK mense vriende gemaak het nie. Want die kerk was cool, maar kon my nie ´n idee gee van enigiemand se werklike lewe nie, behalwe dalk die Pouse s´n… Die Sistynse Kapel is pragtig, maar ek´s baie dankbaar vir die toergids wat vir ons bietjie ekstra info gegee het voor die tyd, anders sou dit maar min beteken het. Oor die Pieta is ek baie bly. Dit was pragtig.

blog-005.jpg

Wel… daar´s nog baie om oor Rome te sê. Die eerste aand het ons te laat ´n trein begin soek en op die ou end ´n taxi moes neem. Een ander aand het ons by die see probeer kos kry en ten slotte moes lag vir die waitress se gebrek aan Engels (sy´t heeltyd ander waiters gaan vra om te help!) … ai ons was ook so moeg van die dag dat ons nie eintlik kon worry nie. Ons het ook natuurlik die oue reünes gesien. Mens word heeltyd in Rome omring deur geskiedenis! 

Maar ek wil graag gou na onlangse verlede skip. Hier´s hoe ons soms op reis daar uitgesien het:

blog-006.jpg

En (skip Venesië, skip Belfort): hier´s ons aan die einde van ´n heerlike vakansie by Ekeby, die Obermans se wegkomplek naby Holten in Nederland. Ons en Heiko en Steffan en Foppe en sy kids Hanne en Aaron was vir die naweek daar, en vandag (Sondag) het tante Pettie ons gejoin, met haar seuns Michiel, Frank en Edo. En Juliette. Dis eintlik nogal besonders; die Oberman en Moll-kante van die familie het mekaar in hul lewens nog heel min gesien. Dit was pragtig in die woud, met die enkele groot ou huis net vir onsself. En die son het plek-plek uitgekom (dan skuif almal buitentoe, tot dit weer begin reën, hehe!). En ons het Pieka se speletjie, KoeDOE, gespeel, tot groot vermaak van veral Aaron.

blog-014.jpg

Tip vir Omoes, wat graag foto´s bestudeer: kliek op die foto om dit te vergroot.

Nog tweetjies, en dan moet ek gaan slaap: More vlieg ons terug na Suid-Afrika! Totsiens, Europa!

blog-015.jpg

blog-010.jpg

Advertisements

2 responses to “´n Halwe eier…

  1. Hi Cara

    Wat ‘n gesellige blog!
    Ek hou veral van die laaste foto met die mooi sonsondergang en silhouette.
    Voel ‘n bietjie asof die woord “FIN” binnekort op die skerm sal verskyn…

  2. Hmm… ek wonder of jy Anton my oom of Anton iemand heeltemal random is. Hoe dit ook al sy, ek’s bly jy geniet dit. En ja… jy kan jou maar ‘n FIN in die agtergrond van die laaste foto indink… my storie is verby. Mamma gaan nog bietjie skryf, maar hierdie Cara moet vinnig begin aan die gang kom hier op Stellenbosch!

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s