smartie-warrelwind in ‘n tuimeldroër

ek kan regtig verstaan dat belangrike/slim mense mal raak. ek’s nog net 2 jaar op universiteit en al klaar kan ek nie twee sinne reguit dink nie. voel ander mense meer gebalanseerd? is geloof my eintlike kwessie? of versoening van geloof en intellek? versoening – ha. dalk is dit my skynbare onvermoee om enigiets kreatief reg te kry. ek’s bly ek blog uiteindelik weer, albeit dan so, soos ‘n mal mens. dis dalk die realste wat dit kan wees. my gebed gisteraand was ook so real dit het my skoon onverwags gevang, nie geweet wat ek eintlik alles vir God wil se nie. en toe vandag met my agnostiese vriendin… en sy lyk of sy meer vrede het as ek. net bietjie, en vir die eerste keer, maar tog. dalk gaan my lewe nie oor vrede he heeltyd nie, maar oor op ongemaklike plekke wees en dan groei… dis waarvoor ek gebid het. ek het die Gees nodig in my hart… om te troos en te versterk. teen wat; vir wat? ek weet nie… ek weet net ek het Hom nodig. hoe lewe enigiemand op aarde in ontkenning van Hom?

as ek net ‘n liedjie kon skryf.

maar dalk sal ek. ons begin met ‘n spanpoging, more. ek, bernard en elzeth. ek het darem lirieke om by te dra – op kitaar- en sang-gebied is hulle onderskeidelik verreweg my meerderes… maar dis okay.

ek’s nie bang nie.

Advertisements

2 responses to “smartie-warrelwind in ‘n tuimeldroër

  1. hmm cara jou bui gisteraand hou my kop besig. ek hoop dit was darem op die ou end genoeg vir jou – dit was definitief vir my…eks bly om te sien dat jy ook weer blog. dalk join ek jou weer binnekort en dan is jy nie meer die enigste een wat blog nie :). ons moet nog daai creamcrackers eet. dalk kan ek dan sinvolle kommentaar lewer.

  2. jissie, my skat… eks net so clueless soos jy.
    wat is die oorsaak van die gebrek aan vrede? waar lê die wortel van hierdie ding, en wat kan ons daaraan doen?
    Maybe is hierdie soos puperteit level 2 – waar die fisiese veranderinge verby is, maar die emosionele en intellektuele – en geestelike – aanpassings en veranderings wat ons ondergaan is so oorweldigend, dit spoel ons om. of dalk…
    ek weet nie.
    either way
    ek is hier saam met jou, hoor :)

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s