check

Wat Cara graag hierdie vakansie wil doen!

hmm

Lees Le Noeud de Vipères – Mauriac

x

En die ander boek

j

Skryf minstens 2 blogs

j

En ‘n liedjie!

hmm

CI proposal

j

Koop klere vir HK

x

Koop goedjies vir kamer

j

Europa Scrapbook

j

Sif klerekas

x

Stuur Happy 7 Jan smse

x

Sif deur boekrak

j

Ruil fone met Pa

j

Merk alle klere

j

Ruil hemp en paddavoete om

j

Vee ou emails uit

j

Skryf ou smse oor

Ek dink dis heel goed. Ek kon baie blokkies check (is daar ‘n regmerkie-simbool in Word??) en by twee grotes darem se ek het vordering gemaak. Ek het so… ongefokus gevoel… maar ek het ‘n klomp van die goed wat ek wou gedoen kry, gedoen gekry. More ry ek my karretije Stellenbosch toe, en ek hervat my studentelewe daar… in al sy besig-heid, in al sy vreugde, in al sy diversiteit van idees en leefstyle.

Iets groot wat nog glad nie gebeur het nie, is perspektief kry. Ek wil perspektief kry op twee maniere – eerstens, ek wil regtig by die Here gaan sit en Sy raad vra oor hierdie jaar. Ek sal bitter graag ‘n visie of ‘n woord of ‘n versie van Hom wil kry waarop ek hierdie jaar kan fokus. Dit sal my help om na iets toe te kan default; ‘n prioriteit waar rondom ek my keuses kan maak.

… My vriend finch sou my dalk aanraai om dit juis nie te doen nie; om van oomblik tot oomblik uit die Heilige Gees se hand se eet… om in elke situasie weer te vra wat vir Hom belangrik is; wat Sy wil is. Maar ek het ‘n huge behoefte aan ‘n bietjie rigting; ‘n bietjie helderheid. Ek sal maar kyk wat die die Here vir my wil gee wanneer ek by Hom gaan sit.

Die tweede ding is om al my Huiskomiteepapiere uit te sort en beplanning vir elke portefeulje – elk van my 8 – op skrif te kry.

Ek sien SO uit na die jaar! Nie alles is gereed nie, maar my hart is, al meer. Aaaah… ‘n kamer van my eie! ‘n Gang vol eerstejaars… hiehie… ‘n groen fiets wat orals rond zip, en ‘n Pieka om my hand vas te hou en om te deel. Finalejaar – o ja. Whatever (wat ‘n blessing dat ek nie hoef te worry daaroor nie). Vriendskappe wat stewiger word; seker ‘n hele paar nuwes (ag as ek net mense se name kon begin onthou!)… En sekerlik ook baie laaaat nagte se opstelle; emails tik; reelings tref. Serliedjies skryf? Ek hoop so… en vrees die pressure! Dalk… waarskynlik… ‘n sending-uitreik na Frankryk in Junie.

Een van die coolste goed waarna ek uitsien, is die “HK-lede moet daar wees” schlep van beleidsessies en brainstorms en vergaderinge met die main peanuts in die pakkie. Die mense wat regtig dink oor wat op hierdie Universiteitskampus aan die gang is, en met die HK’s (die on-site leiers) daaroor praat. The stuff revolutions (big and small) are made of…

Sjoe, ek verveel jou seker al. Nog net een ding – check my deurplakkaat. Ek en Finch het dit vanmiddag gemaak. Die woorde is die liedjie “Shine on Me” van Louis Brittz.

deurplakkaat

Advertisements

2 responses to “check

  1. daar swel iets in my as ek die woorde “my friend finch” lees. Ek hou baie daarvan. Dit laat voel iets so solid. So real.

    en hehe, die feit dat jy dit beskyf as “een van die coolste dinge waarna ek uitsien – daai ‘alle HK’s moet daar wees’ ” is selfstandige getuienis dat jy werklink gepas is vir HK wees.

    Mag ek maar so bietjie trots wees op my meisie?
    :)

  2. Ek het ‘n regmerkie simbool by die “insert” – “symbols” – “webdings” (3e ry, 10de blokkie) gekry vir word, maar ek soek een vir excell.

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s