still standing

“And the wonder of it all is I’m still standing

And the wonder of it all is we’re still standing – never planned it

and I wonder where I’ll be next year…”

Monday Morning, easily identified as Christiany by the style of the outro, made it onto secular radio with this song, Wonder of it all (Next Year). I love this song because every year, I find myself identifying with the lyrics again. Go ahead and google it.

Ek’s amper deur my HK termyn, en behalwe vir ‘n paar belangstellings wat uitgehonger en/of dood is (soos my prentjies-teken-gier), is ek lewendiger as ooit. Ek kan net terugstaan en sê wow.

‘n Paar nuwe onderwerpe het ook deel geword van my lewe. The TEAM (probably soon to be the Leadership Network) met ongelooflike inspirerende mense en groot drome het sy opwagting aan die begin van die eksamen gemaak – dankie Sam! Ek het ‘n jong vrou met die naam Nielen Bottomley baie beter leer ken en dis ‘n seën. Ek het per ongeluk verslaaf geraak aan Flight of the Conchords. Die nuwe Huis ten Bosch eerstejaars is vrek oulik – ek voel … trots? maternal? so iets… as ek kyk hoe lewenslustig sommige van hulle die wêreld aangryp! Maar hulle glip in en uit my lewe, unlike sekere ander HK’s se “A-list jarre”.

Die cool ding is, besig-wees het nie meer spanning in my lewe gebring nie, maar minder… ek het ‘n punt bereik waar ek besef het as ek met als moet cope gaan ek mal raak, en regtig oorgegee het. God was van daar af die baas. Ek stres nie meer nie. Geen stressimptome. Ek het gesond gebly dwarsdeur herfs, wat regtig nuut is vir my. Ek’s ook nie emosioneel uitgeput hier aan die einde van die semester nie. Vir eens het ek geen behoefte om stadiger te beweeg nie – om die waarheid te sê, ek kan nie wag vir my volgepropte vakansie nie! Namrock!

Daar was bietjie struggles ook tussenin. Dorette beleef ‘n rowwe semester (wat steeds aangaan terwyl die voorgraadse mense vakansie hou) en dis nie altyd vir haar maklik om te cope nie. Maar hey – dis cool dat sy so nou en dan kom oorslaap. Ek mind nie. Ek en Pieka het albei by geleentheid selfondersoek ingestel en agtergekom daar’s stuff in ons harte wat nie cool is nie (meer hieroor dalk onder “sussies” hierbo) en waaraan ons moes werk. Maar die gevolg was dat ons met mense soos Johan Aspeling en Linda Louw kon gesels.

Dis altyd die uitdaging – om te besef daar’s fout en actually iets daaraan te doen. Pieka is goed daarin.

Hierdie blog sal gou opgevolg moet word deur iets minder algemeen. Maar vir nou, oor die algemeen, is die lewe soet. Soli Deo gloria.

Advertisements

3 responses to “still standing

  1. Odd hoe sulke lyrics mens altyd bybly, en tog gereeld soveel verskillende dinge beteken.

    Ek neig al hoe meer na ‘n fase waar ek shamelessly include en exclude (@ “a-lsit jarre” verwysing), en sover werk dit nogals vir my. Ons almal include en exclude anyway, (we) might as well call a spade a spade.

    Jou dinges @ namrock.

    Hierdie jaar maak my oud. (and I wonder where i’ll be, next year)

  2. wow hoe’t ek ‘n klomp van jou ou blogs net gemis?? :) jis jy’s awesome!

  3. Hahaha. ek’s in ‘n blog. :-P
    Interessant om hierdie een te vergelyk met jou nuutste. Reinvention, rediscovery or redefinition? (klink na die titel van ‘n boek)

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s