dood en lewe

pitEk draf nou al elke oggend vir die afgelope drie weke. Met net enkele uitsonderings. Dis ‘n eerste in my lewe en ek LOVE dit… en dis tot ‘n groot mate te danke aan my draf-maatjie Enid! (Sy’s cool. En sy hou van dit en dit en dit.)  Ek sit eintlik nou hier en afkoel na ‘n lekker draf teen die rivier.

Dinsdagnag was daar ‘n verskriklike storm in Stellenbosch. Die bome het geruk; ek kon my venster nie eens op ‘n skrefie oophou nie; mens het gesukkel om reguit te loop in die wind. Die volgende oggend, met reen wat nog so haphazardly drup-drup, het ek sonder Enid gaan draf. Ek was hartseer en die ipod in my ore – hoewel troostend – het eintlik bygedra tot my gevoel van isolasie van die wereld.

In Victoriastraat (op die grasstrokie teen Wilgenhof) het iets my oog gevang, ‘n wit dingetjie op die gras. ‘n Pasgebore dooie hondjie, korter as die helfte van jou rekenaarskerm en witter as jou hande. Ek het besef ek het opgehou draf.

Wat doen mens nou? Hy was nog opgekrul, die kleinste kloutjies in die wereld opmekaargetrek, toe ogies. ‘n Vliesie was oor sy gesiggie; hy het seker versmoor. Dit het gelyk of sy ma eintlik die vliesie moes afgebyt het.

Sy ma. Arme verwilderde hond, seker met die koue donker rukkende storm rondom haar heeltemal verbouereerd toe sy skielik krampe kry. Ek wonder waar sy is. Ek was … seer op ‘n verslae manier. Met twee stokkies het ek hom opgelig en net uit die pad uit teen die boom neergesit.

Later die dag het ek ‘n appel uit Marita se kamer gesteel en gesit en eet terwyl ek lees van Popper en Kuhn en Van Niekerk. Die hartseer het al gelig. En toe sien ek een van die appelpitte het die kortste, kleinste worteltjie. Hy is besig om te ontkiem in sy appelbedjie. Ek het gou-gou al die pitte uitgehaal en nadat ek ‘n paar geeet het (mens doen snaakse dinge as jy konsentreer) besluit die res moet geplant word. So hier is hulle, in hulle nuwe bedjie, een sonder ‘n vel net om te kyk of hy kan. Hy’s die kleur van die hondjie. En hy kom reg.

Ek is nog hartseer oor die hondjie, maar die appelpitte het baie gehelp.

Hulle is nou twee dae oud.

Hulle is nou twee dae oud.

Advertisements

4 responses to “dood en lewe

  1. carakind, dis so ‘n mooi stuk! wow, baie dankie, ek waardeer ook ons draffies saam in die oggende. so saamsaam moedig ons mekaar aan. gaan dit baie mis as die eksamen verby is.

  2. raak elke keer my hart, selfs al het ek al die stories gehoor. jy’t rerig ‘n goeie skryfstyl! luv u!!!!

  3. Cara Meintjes

    Dee, ek dink ek gaan ophou vir jou stories vertel ingeval ek oor hulle wil blog ;)

  4. Haha @ comments :)

    Moet saamstem, dis opvallend hoe lekker dit is om jou te lees :)

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s