soul searching

Drie weke gelede het ek ernstig gewonder of ek nie maar liewer die Frankryk idee moet los nie. Dis soveel geld, en om alles nou vir myself gereel te kry in plaas van om net by Pieka in te val… ek het nie geweet of ek krag het nie. Maar my vriendinne Linke en Dominique is albei ervare jongmens-backpacker-werk-oorsee girls en hulle ogies het gevonkel toe ek sê ek oorweeg om nou maar alleen te toer.

En toe een aand toe ek lê en stres oor polwet, dink ek wow, ek sal SO lost voel op my eie, soekend na my backpackers in Parys of Put-sans-eau of wherever. En damn, dit sal goed wees vir my. Om `n werk te moet kry om vir dit alles te betaal, in 2009, sal ook goed wees vir my. So toe sê ek Pappa, ek gaan nogsteeds.

Die enkele swaarste kategorie in my rugsak is dus boeke. Theuns se The Shack; Francois se Disappointment with God, my eie Fight like a girl; my ma se Tuesdays with Morrie, Francois se The Screwtape letters, my Bybel, my notaboek, en my Frans-taalleerboek maar laasgenoemde was nou nie heeltemal vir dieselfde rede nie :)

Ek bly nou op die ou end meeste van die tyd tog by Pieka en sy vriende, en wel, dis moeilik, maar dis goed om oor stuff te kan praat soos ons met hulle worstel in ons harte. En prys die Here, die boeke is nie al bron van wysheid nie. Saterdagaand het ons uitgegaan saam met n meisie met die unfortunate naam Fanny, en ek en sy het diep cool dinge gepraat. My gehelp om tot `n paar beseffe te kom van waarvoor ek regtig bang is.

Ek het ook besef ek gaan tog maar sekermaak ek kom by Maureen uit. Sy’s die cool pastoor se cool vrou in Belfort, die dorpie waar Pieka klomp Christen-pelle het. Laasjaar het ons twee ure saam gespandeer en in daardie twee ure het sy soveel cool stuff vir my gesê. Dit was erg want sy’t dadelik reg deur my gekyk. Maar ek het besef ek moet nou maar sterk wees en huis soveel soos ek huil by haar, maar ek gaan haar nie vermy nie want hoekom de flip is ek hier. Die Here en al Sy kinders moet nou soveel as moontlik medisynes gee, om my vorige metafoor voort te sit. Natuurlik nie oordosisse nie, maar ek’s net drie dae in Belfort, dink nie dit sal ‘n probleem wees nie!

Ek en Pieka sukkel maar… dis nie asof ons vir mekaar kwaad is nie (behalwe elke nou en dan bietjie). As ek opgewonde is, wil dit met hom deel. As hy iets regkry, wil ek hom gelukwens. Ons love mekaar se geselskap en hoe meer ons dit love hoe meer moet ons terughou. Maar ons weet dis ‘n goeie seisoen.

My volgende blog sal minder mushy wees, belowe!

Advertisements

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s