treinsneeuski

sneeu

En treinry ook. VERAL as jy ‘n trein mis agv jou eie nalatigheid. En as jy dit anyway van die laaste groot Switserse dorpie af moet uitfigure soos jy aangaan… in Frans. En dit raak donkerder… en kouer… en dan… dan val daar vir die eerste keer in 22 jaar jaar die fynste, fynste sneeu op jou hare en die straatligte gaan aan die jy moet trap-trap om nie die ysige sypaadjie te gly nie.

Die Van Reenens het vandag gesplit. Na gistraand se heerlike kuier-aandete in die atmosferiese hotelrestaurantjie en die vroee inkruip, het Oom Johan, Iris en tannie Windred treine en trems gery na twee hotel/MBA-skole in die omgewing waar Iris dalk wil gaan swot. Ek en Tobias het… gaan ski!

Ek was verskriklik bang ek gaan ‘n absolute loser wees en niks regkry nie. Ek is maar ‘n baie versigtige ysskaatser en soos ek die ding gekyk het was ek die tweede stadiger dans-leerder in C-kruis :) Maar raai wat..? Dit was fine. Meer as fine… groot pret. Die instrukteur is awesome, maar selfs al is hy bereid om dit hoe stadig te vat, ek begin nou al self push en se ek het dit; kom ons beweeg aan na die vinniger, of meer dramatiese, of meer challenging stuff! En hy se ons is vinnige leerders. Dis SO ‘n rush. Dis veel cooler as enige ander vinnige sport-ding wat ek al gedoen het. Selfs perdry (dis nou MY opinie… weet nie of kleinsussie Liesel sou saamstem nie!).

Internet is egter duur hier. Gou-gou n fototjie of twee en dan is dit nou maar al waarvoor ek tyd het om te skryf, maar hierdie ervaring is soveel ryker as wat ek my kon indink…  Ek het vandag besef ek het altyd geweet God het somer en water en reen geskep. Ek ken daai stuff; ek’s vertroud met die God van waatlemoen en see. En selfs van woeste Stellenbosch-stormwind. Maar God is ook die God van ysige, suiwerwit koue, van sneeu wat soos geklopte room op die dakke le en verpoeier in jou hande. ‘n Nuwe kant om te leer ken. En ek lovit!

My eerste sneeu-engeltjie! Vinnig toe niemand kyk nie buite die restaurant.

My eerste sneeu-engeltjie! Vinnig toe niemand kyk nie buite die restaurant.

Unedited foto, deur venster van die bus geneem. Ek het nog nooit in my lewe soveel sneeu gesien nie. Kyk die huisies!

 

Ai, dis al waarvoor ek tyd het. En seker al waarvoor ek gaan geld he in Switserland ook. Ai.

Ag maar wie gee nou om oor jou? Eks op vakansieee! Leef nou, blog later.

Advertisements

One response to “treinsneeuski

  1. jy lat my smile

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s