carbonara

So ek’s alleen in ‘n dude se huis en ek kan nie onthou hoe lyk die dude nie. Pieka is vir ‘n interview by cool Franse mense wat krag opwek tegnologie ontwikkel hier in dieselfde dorp as die Christene wat hy so love (en ek begin spoedig verstaan hoekom). Ek is munchy en ek dink ons het alles wat ons nodighet in hierdie huis vir bacon carbonara. Ek gaan gou blog en dan gaan ek ‘n resep download.

Pieka het sy kommer uitgespreek, Saterdagmiddag toe ek hier aankom, dat hierdie klein underground kerkie bietjie noobs is as dit kom by tienerevangelisasie. Hy het my gewaarsku dat die flyers wat ons gaan uitdeel in die dorp, hulle nooi na ‘n rock show wat eintlik hoofsaaklik ‘n Hillsongs rock show is en hy dink nie die kerkie besef dat Hillsongs se konserte gewoonlik meer Christene bedien as uitreik na verlorenes nie (hoewel dit natuurlik ook happen).

Gelukkig worry ek nie om flyers uit te deel nie. Ek love dit om ‘n jong meisie te wees. Dis so maklik om vir mede-jongmense ‘n mooi smile te gooi en te sê “rock show, ce soir… c’est gratuit… l’adresse est là-bas!” terwyl ek die flyer uitgee. Ek hoop nie ek klink nou conceited nie? Dis lekker om gemaklik te wees met jong vreemdelinge en om maklik te glo dat hulle my aanvaar. En om te sien dis waar.

So flyers uitgedeel, warm chestnuts geeet (glad nie baie lekker nie) en yummm spookasem (in Frans, “Pappa se baard”. Ja regtig!) En gedink wat is die kans dat een van hierdie tieners kom. Dis nou tot die een meisie by wie ons toe daardie aand eet, ons vertel dat sy laas as gevolg van ‘n flyer na die show toe gekom het, na die tyd pelle gemaak het met sommige van die girls en nou ‘n Christen is.

O ja, en ek het nie besef hoe ongelooflik opgewonde al die jongmense in die kerk is oor die show nie. Dis maar hulle tweede een maar die musiek is regtig regtig goed! Een van die meisies waar ons aandete geeet het, het twee (nog) nie Christen vriendinne genooi om saam te eet voor die show en ek en Pieka het altwee genip toe die vier of vyf Christen tiener girls rond hop en spring en ‘n Christen liedjie sing nie. Die twee nuwetjies het maar net gesmile en… wat? Nie uitgefreak nie. En die musiek en munchies geniet by die rock show.

In ‘n land waar so min mense Christene is, het hierdie klomp “noobs” groter gemaklikheid met hulle radikale identiteit as baie Christene wat ek ken. Ons is so bang ons freak iemand uit. Dalk is dit omdat ons dikwels nie oop kaarte speel nie, ons wil half Christen secret agents wees en dan moet God die mense oorrompel wanneer hulle dit die minste verwag. En sure, daar is sommige mense wat sulke wye draaie rondom geloof hardloop dat jy hulle nie op ‘n ander manier as die secret agent manier gaan bereik nie. Maar ‘n gogga is mos anyway ‘n gentleman… en God ook? 

Meanwhile raak ons… skaam vir ons geloof en try heeltyd soos “gewone mense” lyk terwyl ons nie is nie.

Anyway, die rock show was ‘n groot sukses – in die klein lokaal was daar heeltemal genoeg mense om dit vol te laat voel en ten minste dertig was nuut. Jy dink dalk dis ‘n klein “oes” vir 1200 flyers maar op hierdie harde grond is dit volgens Nadia ‘n wonderwerk :) Dalk is daar nog ‘n Ophélie onder hulle.

Daar’s nog soveel om te vertel – van my besef dat, noudat hierdie vrouwees-issue regtig begin aangespreek word en in sommige plekke begin genees, ek eintlik skaam is om te dit alles bloot te lê in ‘n blog… en van my gesprek met Nadia oor die nood en ongelykheid in Suid-Afrika wat my opnuut in trane gehad het uit frustrasie en smart oor dit alles en hoe ek net besef het my lewe kan nie sin maak as dit nie iets doen aan Afrika nie – maar dis nou eers Google carbonara tyd vir my.

Advertisements

One response to “carbonara

  1. Liewe Cara Meintjes

    Al my prente in die heelal kan nie soveel opwinding bring soos een post van jou nie. Ek scrapbook nou maar die post om huistoe te vat vir later.

    Pudding!

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s