trouman deluxe

Ek het nou net aan iets gedink wat my nogal verras het. Ek het gesit en luister na pelle van my op Myspace. Hulle het ‘n CD en dis soos die ultimate verliefde-dude-aan-meisie musiek. Ek sou sê sêrmusiek maar dis mos iets heel anders op Stellenbosch. Hierdie musiek is die soort wat een ou in sy kamer vir ‘n meisie skryf, vir sy beste twee pelle aanleer, en dan gaan staan hulle onder haar kamervenster by haar ma-hulle se huis en sing dit vir haar. Dis regte cool musiek, ek lovit.

Soos ek sê, ek ken sommige van die ouens persoonlik. Dis die dat ek hulle nou so anoniem hanteer. En die een wat heel waarskynlik die songs geskryf het, is soos trouman deluxe (so ‘n uitspraak noodsaak natuurlik ook die anonimiteit). Sulke hot hare oor die oë, groot drome, en obviously musikaal. ‘n Lekker no-care attitude gemeng met ‘n opgewonde commitment tot die Here. Hiehie. Wonder of ek hierdie moet publish!

Anyway… die punt is, trouman soos hy is, so graag soos ‘n girl soos ek my in sy arms wil indink… ek wil nie. Sy lirieke – so romanties, soveel oor drome en herinneringe en foto’s teen sy muur… soveel passie uitgedruk, alreeds, dikwels in die afwesigheid van ‘n meisie en beslis in die afwesigheid van my.

So waar kom die passie vandaan? Uit homself. Hy’t heel moontlik ‘n prentjie van Die Meisie in sy kop of in sy multicolour geheue.

En toe ek sit en dink hieraan, toe besef ek daar’s nie veel waarde wat ek sou kon voeg tot trouman deluxe se ervaring van die lewe nie. Al die delirium van verlief wees, al die verlange, al die slow-motion oomblikke… hy ken dit klaar. In afwesigheid van my. Waarin sou ons indulge? Ek kan hom nie net join in sy avontuurwêreld nie… hy moet iets daarvan kan ontdek by my. In my. En ek love sy lirieke soveel dat ek twyfel of hy dit sal kan of wil doen.

So thanks but no thanks, trouman deluxe.

xwd

gdjdfgj

(Temptation to go meta on this blog… resisted successfully.)

Advertisements

4 responses to “trouman deluxe

  1. ek dink uit ervaring dat ‘n meisie/vrou so ‘n ou wat ‘n avontuur in die hart en ‘n mission in gedagte op ‘n baie baie betekenisvolle manier kan vervul / komplimenteer deur hom net lief te he en sy vrou te wees…
    ‘n ou wat wild genoeg is om te droom oor ‘n avontuur dink ek nie sal te set in sy idees wees om sy drome / gedagtes aan te pas, te verander en te vernuwe na mate hy jou hart leer ken, jou hoor praat en geinspireer word deur jou terwyl hy lief word vir jou nie… geen ou is beyond om betower te word deur ‘n vrou nie… en dis baie baie wonderlik…

  2. Hier kry ek jou uiteindelik! :lol:

    Nee, kyk, ek stem saam met jou. Jy sal kompetisie he. Vat eerder ‘n siel wat nog nie liries oor die liefde en lewe is nie, en dan vat jy HOM tot sulke hoogtes! :mrgreen:

  3. aa-haa-haa-haa-haa! u r killing me! ek kan een so ‘n ou raai, maar … tog dink ek nie dis hy waarvan jy praat nie! grr ek wil weet!

    :)

  4. ps. dankie pieka, het nou na die tyd eers jou comment gelees. jy gee my hoop ;)

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s