shoprite

Dis amper sesuur. Ek huiwer bietjie; vra die sekuriteitswag hoe laat Shoprite toemaak. Oor 5 minute, se hy, en ek besluit okay. Ek sal vinnig shop. Wat gaan hulle doen – my uitskop? Dis mos… ondenkbaar. Of hoe.

Mens het mos maar jou basics nodig. Brood, melk, hmmm die cheap chocolate in die reuse boks in die gangetjie. Een van die Cokes wat hulle – schneaky! – by die tellers in yskaste hou. Ilse, vriendin van my, staan twee plekke voor my in die ry en ons gesels heerlik oor die arme tannie in die middel se kop totdat Ilse voor in die ry is, betaal, vir my waai en wegstap. Ai. As ek maar geweet het.

Ek is die tweede laaste in my ry en die sekuriteitswagte het solank al die deure behalwe ‘n laaste een gesluit. Dis 18h20 en ek neem my weer voor om tog ‘n ander supermark te kies wanneer ek ooit haastig is. Uiteindelik voor gekom, haal ek my twee winkelsakkies baie trots uit. Ek vergeet hulle altyd! Help sommer solank in die sakkies pak. Hmmm die sjokolade. Kom ons haal hom uit; delayed gratification was nog nooit my ding nie! Ek vat solank ‘n hap terwyl die dame die laaste goed swipe.

Dis ‘n ou gewoonte om goed in die winkel al te begin gebruik – van die klere wat my ma my kleintyd sommer laat aanhou het as ons besluit het om hulle te koop, tot die koeldrank wat sy sommer vinnig by ‘n personeellid verduidelik ons netnou voor sal betaal. Sommige mense sou nooit so iets doen nie, maar mamma Nelleke… wel… sy het immers met haar voete op haar dominee-boyfriend se pastorie-sitkamerbanke gesit. (Hy het vinnig besluit dit sal nie deug nie en vir hom iemand meer nervous gevind om sy lewe mee te deel. Sy verlies!)

Tyd om te betaal.

Betaal.

En toe besef ek ek het geen beursie tussen die plastieksakkies gesien nie.

Ek dink dis die moeite werd om maar jou geld te onthou en jou plastieksakkies tuis te los. Maak nie saak hoe vriendelik die teller vir jou vra, “do you live farrr?” nie – dis nooit lekker as ‘n supervisor so vir ‘n mens kyk nie. Sy’t nie veel woorde gehad nie.

Toe ek eers die sjokolodae onder haar aandag bring… wel… toe het sy nie meer woorde nie.

Advertisements

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s