roll credits

Ryan se laaste aand op Stellenbosch moes ons eenvoudig gaan dans. Ons het saam aandete gemaak en toe het die vriende begin aankom – Ernst en Ronel en later Mari en Renette en  Louis en Jacques en Carlien en JP.As jy my ken, weet jy dis nogal ‘n mix. Dit was awesome so.

Ek en hy gesels byna daagliks via Urpu – iets soos MSN messenger vir die Stellenboschnetwerk. Sy status updates is dikwels nostalgiese lirieke – nog erger as myne! Want Ryan sê al vir ‘n rukkie hierdie semester het nou net insanely lank geraak. Daar het nou flippen genoeg goeters gebeur dat ons dit ‘n hoofstuk kan noem en ‘n bietjie kan asemhaal voor die volgende een.

Ons het altwee seergekry op maniere wat ons graag gespaar sou wou gewees het. Hy’t my oortuig mens mag drie dae na ‘n groot teleurstelling eenvoudig stort skip, slaap net wanneer jy wil, heeldag movies kyk en ooreet. En daarna sal jy so ongesond en gatvol voel dat jy ‘n meer normale lewe sal hervat uit pure frustrasie met jouself. Ek het hom opgevat op daardie een. ‘n Klomp flieks en sjokolade later, toe ek uit my toe kamertjie emerge, het ek actually beter gevoel. Sy rou grappies – soveel soos hulle sout in die wonde gevryf het – was snaaks omdat ons in die selfde bootjie was.

Ons is altwee deur baie oppe en affe. Ons het altwee troeteldiere gekry. Ons het gereeld mekaar oortuig om vir ‘n uurtjie of twee by die Neelsie sokkie in te loer. Selfs wanneer almal anders net dans, dink Ryan. Aan alles. Teorieë oor watter elemente Kurt Darren nodighet om ‘n hit te skryf was ‘n heerlike tema die afgelope tyd… ek dink hy is besig om ‘n Kurt Darren/Kaptein-parodie te skryf oor ‘n posbus :) Laat een Woensdagaand in Feruarie het hy kom eers na die sokkie kom water drink op die muurtjie voor my huis. Ons ore nog singend, ons lywe lam gedans en gelag, het hy wragtig nog kans gesien om ‘n paar skerpsinnighede kwyt te raak. Die straat was so stil.

Dis asof Ryan hom meng met my nostalgie. Op die AIFS toer in April, met Algoa FM wat al die Amerikanertjies irriteer, het ek iets opgetel van die “tuis”-gevoel wat die Oos-kaap hom gee en ek het besef iets van my sal ook agterbly tussen die vaal duine van Jeffreysbaai.

En daardie Sondagmiddag in Gordonsbaai, ure lank albei gefassineerd in die ou boekwinkel, het daar ‘n rustigheid oor my gekom. Al daardie paragraaflange post-kuier urpu-boodskappies het begin insink,veral die opregtheid waarmee hy geskryf het. Ek begin ons verhouding vertrou as iets waarop ek maar mag terugval as alles te rof raak.

Meer onlangs het ons een aand aan mekaar erken dat die sokkie nou lekker was, maar dat dit maar vir ons albei ‘n bietjie bittersoet is omdat ons verlang na ‘n verhouding wat ons nie in mekaar gaan vind nie. Ons sien van tyd tot tyd nog vir Mnr Seerkry en Mej Seerkry (om Girl van die Suburbs se idee ‘n bietjie aan te pas) en dan noem ons dit versigtig aan mekaar – in ‘n paar sinnetjies, met die vermyding van hulle name as ons kan. Ons altwee glo in ‘n onsigbare skeidslyn tussen platoniese vriende as dit kom by share oor hulle avonture met die teenoorgestelde geslag. Maar ons weet die ander een gee diep om.

En daar sit ons toe om die tafel by Opskop en ek vergaap my net aan die verskillende ouens en meisies wat miraculously presies ewe veel uitgewerk het. Ek en Ryan dans saam op liedjies wat ons eintlik aan ander mense herinner en analiseer laggend die lirieke sover soos ons gaan. Toe Kaptein opkom, is dit soos die sikliese einde tot die drama wat was die Eerste Semester. “It’s like the credits are rolling onto the screen right now.” Toe hy tuiskom, maak hy dit sy status message. Roll credits.

Hy is uiteindelik nou op vakansie. Hy’t vir my ‘n laaste paragraaf-boodskappie op Urpu gelos – opsommend, opreg, vol bewondering en seën. Ek het my woorde mooi gekies en teruggeskryf. En vroegoggend ná die Opskop-aand het hy op ‘n vliegtuig geklim.

See you again soon, Ryan Ryan.

*cara cara.

Advertisements

3 responses to “roll credits

  1. Dis sielsverrykkend om so iemand in mens se lewe te he – ek glo jy treasure dit. En hy vir jou ook. Daardie boekehuis in Gordonsbaai – ek raak slag vir slag verlore in tyd daar. Dis een van die wonderlikste plekke wat ek nog ooit ontdek het :-)

  2. Cara Meintjes

    Die boekwinkel is wonderlik. Ons het mekaar verloor en die hele plek vol gebrowse! Sal dit graag weer doen, verkieslik as ek ‘n lang vervelige vakansie het wat voorlê.

  3. Terug pieng: an abundance of little kings « grootoog deur die wêreld…

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s