bella en ander kinders

Daar’s ‘n onderwerp of twee waaroor ek regtig deesdae sterk voel, maar ek is om een of ander rede selde in die geselskap waar ek dit kan bespreek. Ha! Nou’s jy my audience.

benesia1

Ek en Dorette het bietjie eeny meeny miny mo gespeel en besluit om vanaand Bella te kyk. Ek is nou nie Ryan wat boeke en series en flieks resenseer as ‘n stokperdjie nie, maar. Bella het ‘n paar vars idees en eye-opening oomblikke – en behou terselfdetyd ‘n genoegsame aantal gemaklike, bekende tonele en karakters om dit tematies op die rantjie tussen hoofstroomflieks en one-of-a-kind kunsflieks te sit.

Die storie gaan oor ‘n jong vrou wat haar werk verloor die dag wat sy uitvind sy’s swanger. Sy vind onverwags ‘n vriend in ‘n stil, bebaarde kollega, José. Saam ry hulle treine, ontmoet hulle mense, besoek hulle dele van die stad, en wonder hulle langs die pad hoe om sy verlede en haar toekoms te hanteer.

Die fliek bevat nie ‘n enkele suiwer antagonis nie: elke belangrike karakter, al gee hulle die ander grief, wys meer as een kant van hulself. Die storie gaan oor die lewe en dood van kinders en hoe hulle die volwassenes rondom hulle beïnvloed. Dit gaan oor die krag van gesinne om hulle kinders te seën of ‘n knou te gee, en hoe dit soms moeilik is om van buite af te sien watter impak iemand se gesin op hulle het. Dit gaan veral (maar on-soetsappig) oor die hoop wat ‘n kind afgee aan die mense rondom haar.

Back to real life. ‘n Skoolmaat is op pad om ‘n enkelma te word, het ek nou die dag sommer via facebook verneem. (Sy is die tweede van waarvan ek bewus is – die eerste se pragtige dogtertjie loer vir jou bo-aan hierdie blog en weer aan die einde.) Ek gun geen meisie of haar kind dit om sonder ‘n man die toekoms te moet aanpak nie. Maar ek kan nie help om die opwinding met hierdie nuwe swanger skoolmaat te deel nie. Ten spyte van alles begin ek verstaan hoekom sy nou heelhartig besluit het om hierdie kind se ma te word.

Ná die fliek het ek vir Dorette by die huis gaan aflaai en langs die hoërskool wou ek stop, in die ysige oop koue van die nag, om die groot verdwaalde labrador langs die pad op ‘n manier huis toe te help! Ek het geweet dis gekoppel aan die skoolmaats se moederskap en die Bella-kindfliek en my eie… nuwe ding. Soos ek al van tevore gesê het, is ek bietjie oorrompel oor hierdie nuwe begeerte.

Ek het skielik aan die begin van die jaar vir die eerste keer begin droom daarvan om my hart vir ‘n kind oop te maak. Om vir haar (of hom, o vrek, scary) ‘n tuiste te skep. Om saam met haar die wêreld te verken. Ek het myself nog altyd as ‘n kind gesien. Nou begin ek, onverwags, hoop ek sal eendag gereed wees om my hart te deel met ‘n nuwe kind, buite myself.

Ek is vir die eerste keer bewus daarvan dat dit regtig jou hele lewe verg. Nee. Ek het altyd geweet dit verg jou hele lewe. Dit het nie vir my na so ‘n great idee geklink nie, om daardie spesifieke rede! Maar nou kom ek agter ‘n kind is jou lewe werd, dalk meer as enigiets anders. Ek word eers die afgelope ses maande bewus daarvan dat dit dalk awesome kan wees.

Genoeg vir vanaand – ek’s vaak. Maar ek vermoed God krap-krap aan my hart soos aan daai irriterende sellofaan CD covers. Binnekort, as ek Hom toelaat, gaan hy ‘n deeglike grip kry en die beskermende plastiek afskeur totdat Hy met my, blootgestel, die kamer met musiek sal kan vul.

benesia4

benesia3

benesia2

Advertisements

4 responses to “bella en ander kinders

  1. Wat ‘n pragtige dogtertjie! Ek dink dit is beter om ‘n enkel ma te wees as ‘n getroude ma in moeiliker omstandighede….

    Het jy toe die hond gehelp sy huis kry?

  2. Ek stem @ enkelma. Maar ai, die beste vir kinders bly tog om ‘n goeie pa ook te he.

    Nee, ek het bietjie met die hond gepraat en hy het gelyk of hy okay gaan wees. Ek het eintlik besef ek’s net geraak deur die fliek en dis hoekom die hond enigsins my oog vang. Ek’s seker hy’s vanaand rustig by die huis.

  3. nielenbottomley

    Broeise Cara. Interessant.

  4. ai… is dit die kort naam daarvoor? :) wel… as dit is – dis nie hoe ek gedink het dit voel nie!

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s