skryf

Op 1 Januarie 2009 het ek en Thinus gepraat oor ons nuwejaarsvoornemes. Dit was my eerste nuwejaarsvoorneme ooit en dit was dit ek sal skryf.

Toe ek op skool was, het ek vir myself briewe geskryf op my verjaardag. Weird, ek weet, maar ek het dit ongelooflik baie geniet.

Elke jaar sou ek vir eers ‘n brief skryf vir volgende jaar. Daarin sou ek alles vra waaroor ek nuuskierig is – is ek nog vriende met Karlien? Kon ek al vrede maak met Esmarie? Kou ek nog my naels? Hoe gaan dit met my sussie wat op pad is hoerskool toe?

En dan sou ek die brief antwoord van ‘n jaar gelede. Dit was lekker om te sien wat vir my belangrik geword het wat nie eens in die vorige jaar se brief genoem word nie… en om my victories te vier en my verliese te betreur. Die briefskrywery was so lekker dat ek nie eens baie hartseer was as ek my vorige self moet teleurstel met slegte nuus – nee, ek kou nogsteeds my naels – nie.

Een jaar moes ek vergeet het om weer te skryf. Ek’s nie baie goed met follow-through nie, so ek sal nie verbaas wees as ek heerlik gelees het aan die vorige jaar se brief en toe net uitgestel het om die skryfwerk te doen nie. Uitstel en afstel… die einde van ‘n tradisietjie. Maar die instink het gebly.

In C-kruis het hulle ons gevra om te onthou hoe ons gevoel het toe ons 6 jaar oud was, en dit was ‘n eye opener om ‘n bietjie te onthou van wat ek as 6-jarige van die wereld gedink het. Ek was ook oortuig ek mag nie swak wees nie; daarom dat dit vir my so erg was wanneer ek nie iets reggekry het nie. Ek het onthou hoe ek nie die guts gehad het om my eerste kys te breek nie en ons twee maar net na verskillende skole toe gegaan het en mekaar nooit weer gesien het nie. Ek het onthou hoe vrek warm dit was by die speelskool.

Toe ek tien was, wou ek ‘n aktrise, sangeres EN regisseur word. En toe ek 14 was, ten minste ‘n skrywer. En ek het na die erekleure-mense gekyk – Tiana Viljoen, wow!! – en gedink… sjoe. Ek wil SO wees. En iets in my het so half… in plek geval toe ek opstap en my erekleure kry, ‘n paar jaar later. Dit was glad nie so amazing soos ek gedink het dit gaan wees nie… maar dit was cool.

Ek het onlangs begin wonder wat eerste was. Is dit as gevolg van hierdie briefskrywery wat ek so lojaal voel teenoor die drome en vrese van my jonger self? Of het ek juis begin skryf omdat ek ‘n behoefte gehad het om so met myself in gesprek te tree; myself te herinner aan wat vir my belangrik is?

Wel, liewe Cara van 14. Ek dink ek mag dalk nog eendag ‘n boek uitgee, en ek belowe ek sal hom opdra aan Mrs Cleland, Mrs Wallace en Omoes. More probably gaan ek ‘n stuk navorsing uitgee… jammer! Maar toemaar, as jy geweet het waaroor politieke wetenskap gaan, sou dit cool gewees het. Ten minste is ek nie ‘n joernalis nie. Belowe.

21-jarige Cara, die condemnation ding gaan beter raak, en jy gaan die Here se vryheid beleef soos nooit tevore nie. Geniet jou 21st en meisie, waardeer vir Dawid. As jy dalk dink jy weet hoe om lief te he sonder om seer te maak, skryf vir my ‘n brief en verduidelik gou mooi asb.

19-jarige Cara, jy het in Van Rhynsdorp, waar die veldblommetjies sommer op die sypaadjies groei in September, vir Sean verduidelik jy’s nie ‘n perfekte roos nie. Jy’s ‘n random oranje veldblommetjie. Raai wat… ek het die pragtigste oranje veldblommetjies in my tuin hier op Stellenbosch.

Liewe 18-jarige Cara, met jou drome van die akkerbome en kuiers teen die Eersterivier. Wel… die rivier is toe bietjie vuiler as wat jy dalk verwag het. Maar raai wat. Ek ry fiets deur die Stellenbosse strate. Ek maak musiek, ek lees, ek het die ongelooflikste hartsvriende nes Ma en tannie Penny, of Pa en oom Tok op universiteit gemaak het. Ek kan Frans praat!

6-jarige Cara – moenie bang wees vir enigiets of iemand nie. Geniet musiekklasse! Waardeer jou sussies. Geniet vir Leeutjie, die maltesie… hy gaan nie meer so lank daar wees nie. Lees enigiets en alles. En kom sit, dan sing ek vir jou liedjies wat ek self geskryf het… Moenie bang wees nie. Alles gaan ongelooflik okay wees.

Advertisements

15 responses to “skryf

  1. Sjoe.

    Ek sal nie omgee om die 40 jarige Cara se briewe aan die jongeres te lees nie.

  2. Hierdie is ‘n ongelooflike mooi stukkie skryfwerk. En ja, ek sal ook graag die 40- en die 50-jarige Cara se briewe eendag wil raaklees :-)

  3. Dalk moet ek bietjie vooruit skryf vir haar.

  4. Thanks Sonkind. 50-jarige? Sjoe. Ek hoop SY’s okay.

  5. Sjoe, ek kan net beaam wat Sonkind se! Dit gaan my nou bietjie laat sit en dink…. ek het iewers van myself verloor!

  6. “… wat ek so lojaal voel teenoor die drome en vrese van my jonger self…”
    Die kern, reken Ding.
    Meesterlik verwoord.

  7. Ek het lekker hieraan gelees – dankie. Ek hou baie van die idee van vir jouself briewe skryf – ek sal dit dalk probeer.

    Tu écris admirablement – très belle. Merci beaucoup!

  8. Wow, Cara, dis baie spesiaal.
    Toe jy omtrent 1 jaar oud was, het Omoes gesê jy gaan ‘n interessante kind wees, maar nie maklik om groot te maak nie.
    Vandag dink ek dit is nie aldag maklik om Cara te wees nie, maar ONGELOOFLIK rewarding om haar ma te wees!
    You go girl!

  9. Jule verstaan seker dis nie “carakind” nie, maar ek wat die vorige stukkie geskryf het. Ek het nie besef ek moet my naam bo invul nie.
    Nelleke

  10. Sjoe Linsen, ek voel gevlei! Je savais pas que tu comprends francais? Tu m’étonnes souvent.

    As jy briewe skryf: Besluit net voor die tyd hoe streng jy gaan wees oor die terugskryf en moenie jouself verwyt as jy nie hou by jou voornemens nie :) (Hmmm daar’s iets meta aan daardie stelling, maar ek’s nie seker hoe om dit te verwoord nie.)

  11. Ding, wat self lekker met woorde en uitdrukkings speel, dis ‘n ekstra groot kompliment van jou af.

  12. ;-)
    Maak jy vir Ouding klein skaam :oops:
    Dankie, jy.

  13. Laat my dink aan ‘n blogpost wat ek ‘n tyd terug gelees het: http://parentingbeyondbelief.com/blog/?p=386

    Dis waar ‘n pa vertel hoe hy ‘n “Pick a number” game speel met sy kinders tydens slaapstorietyd.

    Hulle kan enige ouderdom kies, en dan vertel hy vir hulle wat met hom gebeur het in daardie lewensjaar van hom:

    “Through age stories, they now know about my life at age 4 (broken arm, courtesy of my hobby at the time–walking on a row of metal trash cans), age 9 (I stole a pack of Rollos from Target and felt so bad I fed them to my dog, nearly killing her), age 21 (when I dumped my first girlfriend and got dumped by the second one), 23 (my crushing fear and uncertainty on graduating college), 25 (the cool job that allowed me to meet Nixon, Reagan, Bush Sr., Jimmy Stewart, Elton John, and a hundred other famous types), 26 (when I pursued and stole their mother’s affections from the studley Air Force pilot she was practically engaged to), what happened on the days they were born, and everything — really, at this point, just about everything – in between.”

    Jou briefskrywery sal jou goed toerus om soortgelyke staaltjies eendag te kan oorvertel.

    Dis ‘n great gewoonte.

  14. :-) awesome. Ja, dis ‘n bietjie soortgelyk. Soos ek sê, ek het opgehou jaarliks skryf… maar ek het dagboeke en deesdae blogs om my ook te help onthou.
    Iets wat ek egter al hoe meer agterkom, is dat ek meer omgee oor my eie klein chronologie – en sy volledigheid en orde – as enigiemand anders! Dis ook maar okay so.

  15. Dis lekker om so ‘n klein kykie in iemand anders se lewe te kry. Dit sit jou aan die dink, wat sou ek in my briewe geskryf het? (nie dat die idee ooit by opgekom het nie) Dan, Mnr Muller se komentaar oor die stories wat die Pa aan sy kinders vertel.
    Ek vertel ook stories. Menige aand kan my kinders kies watter Bybel storie hulle wil hoor. Ander aande lees ons stories, maar die vertel was hulle gunsteling. Soos die kinders groter word lees hulle self en nou vertel ek nie meer so baie stories nie. Miskien is die “kies ‘n nommer” dalk net die ding om weer die storie vertel tradiesie aan die gang te sit.
    Hou aan skryf Cara! Hierdie is baie spesiaal.

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s