6 things i learned today

Daar’s iets aan stilsit agter ‘n lessenaar met niemand om my idees van af te bounce nie wat my terugdryf na hierdie erg verwaarloosde blog! Ek wil darem jammer se vir die feit dat ek geheel en al nie in September geblog het nie. SR, akademie, muisneste en ‘n job by die biblioteek sal dit aan jou doen!

6 Things I learned today:

  • Lensies vat regtig nie lank om te kook nie.
  • “Opprobrium” beteken oneer, skande of smaad. Soos in, “Is the moral opprobrium with which Weapons of Mass Destruction are regarded justified?”
  • Hill’s Science Diet kos is duur, maar is regtig beter vir jou kat se vel as Whiskas.
  • Die griep-epidemie van 1918 het 20 miljoen mense doodgemaak. Dis so goed jy wipe die helfte van ons bevolking – al die wit en bruin en Xhosa mense saam.
  • Om ‘n beraming te kry van die helfte van ons bevolking, het ek probeer uitvind hoeveel Engelse Suid-Afrikaners ons het. Hulle is omtrent die helfte soveel soos die Afrikaners, en blykbaar noem ‘n mens hulle Anglo-Africans. Kry vir jou, Ryan ;)
  • ‘n Mens kan net 6 boeke uitneem op jou boyfriend se geleende voorgraadse studentekaart, terwyl jy op jou eie nagraadse kaart 15 boeke sou kon uitneem. ‘n Mens kry jou kaart altyd op die laaste plek waar jy soek, en dis altyd nadat die biblioteek vir die volgende 40 uur gesluit het.

Ek het ook regop gesit toe ek die volgende in my handboek lees:

“The point in time at which this book ends is as transient as any in the history of humankind… The temptation to regard this particular moment of the rpesent any differently must be resisted” (Gat, War in Human Civilization: 657)

Ek weet nie of hy nederig is en ‘n indrukwekkende hoeveelheid perspektief op sy eie plek in die geskiedenis het nie – dit is baie moontlik, want die man het omtrent ‘n bree visie van die geskiedenis. Of anders probeer hy net sy bases cover; daarop aandring dat as hy enigsins verkeerd bewys word, hy nooit gedurf se het hy dink hy weet presies wat in die wereld aangaan nie.

Advertisements

2 responses to “6 things i learned today

  1. Maak tyd vir skryf; dis deur te reflekteer, dat jy leer.

  2. Weet jy… Hills is duurder maar jou kat eet minder. As jy die bedrae van al die Whiska’s pakke optel dan is die verskil nie so groot nie. Ek het ‘n koppie by die vet gekry wat wys hoeveel ‘n kat per dag mag eet en Oscar kry net twee keer ‘n dag kos… ek hou nie sy bak deur die dag vol nie (maar meer oor die ander katte sy kos kom verorber). 2kg behoort jou eintlik langer as ‘n maand te hou.

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s