an abundance of little kings

Nog ‘n semester, nog ‘n sokkie.

Baie het verander sedert ons tien randoms in Junie gaan dans het. Ek het ‘n kuif gekry. Ek het basilikum geplant en dit het actually gegroei. My vriendin het die depressie monster in die oe gekyk en stelselmatig begin tackle. Die SR en akademie en beursaansoek en alles anders het mekaar ontmoet en verwoed begin veg vir plek in my lewe… Ek is nogsteeds moeg – so moeg dat die wen van die posisie op die SR; die beurs en die goeie punte soms soos ‘n bysaak voel teen die herinnering van die vasbyt en uithou en spanning. Ek het feitlik opgehou blog en geheel en al opgehou draf soos ek elke middag vyfuur iets dringends gevind het om te doen. Soos nooit tevore nie is my studentelewe ‘n histeriese wipplank van wonderlik en aaklig, sonder asem skep of reflekteer.

God alleen weet hoe, maar ek het Augustus oorleef. En toe September, en toe die Oktober wat tot middel November aangehou het.

Tussendeur het ‘n paar belangrike name onbelangrik geword. En stadig verseker, tot my verbasing en bekommernis en uiteindelik stil sekerheid, het jou naam nuwe harmoniee gekry. En toe, vir die eerste keer, word die versoeking groot om my in te leef in die lirieke van die domste Afrikaanse sokkie love songs. Vir die eerste keer dink ek ek verstaan wat beteken “enslaved but so free”. ‘n Klomp conundrums het hulself stilletjies opgelos in die kyk van jou oë.

Baie het verander sedert daardie aand in Junie. Meeste van alles: ek mag jou nou vashou lank nadat die liedjie opgehou het.

Advertisements

One response to “an abundance of little kings

  1. Ek dink jou heel laaste prestasie is die beste een van die lot! ;

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s