FAK en ander vloekwoorde

Na ‘n bietjie sushi in Durbanville om my graad te vuier, maak ek ‘n backhand comment oor die FAK-sangbundel. Iets oor hoe hulle ou klassieke liedjies gevat het en nuwe Afrikaanse woorde bygesit het en vir die Afrikaners vertel het dis nou ons volksliedjies. Dis blykbaar nie waar nie. Pappa was nie beindruk met my en my veralgemenings nie. 

Ek het besluit ek sal hieroor skryf, en toe ek begin skryf, kan ek nie die argument onthou nie. Dis ‘n algemenee kwaal wat my beval wanneer ek probeer dink oor die aktuele kwessies wat my regtig na aan die hart lê. Dis ‘n baie convenient cop-out wat maak dat ek gewoonlik stilbly as daar gerenedeer word juis oor die goed waarmee ek grapple. Moet net nie dink dat ek nie grapple nie. Ek grapple net op my eie want ek raak baie, baie nervous as ek ‘n argument moet probeer saamstel oor wat ek dink oor armoede en kolonialisme, of vryheid van geloof, of patriagie/feminisme, of Afrikanerskap.

Ek lees die goed wat ander Afrikaners op die internet skryf. Kleinsus is de bliksem in – sy som dit op in ‘n argument waarvan ek nie ‘n woord kan herhaal op my eie nie, hoewel ek al die pad saamgestem het. En ‘n army van Afrikaanse stemme stry oombliklik. Hierdie stemme ken ek goed van die paar blogs waar ek verwilderd opgehou lees het, te laat om ‘n naar ongemak in my lyf te vermy. Hulle is woedend. Sy het nie ‘n idee waarvan sy praat nie, sê hulle. Wel, ek dan seker ook nie.

Een erkenning vanaand aan tafel het gemaak dat ek die gesprek moet stopsit voor ek in trane uitbars. Die erkenning was: soveel soos al die stigters (en meeste van die aanhangers) van die WAT en FAK en Voortrekkers en wie weet wie nog almal dood en begrawe is en volgens Pappa nie as deel van die algemene Afrikanersgroep getel kan word nie, voel ek skuldig dat ek nie beter verstaan waaroor hulle sing nie. Ek voel of ek nie ‘n behoorlike Afrikaner is nie, omdat ek my nie kan vereenselwig met die liedjies in die FAK nie. Of ek my behoort te skaam. Dis seker hoekom ek so klou aan my stamboom.

Draai ek egter na my nuwe “volksgenote” toe – Suid-Afrikaners as ‘n geheel – voel ek nog minder welkom. So ek skop my blink skoene vol stof. En dink, FAK, ek wens ek het iewers tuis gevoel.

Advertisements

6 responses to “FAK en ander vloekwoorde

  1. Die kommentaar op Kleinsus het my in die war gehad – want ek het ook met alles wat sy gese het, saamgestem. Dis so logies, so voor-die-hand-liggend. En tog, ek kon iets verstaan van wat die ander ook se.

    FAK, ek sou ook graag erens wou tuis voel, as dit jou enigsins sal laat beter voel. ;-)

  2. lol.. FAK, soms, ja.

    ek dink dat daar ‘n paar skreeende (<eisj) stemme in my ook is, maar dat die heersende een se dat ons net moet relax. dis anyway so damn meta dat dit miskien ook glad geen sin het nie. soos die taaldebat. of die beskerming van 'n taal. pff.

  3. Weet jy Vlam, dit troos nogal om te weet ek’s nie alleen nie.

  4. AWESOME!!! Dankie Vlam, ek’s vrek bly ek kan met haar kontak maak! Het gistraand vir my ma gesê ek voel so alleen in my grapplings hiermee, en kyk nou so.

  5. Terug pieng: Ek soek « grootoog deur die wêreld…

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s