gevaarlik

My ma het vir my ‘n kort artikel aangestuur. Dit het nie lank gevat voor ek geweet het hulle praat met my nie.

Dit gaan oor wanneer ‘n mens “gevaarlik moeg” is – wanneer klein goedjies soos dokter toe gaan, klere gewas kry, of georganiseer bly voel soos absoluut onmoontlike take. En wanneer jy konstant bedreig voel, asof jy die laaste bietjie energie sou opgebruik as jy nog ‘n situasie betree of nuwe mense ontmoet.

Daarmee saam noem sy dat dit wat jou gewoonlik geestelik “lewe gee” – stilte, gebed, joernaal hou, omsien na jou liggaam – dikwels onder sulke omstandighede ‘n las word. Jy’t nie tyd of energie daarvoor nie, al weet jy dit sou jou goed doen. Jy’s rusteloos of doodmoeg as jy gaan stilsit en kan nie ontspan nie.

In so ‘n toestand lees mens niks vir die lekker nie. Jou bedkassie is hoog gestapel met boeke en joernale met inligting om jou op die een of ander manier te verryk.

Ek het die afgelope ses maande met al die bogenoemde gesukkel. Ek het al ‘n fobie ontwikkel vir interessante fiksieboeke – ek wil hulle nie eens sien nie! En ek wil nie mense ontmoet nie. My stiltetyd is op ‘n all-time low. Ek moes al in Maart tandarts toe gegaan het. My naels lyk verskriklik en ek kry nie genoeg oefening nie. Ek voel beslis konstant bedreig, soos sy beskryf.

En wat is hulle raad? .. Om bo alles nie jouself te verwyt nie.

“As you consider your level of tiredness, don’t rush to try to solve or fix anything; instead, give yourself time and space… say: “God, this is what is true about me. What are we going to do about this?”

Hmmm.

Advertisements

8 responses to “gevaarlik

  1. “asof jy die laaste bietjie energie sou opgebruik as jy nog ‘n situasie betree of nuwe mense ontmoet.”

    Yup.

  2. Nou voel ek sleg dat ek jou wakker gemaak het toe ek kom kuier het. :-/

  3. Jy ook? :-/

    Hulle gee nie ‘n quick fix antwoord nie. Hulle moedig mens maar net aan om by die Here te gaan sit. Lees die artikel, dis die moeite werd.

  4. Haha! Thanks Bottomley, maar ek dink nie een oggend later slaap sou hierdie ding wegvat nie. Ek slaap al heelvakansie genoeg en begin nou eers weer soos myself voel. En ook nog nie heeltemal nie :)

    Any case, ek het verskriklik lekker met jou gekuier. Was spyt ons het so lank by die karre deurgebring daai Sondag sodat ek minder tyd met jou gespandeer het as wat ek kon.

  5. En hoe voel jy nou in die nuwe jaar?

  6. Sboscher_in_Jozi

    Wow. Ek het heel toevallig op jou blog afgekom en wat jy sopas beskryf het is presies waardeer ek ook nou gaan! Ek glo egter nie in toeval nie.

    Baie dankie vir jou post! Ek het nou nuwe perspektief gekry en gaan definitief nou meer moeite doen om reg te ruk.

  7. Wil jy nog bietjie toeval he? Jou email adres se vir my ons is dalk familie :-) Waar het jou oupa (met jou van) grootgeword?

  8. Beter, dankie. Ek het baie gerus en ernstig afgeskaal! Maar dit was ROF.

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s