die vraag

By sy bed brand ‘n kersie. Die klein vlammetjie in die groot kamer is gelerig teen die wit vensterbank. Ek trek die duvet ‘n bietjie reg en gaan sit kruisbeen soos ‘n kleuter op sy bed. Sedert 1991 is ons altyd kleuters as ons saam kuier.

Hy was casual toe hy my inlaat, en hy bly casual terwyl hy my vertel van die boekrak wat eers aan ‘n winkel behoort het en wat hy en sy saam geverf het. Hy haal ‘n stukkie gedig en potloodprentjie van my muur af, versigtig, en wys dit vir my.

Die matras waarop ek sit, rus op ‘n rangskikking growwe houtkratte, soos mens sou gebruik om ‘n verhoog te bou. Dit het hulle twee ook geverf. Rooi. Dit was in Desember, toe sy bedags aan haar tesis gewerk het en hy by die kantoor. Saans het hulle projekte aangepak en hulle gedeelde hoekie van die flat ingerig: ‘n mengsel van hulle gedeelde vaardigheid, aweregsheid en kreatiwiteit. Dan sien ek sy gebarste hakskene en ons vergelyk growwe voete stories. Ek’s dalk dit toughste boeremeisie as dit kom by kaalvoet oor skerp klippies loop, maar sy een haak pronk met ‘n pikswart grand canyon van ‘n bars. Hy wen.

My oe lyk andes, se hy. Asof hulle meer gewig dra.  “Daai overachiever award baadjie wat ek by die begrafnis aangehad het, kom met ‘n price tag. Ek het lelik uitgebrand einde laasjaar.” My woorde klink so vlak, hier in die kamer wat hulle saam ingerig het. My oe dra gewig?

Na hy my bietjie gespot het oor my geloof en my vertel het hoe duur ‘n dominee hom wou vra vir berading (“what a fucking cunt”), vertel ek hom van kerk vanaand. Ek vertel hom hoedat ek gekonfronteer word met duisende vrae sonder antwoorde. En hoe ek stelselmatig daarvan oortuig word dat dit deel gaan bly van my lewe om die moeilikste vrae te vra en te bly glo al kry ek geen antwoorde nie. Daar’s geen skaarsheid van antwoorde nie, lag hy. Dis net die soeke na die regte vraag wat ‘n bitch is. En ongelukkig is die twee mutually exclusive.

Hy steek sy pyp op; blaas rookringetjies. Sy signature. Ek aanskou die kersie van naderby: Jessica, met skoenlappertjies en ‘n algemenerige beskrywing van die persoonlikheid van elke vrou wat die naam dra. Die vlammetjie bring verbasend baie atmosfeer tot die kamer. Ons het almal ‘n behoefte aan simbole, dink ek, en onthou hoe ek vanaand buite ‘n saadjie gaan pluk het toe ek vir hom gebid het.

Hy eet, se hy. En slaap. Dis goed, dink ek. Hy se hy gaan swot en werk en koor sing hierdie jaar, want “a busy man is a happy man. Ek dink allerhande sulke truisms uit deesdae. Hier’s nog een: Jy moet gelukkig wees, want… hoe het dit nou weer gegaan? O ja. Jy moet gelukkig wees, want dan kan jy nie ongelukkig wees nie. Haha.” Sy signature chuckle: Droog en ironies, maar gepaard met ‘n verrassend bree glimlag.

“Het jy suurlemoene?” vra ek. “Ek’s vrek honger. Ek het hoender en kruie en stuff by die huis, maar ek kort suurlemoen.”

“Nee, maar ons kan gaan koop.”

“Okay.”

R11.95 vir 4. Thanks, Engen Quick Shop. Hy druk die suurlemoene uit en ek gooi veels te veel daarvan by die hoender. Oeps. Ons kook die rys in heuningbostee vir interessantheid. Hy wys vir my hoe maak mens sous dik met ‘n bietjie meel. Halfeen in die oggend smul ons, skreeuhonger, aan te suur hoender en bruingekleurde rys.

In Dorpstraat voor sy flat gee ek hom ‘n laaste drukkie. Ek is verlig dat hy my styf vashou… as enigiemand troos uit ‘n blote drukkie sal kan put, is dit Neall. Selfs as die gewer van die drukkie op geen manier begrip vir sy smart kan he nie.

Terwyl hy my vashou, neem ek die oubekende indrukke in. Sy suur rookasem; sy groot growwe hande; hoedat hy stadig en diep deur sy neus asemhaal. ‘n Klammigheid op sy gesig wat dalk trane is. Hy soen my op die voorkop en se: “Thanks, Meintjes.”

“Sterkte, Neall.”

Advertisements

One response to “die vraag

  1. Soos altyd awesome. Ek voel saam jou. Love hoe as jy skryf dit is asof ek daar is. Asof ek dit ken. Skryf meer! Ek wil meer by jou kuier!

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s