so jy wil staan vir sr?

jy moet weet wat dit aan jou gaan doen.

jy gaan meer ure aan sr spandeer as ‘n vierdejaar-ingenieur op sy akademie. ek het nie syfers hiervoor nie, maar as jy ‘n vierdejaar-ingenieur is, gebruik bietjie van jou vrye tyd en werk dit uit.

jy gaan nuwe perspektiewe hoor. ja, meer as wat jy in al jou jare se studenteparlement, hk en koerantlees gehoor het. jy gaan grapple met wie jy is as afrikaner, Christen, vrou, leier, student, opgevoede mens, talentvolle mens, lid van die oppermiddelklas, luiaard, lafhaart en alles anders wat jou vroeer gehelp het om in die bondel te pas.

jy gaan praat met nice mense. flippen nice mense. leiers met groot woorde waarin jy wil glo. dan gaan jy omdraai en praat met nice mense, jongmense, wat vir jou se alles waarvoor die ander klomp staan is skynheilig en moet radikaal verander. en dan gaan iemand vir jou vra om 25000 studente te verteenwoordig en vir een van hierdie twee partye se standpunt te stem in ‘n vergadering, wanneer jy nie tyd gehad het om al die inligting te lees nie, jy pms het, te min geslaap het, jou akademie aan flarde is, en ses weke laas kans gekry het om jou wasgoed te was.

en dan gaan iemand op die sr se alles wat almal al heeljaar op die sr doen is misguided en irrelevant. dis ‘n joke. en jy gaan dink aan die rondhol, met studente praat oor klein projekkies en goedjies, fakture uitskryf, socials bywoon twv die sr se image, fancy wit bloesies om by fancy wit partytjies te dra, vergaderinge, websites, laat nagte, vroee oggende, beleidsdokumente, budgets, print-werk.

en jy gaan besef: hy’s reg, dis alles ‘n joke.

die beste vriendin wat jy ses maande laas gesien het. jou ouma wat jou nooit sien nie al woon jy so naby. die gebrek aan verhouding met jou sussies. die dagboeke wat jy nooit gaan skryf nie;  die fotos wat jy nooit geprint het nie; die band wat jy seker nou nooit gaan begin nie.

soms dink ek: dalk berei dit alles my maar net voor vir die werksomgewing, en moet ek bly wees ek kry hierdie inevitable skok nou, uit keuse, in ‘n kleiner dosis.

en dan dink ek as dit is hoe my werksomgewing gaan wees as ek aanhou soos ek nou aangaan, dan staak ek my studies en my sr-lidmaatskap net hier en gaan wees die meisie wat klere oplui in mr price.

Advertisements

3 responses to “so jy wil staan vir sr?

  1. en dan durf ‘n ou vriend wraggies nog se “i told you so”.

    die lucky ding is seker dat jy hierdie goed nou sien – nou wanneer ons nog jonk is. ek moet seker ook bieg dat daar sekerlik ‘n komponent learning curve is, maar ook ‘n komponent wat eie is aan die omstandighede nou. i.e. – don’t give up on life entirely.

    ons leer meer in die woestyn as op die strand.

  2. Ai matertjie…en hier sit ek in bosbokrand en soek na iets wat vaguely herinner aan purpose. Die boek wat ek wil skryf, die vriende wat ek meer wou bel, die boeke wat ek in my vrye tyd wou lees… en ek wonder… wat is dan nou worth it?? Want met al die tyd in die wereld voel ek nie meer fulfilled nie. Maar ek hol net so lekker van daai aaklige 9-5 werkie af wat beteken ek moet stuck raak in die rat race… HEEEELPPP!

  3. Sterkte.
    SR-wees dryf (ir)relevanthede op ‘n spits.

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s