Tesis Dagboek

Ek het besluit om ‘n dagboek te hou van my tesis skryf ervaring. Dit gaan soms persoonlik wees en soms sal ek ook “tips” skryf vir ander mense wat tesisse skryf.

Kom ek kry jou op hoogte:

Ek het laasjaar my Honneurs in Politieke Wetenskap gedoen by die Universiteit Stellenbosch. Ek het nou twee jaar om ‘n een-jaar-tesis te skryf, want die Mandela Rhodes Foundation is die coolste beursmaatskappy ooit.

Tot 1 September 2010 is ek ook SR-lid vir Gemeenskapsinteraksie. Dit neem sommer maklik my 9-5 in beslag as ek nie keer nie. Ek het die afgelope … wel, twee maande, nie baie hard gekeer nie! Dus het ek nog nie ‘n tesisonderwerp nie.

Ek het vandag deur die lys van tesisonderwerpe gegaan waarvoor elke lid van ons departement graag studieleier wil wees, en het dit bietjie verfyn. Ek het boeke uitgeneem oor Suid-Afraanse buitelandse beleid-opsies en oor “regional hegemons” soos Suid-Afrika en Indie.

Ek gaan ook ‘n date maak met Professor Willie Breytenbach en hoor of hy dink ‘n mens kan ‘n sinvolle tesis skryf oor die rol van nie-regeringsorganisasies in Afrika. Sodoende kan ek hopelik my Gemeenskapsinteraksie-gedagtes by my tesis bring.

NS. As jy ‘n nagraadse beurs nodighet en by leierskap betrokke is of ‘n hart het vir Afrika, besoek http://www.mandelarhodes.org.za en doen aansoek – jy kan niks verloor nie.

NNS. Ek gaan my tesis posts kategoriseer as Tesis. Of dalk moet ek eerder ‘n bladsy skep wat al die posts lys?

Advertisements

3 responses to “Tesis Dagboek

  1. Ek het my tesis onder Prof Willie gedoen. Die man is legend en ek kon nie vir ‘n beter studieleier gevra het nie.

  2. Ek hoor dit by al hoe meer mense. Nie geweet jy’t polwet geswot nie?! Wat was jou onderwerp?

  3. Jaaaaaaare gelede! :lol: het ek oor kiesstelsels en etnisiteit in Afrika geskryf.

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s