‘n Afspraak met die Prof

Uiteindelik het ek binne die sekretaresse se (halfdag) kantoorure by die kantoor ‘n draai gemaak!

“Um… ek wil met Prof Breytenbach ‘n afspraak maak om te praat oor… moontlike tesisonderwerpe.”

Nadat sy eers seker gemaak het dat hy nog tesisstudente neem (want hy’s soort van afgetree), het sy haar oë op skrefies getrek ek gevra: “Laat ek gou sekermaak ek verstaan jou reg. Jy het nog nie ‘n onderwerp nie?”

Ek het skouers opgetrek en wou-wou begin verduidelik. Maar sy val my in die rede: “Waarin stel jy belang? In Afri-…” Afrika, dink ons altwee. Ons kyk onwillekeurig na die Afrika-kaart op haar muur.

Sy lyk of sy spyt is sy’t my gelei na ‘n onderwerp wat sou kwalifiseer vir Prof Breytenbach se aandag. Sy wil hom duidelik beskerm van paloeka-meestersstudente. Die man het al promotor gespeel vir briljante jong academici en sy wil nie sy jaar bederf met ‘n BA Manvang poppie nie.

Oh boy. Maar Cindy-Lee het gesê… “Nee… ek wil juis met hom praat oor my belangstelling… in nie-regeringsorganisasies in Afrika… miskien nie-regeringsorganisasies in Afrika tydens konfliksituasies… Maar Cindy-Lee Stenekamp het gesê ek moet juis met hom gesels om definisie vir my onderwerp te kry. Sy’t gesê ek moet hom amper net los om te praat en hy sal vir my ‘n klomp idees gee.”

Sy lyk of sy nie weet wie Cindy-Lee is nie. Name-dropping backfire!

Maar sy maak ‘n nota van my kontakbesonderhede. (Nee Meintjes, nou is nie die tyd om die SR-besigheidskaartjie uit te pluk nie.) Ek verduidelik dat ek beoog om my tesis oor ‘n jaar en ‘n half te doen, en daarom nou eers, vroeg-Maart, ‘n tesisonderwerp begin vasmaak. Dit lyk of dit haar tog ‘n bietjie gerusstel.

Ek stap onseker uit die kantoor uit.

(Iets in my agerkop dink aan die Soudien verslag wat ek vir die Institusionele Forum moes lees en ek wonder of ‘n swart student met nog meer agterdog begroet sou word as hierdie moontlike wit poppie.)

Advertisements

2 responses to “‘n Afspraak met die Prof

  1. :lol: Hoop jy kom reg!

  2. Hahaha!

    Ken daai wanneer-om-die-kaartjie-uit-te-ruk-en-wanneer-nie ene…

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s