Potensiaal vir ‘n egskeiding

Professor Pierre du Toit se ‘n studieleier behoort as’t ware “uitgevra” te word deur gretige tesisstudente. Dis nou “uitgevra” soos op skool. Die semi-romantiese en redelike awkward tipe “uitvra”.

‘n Student behoort sy tesisvoorstel na te vors, seker te maak dis ‘n sinvolle voorstel, en dan ‘n geskikte professor te nader met ‘n deeglike motivering van hoekom dit vir die professor gaan lekker wees om as studieleier op te tree vir die komende jaar (of in my geval, 18 maande). En dan is dit die professor se eer om die versoek te aanvaar, al dan nie.

Dis nou die ideaal. Maar soos reeds genoem, het ek binne ‘n dag probeer voorberei vir my eerste gesprek met Professor Breytenbach. Ek het makliker as wat ek verwag wakergebly tot 2h… maar as jy eers 11h teruggekom het van Karen Zoid en Die Heuwels Fantasties… nou ja. Ek het ‘n handgeskrewe bladsy met 4 tentatiewe onderwerpe/punte saamgedra na Professor Breytenbach toe:

NGO’s and poverty alleviation in Africa (amid conflict? After??)

Afrika-Unie post-Mbeki… invloed op Afrika

SPSS

Vgl. Indie en SA

Professor Breytenbach was rustig besig om sy tee te drink toe ek daar aankom. “Is jy reg vir my?” vra hy gemoedelik. Ek sidder en giggel (soos ‘n flippen tiener! Meintjes!) en antwoord iets vaags oor idees uitruil.

Hy het begin deur my alles te verduidelik wat ek kan verwag van die tesis skryf ervaring.

Hy beklemtoon dat die 6-8 weke die moeilikste is. In hierdie tyd probeer ‘n mens uitvind presies wat jy in jou tesis wil vra, en hoe jy jou antwoord gaan vind. Jy doen ‘n deeglike tentatiewe literatuurstudie, want jy moet weet watter inligting en argumente ter sake gaan wees in jou argument. Jy stel die parameters van jou onderwerp: wat gaan jy aanspreek en waarmee gaan jy jou nie ophou nie.

Jy kan verwag om ‘n 160-bladsy tesis in te handig, maar dit beteken nie jy moet ‘n massa hoofstukke he nie. Sommige unieke tesisse het 10 hoofstukke; die meeste het 5. En 5 is heeltemal genoeg vir 160 blasye, want jy kan dan net in meer detail gaan as wat jy andersins sou.

Die eerste 6-8 weke is die belangrikste, se Breytenbach. As jy in hierdie stadium reg bou, elimineer jy ‘n hele paar dead ens later in die proses. Jy sal ‘n navorsingsvoorstel skryf wat jy feitlik net so in Hoofstuk Een kan omsit omdat dit jou vraag, veranderlikes, literatuur en metodologie netjies uiteensit. Teen die tyd wat jy dit reggekry het, is die ergste verby. Jy kan amper nie wag om Hoofstuk 2 en 3 te skryf nie, want jy weet klaar presies wat jy daar wil se. Jy vul as’t ware net die raamwerk in!

Soos Cindy gese het, kan Professor Breytenbach baie praat! Gelukkig praat hy baie sin. Maar op hierdie punt moet ek hom in die rede val. Ek verduidelik vir hom dat ek 18 maande het om my tesis te skryf en op die oomblik net 2 of 3 ure per dag aan my tesis gaan werk. Ook dat ek nog nie ‘n onderwerp het nie en nog sukkel om een te kry. Dis geen probleem nie, se hy; dis dalk goed dat ek nog nie vas is op een ding nie sodat ons kan sekermaak ons kry iets waarin hy gemaklik voel om my studieleier te wees en ek genoeg belangstel.

Ons het gepraat oor Professor Breytenbach se velde van kundigheid, en oor my belangstellings. Ek het my lysie gemaak en hy’t dit ‘n bietjie aangevul. Ons het nie sterk in een van die rigtings begin beweeg nie, maar dit was lekker om te voel hoe hy ‘n bietjie lewe in elke idee blaas.  Hy is nie so vertroud met kwantitatiewe navorsing (SPSS) nie. Hy het egter beklemtoon sy velde van kundigheid is veral demokratisering en die vestiging van demokrasie; en nuwe oorloe in Afrika.

“Ek het seker al -” hy dink ‘n oomblik – “80 tesisse gelei in hierdie velde. Ek kan jou help in terme van die belangrike leeswerk en as ons goed saamwerk… seker 7 uit 10 van my studente kry hul graad cum laude. ”

En toe moet ek my tweede belangrike punt maak: “Ek dink ek moet net duidelik uitspel dat ek dalk nog mag besef ek wil ‘n onderwerp kies wat nie binne u kundigheid val nie. En dan sal ons moet kyk of iemand anders in die departement nie gemakliker sal voel om my studieleier te word nie.” Ek dink aan Du Toit. Van der Westhuizen. Gouws. Smith! Sjoe. Ek love dit om my opsies oop te hou.

Hy knik. “Verseker. Jy weet nou waar le my kundigheid. Kom ons gee dit so drie weke… en as ons dan besef ons belangstellings is nie goed genoeg belyn nie – wel, dan is dit ‘n bloedlose egskeiding.”

“Ja, kom ons maak eerder ons foute voor ons trou,” skerts ek saam. Hy glimlag. “Presies. Die verhouding waarvan ons nou praat is ‘n intieme een. Jy moet jou nie vererg vir my nie, en ek moet my nie vererg vir jou nie. Ons moet goed kan saamwerk en mekaar nogsteeds wedersyds kan uitdaag.”

Ons maak ‘n afspraak om weer volgende week verder onderwerpe te praat. “Goed, so sal ek hierdie week gaan, um, oplees?” Ek dink aan hoe ek gesukkel het om laasnag enigiets sinvol te vind oor NGO’s; en ‘n paar dae gelede in die Bib oor Indie se eenparty-dominante demokrasie. Ek het so rigtingloos gevoel. Maar ek’s vasberade om te doen wat nodig is.

“Nee,” se Professor Breytenbach versekerd. “Nee, gaan slaap jy lekker.”

“Ekskuus?”

Hy glimlag. “Jy moenie nou lees nie. Jy moet nou ‘n idee kry. Dit sal na jou toe kom; ‘n mens se kop draai die idees om en om terwyl jy rus. Vat ‘n week om net ‘n bietjie te dink. Ons gesels weer volgende week.”

Dit was ‘n lekker Vrydag.

Advertisements

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s