Akademie vs Worshipper Girl

Die professor het my waardig geag en ek’s ingeroep vir ‘n gesprek! Vir more eerder as vandag, het ek die sekretaresse gevra, en gedink Carameintjes, hier kom ‘n lang aand agter die boeke. ‘n Tesisonderwerp – of ten minste ‘n deeglike idee – binne 24 uur!

Maar… Donderdagaand was Karen Zoid, Die Heuwels Fantasties en New Holland verniet in die Neelsie. (Ek wou nou link na ‘n fotograaf of twee se sites toe, maar lyk my niemand het al gepost nie. Toe nou Johann Swart!)

Kyk, ek het prioriteite en als, maar op daardie oomblik was Karen meer spesiaal as my beweerde akademie. En daarom het ek (en ou vriendin Chandre en geliefde Ryan) eers Karen se FANTASTIESE set geluister.

En toe ek (kop vol spanning en akademie) voorstel dat ons Die Heuwels skip… en huiwerig vra of ek my dalk nou bietjie oud gedra – het Ryan ferm maar vriendelik gese ja. Hy dink ek’s nou bietjie oud.

En hey, dan kan mens mos nie weggaan nie, maar nie saak hoe onseker jy is oor die volgende oggend se gesprek met ‘n prof nie! Ek het hom nie herinner aan die akademie nie. Ek het net gese: what the hell. Bring it on, Heuwels.

Die Heuwels was… fantasties. Ek’s bly ons het gebly. Daar was ‘n meisie in die voorste ry wat vir Pierre Greeff aanbid, no jokes. Daardie lirieke is haar geloofbelydenis.

Dit was ook goed om ‘n slag vir Jack Parow in aksie te sien. Daar’s nie veel aksie nie… hy’t opgekom; sy twee songs gesing (worshipper girl in die voorste ry in vervoering telkens as Pierre die koortjie doen); en die verhoog verlaat met sy leopard print fluffy hoed in die hand.

En daarby het ons die plastiekglase gescore waarin ons drankies was.

Advertisements

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s