‘n Meisietjie met potensiaal

Gister en vandag het ek te doen gekry met my 18/19-jarige self.

My ma het ‘n dokument in ‘n flip file sakkie iewers in die huis gekry en kon nie uitmaak wat dit is nie, tot ek dit raakgesien het. 18-jarige Cara het ‘n “propaganda toespraak” geskryf vir ‘n Engelse mondeling, waarin sy haar “mede-Suid-Afrikaners” bewus maak van die korrupte invloed van die VSA op ons land. Sy gebruik herhaling om ‘n punt te maak; en quote uit die Bybel; en skep ‘n “ons-teen-hulle” dualisme. Ek het dit weer gelees en gedink: not bad, meisietjie :)

Ex-boyfriend het ook vandag hierlangs gekom en vir my twee dokumente kom teruggee. Ek het hulle in C-kruis (13thFloor) geskryf as ‘n taak . Elke eerstejaar het ‘n “assignment” gekry waarin jy jou persoonlike groei rondom ‘n kwessie uitdruk op ‘n kreatiewe manier, en dan ook ‘n geskrewe opsteltipe taak ingee oor die onderwerp.

My onderwerp was “Dating Philosophies”. Ek moes Boy Meets Girl lees van Joshua Harris; dan moes ek ‘n kort toneelstuk skryf oor die onderwerp en 8 bladsye skryf.

Om my eie werk deur te lees, 4 jaar en baie ops en afs later, het my geraak. Dit was bietjie scary om te sien ek het nie veel meer wysheid nou as wat ek op 19 gehad het nie… om die waarheid te se, 19-jarige Cara daag my uit op etlike vlakke. Ek hou van haar.

Sy skryf haar laaste twee bladsye in tydskrifartikel-vorm en moedig die leser aan om moeilike vrae te vra. “What is your highest priority in life?” … “Is it okay to expect your partner to build your self-esteem?” … “Do you think you are strong enough and honest enough to break up with someone if you realize things aren’t working out? Can you date someone who isn’t?” … “Is it okay if your future spouse, wherever he or she is, has the same boundaries in their current relationship as you do?”

En dan skryf sy ‘n toneelstuk. Kort en eenvoudig, met 3 meisies en 2 ouens. Die hoofkarakter (‘n meisie) toon groei; die ander karakters verteenwoordig die uiterstes waartussen die meisie sukkel om te kies. Twee van die tonele is drome, en dit word uitgebeeld met die feit dat sy ‘n kussing ronddra onder die arm.

Nie sleg nie, se ek vir my ma. Die skrywer hier toon nogal potensiaal! My ma het gelag en wou aangaan met iets anders, maar sy het gestop en skielik ernstig haar kop geskud. “My kind, mens groei al hoe stadiger hoe ouer jy word!”

Ons het gelag, al het ons geweet dis ernstig.

Ek kan net weer dankbaar wees dat ek al op ouderdom 19 Engels so kon bemeester en al kon grapple met kwessies wat vir my belangrik is. Die omstandighede verander; jy leer vaardighede aan; jy kry wysheid met ervaring… maar ‘n groot deel van jou “toolbox” is reeds bepaal op 19.

As ek toe al soveel was van wie ek as nagraadse student sou wees… O, ons moet opvoeding bevorder in hierdie land. En gesonde gesinne.

Advertisements

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s