Breytenbach het ‘n idee

Breytenbach het ingekom op ‘n mission en sy tassie neergesit op die tafel. “Ek het ‘n idee,” het hy aangekondig.

Ek het laasweek gese ek het gehou van HIV/VIGS beleidstudies tussen verskillende Afrikalande – iets wat ek beide in my kursus by Prof Amanda Gouws en Prof Norbert Kersting gedoen het. Professor Breytenbach se idee is dat ek nou navorsing doen oor die impak van die virus op demokrasie in Afrika – iets wat hom al ‘n rukkie lank tickle en waaroor daar heelwat literatuur is, maar nogsteeds heelwat om te verken.

Ek is nogal opgewonde hieroor. Ek sou bietjie kan gaan inloer by Prof Gouws en Me Adams vir verskillende aspekte van die tesis. Ek sou aan iets relevant werk. Ek sou ook kan saampraat by verskillende konferensies. En aangesien daar nog min gepubliseer is, se Breytenbach, kan ek heel moontlik ‘n artikel of twee publiseer ook.

Hy’t vir my leeswerk gegee en ek sien hom weer oor twee weke. Dis ‘n voorsmakie, en as ek daarvan hou, kan ons begin kyk na hoe om die onderwerp te definieer. Ek sal daarvan hou om te fokus op ‘n gevallestudie-land of twee.

Die leeswerk is seker soveel soos ek in ‘n maand in derdejaar sou doen, of in ‘n nag in my mal honneursjaar :) Ten minste het ek nou iets wat ek kan lees! Ek het hierdie week van “sleep on it” regtig honger geraak vir ‘n bietjie akademie. Ek het eintlik basies ‘n week, my “vakansieweek”, maar ek gee nie om nie. Ek’s seker daar sal tyd wees.

Advertisements

One response to “Breytenbach het ‘n idee

  1. Dit klink nou interessant!

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s