Studieleier – check.

Ag, dit was eintlik love at first sight.

So se mens altyd na die tyd.

Hoe dit ook al sy, en ek Prof Breytenbach het die groot stap geneem… ons is nou student-en-studieleier. Die onderwerp is die impak van HIV/VIGS op demokrasie.

Ons het ‘n klein bietjie gepraat oor tegniese besonderhede. 160 bladsye. Ek kan ‘n taal kies – Engels, kies ek gou-gou, en die pragmatikus kyk ongemaklik vir die idealis in my hart. Toe nou, toe nou.

Verder as dit het ons nog nie gedefinieer nie… hier kom die uitdaging nou. Ek moet nou hierdie twee weke die leeswerk doen wat hy my gegee het (wat MAAK mens as jou dosent nie vir jou al die regte artikels op ‘n hopie aangee nie!), en ‘n idee begin ontwikkel van die rigting waarin ek wil beweeg.

Gaan ons op Przeworski se ou modelle van die fondasies van demokrasie werk – ekonomiese welvaart, burgerlike samelewing, demokratiese instellings? Huntington se two turnover test? Of is hierdie goed nie relevant vir Afrika nie, soos Butler redeneer? Moet ons op nuwe plekke gaan kyk vir die konsolidasie van Afrika-demokrasie, aangesien die meeste Westerse teoriee gebaseer is op die demokratisering van Suid-Amerika en tot ‘n mindere mate Oos-Europa, en weinig toepaslik is op Afrika?

Dis vir my om oor te dink – en te kies. Breytenbach erken geredelik dat hy laasjaar ‘n doktorale student gedwing het om sekere teoriee in ag te neem wat die student nie as relevant geag het nie. Vriendinne van my beweer Breytenbach is geneig om jou voor te se wat om te skryf. Maar as hy van plan is om my te manipuleer, doen hy deksels goeie werk om my vertroue te wen. Sover vra hy dat ek self met voorstelle na hom toe kom.

Dalk kies hy op die ou end die old school een, maar diep, iewers in my hartjie, hoop ek ook dalk eintlik ek kan maar net die old school uitchicken rigting kies nadat ek al my opsies mooi oorweeg het. Selfs bietjie teen Breytenbach se druk geveg het. Soos ‘n kleuter wat die boundaries toets.

Gelukkig gee hy my twee en ‘n bietjie weke, hierdie keer. Ek het dit nodig, want dit gaan rof op die SR – maklik 9 ure ‘n dag. Hy se hy gaan in elk geval eers volgende week KKNK toe, so ek kan maar my tyd vat. Hy se ook ek moet spesiaal voel want hy leen nie gewoonlik sy boeke uit vir studente nie – “die boggers gee dit nooit terug nie.”

Daar’s nog een ding wat my baffle. Op pad uit kan ek nie my nuuskierigheid langer hou nie. “My vriendin Jade het gedink sy’s Prof se heeeel laaste student. Hoe het dit gekom dat ons dan nou nog saamwerk?”

“Anthony het my mooi gevra om studieleier te kom speel – julle het blykbaar 60 tesisstudente en net 9 studieleiers, of so iets. Toe se ek dis reg, maar op een voorwaarde: dat ek toegang tot studente se rekords het, sodat ek kan sekermaak ek gaan nie met julle sukkel nie voordat ek met julle begin saamwerk.”

Dis dan die huiwerigheid van die sekretaresse daardie eerste dag!

“Jou rekords het my egter gerusgestel. Ek dink nie ons gaan sukkel met jou nie, of hoe?”

Ego boost: check.

Uitdaging: check.

‘n Inspirerende, realistiese, befaamde, gedissiplineerde, goedgesinde, professionele, inligte studieleier: check.

Opwinding: check.

Advertisements

One response to “Studieleier – check.

  1. Cara, ek glo nie jy sal spyt wees nie. Prof Willie was vir my (en soveel ander) ‘n uistekende studieleier. Natuurlik het hy (soos baie ander studieleiers) sy eie idees, maar jy moet maar net sterk staan op die idees wat jy sterk oor voel. Dis maar die “give and take” van enige verhouding.
    Jou onderwerp klink baie interessant en ek wens sommer ek kon deel wees van die projek. Net jammer dat jy verkies om die tesis in Engels te doen…maar dis maar my eie subjektiewe pro-Afrikaanse standpunt.
    Baie sterkte en geniet dit! 8)

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s