Whoosh

Weke een tot ses van my tesisskryfproses het soos volg verloop:

Nadat ek en Prof Breytenbach laaskeer amptelik in die verhouding student-en-studieleier getree het, was ek baie gelukkig. Om die hele gebeurtenis te vier, het ek met groot genoegdoening gekook, plante geplant, met my ou en my vriende gekuier en bowenal baie tyd aan SR spandeer.

Na drie weke het ons ‘n tweede vergaderinkie gehad, waar ek aangekondig het dat ek na deeglike navorsing (okay… drie ure die vorige aand) besluit het om as gevallestudies Suid-Afrika en Botswana te bestudeer. Ek wou nog waffle oor hoe en hoekom, toe Breytenbach met my saamstem: dis beslis ‘n goeie keuse. (Okay cool. Phew.) Saam het ons vir mekaar herhaal wat ons altwee weet: Botswana en Suid-Afrika is beide “vry” volgens Freedom House (daar is dus geen twyfel dat hulle ten minste in die meeste opsigte demokraties is nie). En daarby het hulle altwee van die hoogste Vigssyfers in die wereld. As VIGS ‘n invloed gaan he op demokrasie, sal ‘n studie van Suid-Afrika en Botswana beslis relevante inligting oplewer.

Toe se hy hy wil asseblief he ek moet 5-7 bladsye navorsingsvoorstel skryf. Ons het ooreengekom op die inhoud. Ek het dit in my dagboek geskryf.

Kort daarna het ek by Cindy-Lee die raad gekry om eerder soggens my drie ure tesiswerk in te sit en dan te begin SR, in plaas van andersom.

Om die suksesvolle vergadering en cover-up oor die min navorsing te vier, het ek met baie plesier gekook, plante geplant, met my ou en my vriende gekuier, twee SR-verwante reise na Bloemfontein gemaak en die week daarna met nog heelwat meer plesier na Johannesburg gevlieg vir my Mandela Rhodes-beurs se werkswinkelnaweek. Die hele tesis-in-die-oggend ding was meeste van die tyd cool, maar ek was in totaal net 7 uit 15 werksdae in Stellenbosch.

I love deadlines. I love the whooshing sound they make as they go by.

Prof Breytenbach het eers per e-pos laat weet dis geen probleem as ek eers teen 24 Mei vir hom my werk nie… en toe het hy gevra dat ek net solank vir hom ‘n 5-7-bladsye lange navorsingsvoorstel stuur. Ons verstaan mekaar duidelik nie so mooi nie.

Dis nou ‘n week na die deadline en… wel, ek het nog nie ‘n enkele bladsy getik nie, maar ek het ‘n pragtige inhoudsopgawe en darem een of twee bronne onder elke opskriffie. Ek moet nou net skryf. As alles goedgaan, mis ek my eerste belangrike sperdatum met net twee weke. Ek dink nie ek gaan weer aandag tot myself trek totdat ek ‘n navorsingsvoorstel op sy tafel kan neersit nie.

Ons noem dit maar ‘n les wat ek geleer het.

Advertisements

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s