A very useful beginning

Aangesien ek die eerste sperdatum so met oorgawe gemis het, het ek deeglik voorberei vir Take Two. Lang ure ingesit. Die ding so tegnies en teoreties goed gemaak as wat ek kon. Die regte woorde gekies. Autotext indeks. Ek het ‘n huge bibliografie saamgestel en al die bronne ge-locate. Aangedui watter ek al gelees het en watter nie. Ek het nie eens geblog daaroor nie, want ek wou nie waardevolle tyd aan sideshows bestee nie.

En toe.

Toe gee ek dit in. En gaan party soos lanklaas. Sorgvry!

Ek is geneigd om emosioneel te reageer op e-posse, toetspunte, evaluerings en so aan, so ek sal sulke dokumente maklik in ontvangs neem en glad nie aan hulle raak nie tot op ‘n tyd wanneer ek weet ek het nou ‘n bietjie emosionele ruimte. Toe ek mooi gaan sit met my koffietjie en Breytenbach se briefie en my draft, was my eerste reaksie: “Huh?”

Daar is twee dokumente: my draft, waarop hy aantekeninge gemaak het, en ‘n 2 bladsy brief wat hy na die tyd geskryf het met puntsgewyse kommentaar. Op die draft het hy woes baie gekrap en geskryf. Etlike stukke kommentaar bevat sulke ego-strelende leestekens as “?!!!” en “ja, en gebruik dit asseblief”. Sommige goed wat hy my aanraai om te doen, het ek gedink het ek alreeds gedoen. ENFPs base their emotional economy on the exchange of affirmation (ask any shrink) so this was quite a moment for me. Teen die einde kon ek net lag. Myself bietjie distansieer van hoe my werk nounet onder ‘n vergrootglas uitmekaar geskeur is soos nooit tevore nie.

Met uiters gemengde gevoelens oor my sukses/vordering/mislukking/indruk op my professor/vooruitsigte vir ‘n loopbaan in politieke wetenskap het ek daarna summier die hele res van die week af gevat. Ek weet dis bietjie extreme, maar ek wou vir my ouers gaan kuier; SR dinge gaan onverwags druk en @ryanhart7 gaan vandag vir ‘n maand weg.

Ek het vandag weer gaan sit en gekyk na dit alles. Die aantekeninge op die draft is nogsteeds bietjie verwarrend, maar ek het maar op ‘n punt begin. Die bronne gelocate waarop hy so driftig aandring.

Na heelwat aandag aan die draft het ek weer die brief nader getrek. Ek kon onthou daar was ‘n vae kompliment aan die begin. Jip, ‘n kompliment en ‘n soort… aanmoediging. Uitspreek van simpatie.

“This was a very useful beginning. I have not attended to too much detail. The big picture is more important at this stage. Rewrite as requested (to begin is always the most difficult!)”

Hierdie paragrafie gaan my deur die volgende twee weke dra.

Advertisements

One response to “A very useful beginning

  1. mooi so! sulke paragrafies verrig wondere :) hou aan doen wat jy doen, al voel dit asof die BERG voor jou nie kleiner en minder oorweldigend word nie!

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s