Ek soek

Hulle se hoe ouer jy word, hoe meer besef jy hoe min jy weet. Jy figure nie noodwendig enigiets uit van die lewe nie – daardie wyse kyk in die grootmense se oe was toe al die tyd net die aanvaarding dat niks in elk geval gaan sin maak nie en hulle net sowel kan aangaan met wat ook al vir hulle belangrik is.

Dalk is dit my toenemende verwarring wat my blog ook ‘n bietjie tot stilstand gebring het? Hoe dit ook al sy, vanaand skryf ek oor ‘n soeke, nie ‘n gevolgtrekking nie.

In Desember het ek een uitgebrande, PMS-belaaide aand geskryf oor die FAK en ander vloekwoorde. Ek en Chris-Fick van Niekerk staan nou die oggend in die koel wintersonnetjie op ‘n stoep in Stellenbosch en bespreek ons Afrikanerskap  – iets wat nie vir my maklik kom nie, hoewel ek soveel daaroor dink. Ons albei worstel met onder Afrikaner-identiteit en wens ons kon saam met ‘n groep like-minded individuals nuwe betekenis daaraan heg. Soos ons dit gestel het: “challenge die boksies” sonder om te maak asof niemand jou aanvanklik in die boksie sit nie. (Terloops, as Chris-Fick staan vir SR, hy verdien ‘n kans.)

Maar ek kan geen positiewe, pro-aktiewe jong Afrikaners vind met wie ek my kan vereenselwig nie. Ek lees Antjie Krog tot ek baie emosie en min hoop het en bitter bitter geisoleerd voel. Ek huil my pad deur Van Zyl Slabbert se gedenkdiens. Ek loop draaie om Nadia Marais. Eintlik omdat ek so graag myself met hulle wil vereenselwig, maar nie weet hoe nie.

‘n Paar dae later ry ek saam met twee jong Ugandans van die een vakansieprojek-site na die volgende en ek probeer vir hulle verduidelik hoekom ek jaloers is op arm mense. Die beste wat ek dit kan opsom, is dat ek dink ryk mense het mekaar nie so nodig nie en kan daarom maklik vereensaam. Ons moet kunsmatig ‘n sin van gemeenskap skep. So gekompliseerd soos dit hulle lewens soms ook maak, gemeenskap – mense wat saam met jou deur die lewe gaan – lyk so vanselfsprekend onder arm mense. Dalk as ek in Kylemore, Franschhoek gebly het en klere opgelui het by Mr Price,  sou ek voel asof ek aan ‘n gemeenskap behoort.

In my kerk op Stellenbosch voel ek dikwels soos ‘n insider en ‘n outsider gelyk. Soos ‘n insider, want ek is nou al lekker ingeburger daar, ken die mense en voel op my gemak. Soos ‘n outsider, want soms as ek deur my dag gaan, wonder ek oor stuff en voel ek sal dit maar vir myself hou want ek’s sekerlik die engiste een. Soms wens ek die skeiding tussen geestelik en sekulêr was ‘n klein bietjie minder streng… dat my Christen-broers en susters saam met my kon sin maak oor ‘n breër reeks kwessies.

As jy my die afgelope vyf jaar leer ken het, sal jy ook weet dat ek ‘n effense obsessie het met die Myers-Briggs Type Indicator (MBTI). Hierdie stelsel klassifiseer mense in 16 “persoonlikheidstipe” kategorieë. Dit is merkwaardig hoeveel ‘n mens van jouself kan leer en hoeveel beter jy met ander oor die weg kan kom as jy MBTI as ‘n tool gebruik. Ek is ‘n “ENFP” tipe: ‘n Extraverted iNtuitive Feeler Perceiver.  So ook Sandra Bullock, my gunsteling-aktrise van kleins af, en Bill Clinton.

Bear with me, these points are related.

Ek het vanmiddag vir Bill Clinton live gesien by die Time CNN Fortune Global Forum. Ons jong Afrikane was ‘n bietjie knorrig dat daar vir hom ‘n staande ovasie gegee word met die instap (hoekom nie vir Graca Machel or Desmond Tutu nie! grrr). Maar toe begin hy praat. Hy verduidelik, eenvoudig maar met insig,  hoekom die wêreld ernstig sal moet aanpas om enige soort stabiliteit te verseker teen 2050. Hy gebruik individue se stories om makro-punte tuis te bring. Hy help ons verstaan hoekom mense konserwatiewe of selfsugtige besluite maak: omdat hulle voel as hulle nie vir hulleself sorg nie, sal niemand dit doen nie. Jy kan amper voel hoe almal sy woorde indrink. Honderde invloedryke mense van regoor die planeet.

Bill Clinton is ook ‘n ENFP. Ek het gestaan en dink: as ek eks-president was, sou ek dieselfde angle gevat het met hierdie groep. Slim. Engage hulle koppe en hulle harte; gee ‘n paar kernwoorde wat die makro-situasie in die wêreld opsom, maar dryf  dit tuis met roerende persoonlike stories. Hy’s voorgestel met “he has an uncanny sense of what motivates people” (‘n ENFP kenmerk, net so uit die type profile) en ek is besig om myne ook te ontwikkel…

Ja, ek het vir ‘n oomblik gehoop ek en ou Bill is maar vinkel en koljander, net in effens verskillende kontekste. Ek het gewens ek was laer middelklas en kan nie bekostig om my kinders deur universiteit te sit nie. Ek kies my woorde rondom mense wat ek my “geestelike familie” noem. Ek huil my aan die slaap oor ‘n Ander Tongval.

Ek dink dit draai alles hierom:

Ek soek. Ek gaan nog ‘n bietjie soek vir iemand soos ek. So lank as wat ek dit kan hou. ‘n Groepie wat my kan help hoop; wat kan sê ek’s nie mal nie.  Saam met wie ek iets kan, en wil, bereik. En dan gaan ek moed opgee. Just so you know.

Advertisements

15 responses to “Ek soek

  1. Graca Machel het vandag dit as een van haar drie tips aan jongmense gelys: mense het mense nodig. Sy sê sy’t al baie dinge in haar lewe gedoen, maar sy’t nog niks alleen gedoen nie, en kan steeds niks op haar eie vermag nie.

  2. 2 goed: jy is nie al een wat al gehuil het oor ‘n Ander Tongval nie. en jy is nie al een wat soek nie. en ‘n 3e: mooi geskryf.

  3. dankie, su. kom terug sa toe dan stig ons ‘n movement ;)

    seriously though. dankie.

  4. 1. Het groot trane and snikke gehuil om 2-uur gisternag op hoofstuk 7 van “Begging to be Black.” Toe loop dit net oor. 2. Btw, ek het ook Pol.Wet geswot op US. 3. Hoop jy vind jou tribe. 4. Weet jy van Amahoro Africa?

  5. 1. Ek het nog net die helfte van ‘n Ander Tongval gelees, want ek vat dit so in stukkies soos ek kans sien daarvoor :) Thanks, nou weet ek daar kom nog trane. Dalk is dit goed so. As dit net ‘n gesprek was in plaas van ‘n boek!
    2. Het jy ‘n M gedoen in Polwet? Waaroor; wie was jou promotor? Klink of jy dalk joernalistiek nagraads gedoen het.
    3. Dankie. Het jy een?
    4. Flippen dankie. Ek’s nou besig om te kyk hoe ek betrokke kan raak!..

  6. madeleburger

    Liewe kind, ons voel maar almal soms of daar net een soos ons is. Maar weet jy, daar is net een soos jy! God maak ons almal uniek! Daarom het mens soms meer as 1 vriend – elkeen vul jou aan/raak jou aan op ‘n ander manier. En so help ons mekaar om te groei as persoon en gelukkig te wees. Hou aan, moenie moed verloor nie!

  7. Is daar ‘n woord vir affirmation?

  8. Cara….Met ‘n traentjie wil ek se…I feel ya:-) as usual…

  9. Terug pieng: Oor hoop, loneliness en die feit dat Hy my liefhet « Karliendupreez's Blog

  10. Nie waarvan ek weet nie, bb. Ek het ook al gesoek. Maar dankie :)

  11. :) dankie mater. selfde vir jou blog. dankie vir jou oophartigheid (is dit ‘n woord?) op jou blog. hulle word vir my gemail soos jy hulle skryf en wanneer ek kans kry vir hulle, is ek altyd bly dat jy dink, en voel, en skryf.

  12. René van der Westhuizen

    Jy’s n briljante skrywer. Ek is die afgelope twee maande byna obsessief besig om alles onder die son op te lees oor mbti and the works (die dat ek nou op jou blog afgekom het). Ek is n INFJ en ek weet wat jy bedoel as jy vra of daar dan nie ander mense is wat dink soos ons dink of praat soos ons praat nie. Dis amper soos in die woorde van Lisa de Waal (aka Susan Coetzer) – Waar is my kudde? Daai trop mense wat optree soos jy optree, redeneer soos jy redeneer, voel soos jy voel. Ek lei af dis n tannie(?) met goeie intensies, wat hier bo in die comments jou probeer moed inpraat het met die feit dat ons almal soms alleen voel etc etc. But fact of the matter is, mense soos ons, is maar bra min (nou dat ek dit begin aanvaar, is daar heelwat dinge, en veral mense) wat meer vir my sin maak. Anyways, wou eintlik net se, as jy ooit vir president wou staan, dan het jy my stem…

  13. Dankie René! Lol, ja INFJs het maar ‘n harde lewe, hiehie :) Hoe gaan dit met daai konflikvermyding? ;)

    Ek stem saam dit help nie altyd om te weet jy’s spesiaal en uniek nie. Mens se mos nie vir ‘n weeskind hy moet bly wees om die enigste een in sy familie te wees nie. Dit is hoe ek soms voel.

    Ai, soms moet mens ook net vasbyt. Genoeg rus en reflekteer sodat, as iemand van jou “tribe” toevallig verbystap, jy hom kan herken en actually genoeg emosionele energie het om met hom te connect.

  14. caram! loop jy draaie om my??? weet nie of jy dink ek of enige iemand het antwoorde nie, maar ek dink meeste mense is lafhartig en/of confused en/of vreesbevange… ons almal worstel met hierdie goed, no question about it, maar ek dink baie leer maar om dit weg te steek onder rugby en braaivleis en moan oor jacob zuma. Dan deal ons weer soms met dit deur fpk te luister (ons gesprek nou die dag) en die guts te he om antjie krog aan te durf (erkenning, wat ek nog moet en wil doen)… wie weet. Groot ding is niemand praat hieroor nie, en ek dink ‘n gesprek met die oumense is in orde (weereens ons gesprek van nou die dag). Hoe het hulle gedeal met identiteitskwessies? Hoe was apartheid ooit reg? Wie is afrikaners as afrikane? Yup, ‘n paar eerlike en intense gesprekke is long overdue. Miskien moet mens vir antjie krog self vra om betrokke te raak? En vir jonathan jansen? En vir fw de klerk, of soos ek hom sommer noem, pw botha (hehe, kan nogsteeds nie glo ek maak so fout nie!)? Nie dat dit net gaan oor afrikaneridentiteit nie, maar mens moet iewers begin – en dis way dodgier (ja, dit is nou sommer ‘n woord) om by nie-jou-kultuur-nie te begin (ek self is bang vir imperialisme, happens too easily), en dis ook dodgier om by suid-afrikaanse identiteit te begin (want dan deal mens nie met die particular baggages en verwyte van ‘n kultuur nie – onmoontlik, as ons in tale alleen al klaar met 11 moet deal!)… anyway, jy weet wat ek dink. Gelukkig deel ek ‘n huis met jou ryan, so jy kan nie te veel draaie loop nie, sal jou maar ambush as jy skaars raak caram… :p

    btw moenie my vra hoe ek op jou blog afgekom het nie (dis nou wat gebeur as mens ‘n tesis skryf), maar dis baie exciting :)

  15. hehe… ja ek het draaie om jou geloop me marais, jy challenge my! jy weet mos ek’s anti-oumense en hier wil jy voorstel dat ons met hulle praat! ;)
    ons gesprek nou die dag was so insiggewend, en binnekort gaan ek die emosionele energie hê om daai gesprekke nie net te geniet wanneer hulle happen nie, maar aktief “uit te soek”.

    dankie vir die comment!

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s