Walk tall

Die Amerikaanse oom op die verhoog het vir Desmond Tutu gevra wat hy in sy jare geleer het, wat dalk waardevol sal wees vir die drie jong leiers langs hom op die verhoog.

June 27, 2010 - Photo by Michelly Rall/Getty Images Europe

Die drie jong leiers (van drie verskillende Afrikalande) is Mandela-Rhodes types, mens kan dit sommer sien in die confidence waarmee hulle voor CNN/Time/Fortune se kameras sit. Hulle is net nog bietjie te jonk om MRF scholars te wees. Die 2010 cohort kan maar ons sitplekke vir hulle warm hou.

Die een van Suid-Afrika was wit of iets naby daaraan. (Lees: ek het gevoel wat ook al Tutu vir hulle gaan sê, geld vir my ook.)

Desmond Tutu het gesê as daar een ding is wat hulle moet weet, is dit dat God hulle nie per ongeluk as Afrikane geskep het nie. Soms is dit ‘n mens se twyfel in jou eie vermoëns wat jou potensiaal inperk – en Tutu voel oorweldig deur die potensiaal in hierdie jongmense. “My heart leaps when I look at you!”

“Have a proper self-assurance. Don’t be apologetic… Know that you are something special.”

“Walk tall.”

June 27, 2010 - Photo by Michelly Rall/Getty Images Europe

(Het ek genoem dat hy al giggelend met sy vuvuzela en makarapa ingekom het in die CTICC en die vuvuzela geblaas het al die pad op teen die roltrap?)

Advertisements

3 responses to “Walk tall

  1. Ek’s mal oor daai visual van hom met die vuvuzela. En “walk tall.”

  2. Ek het ‘n vreeslike groot “soft spot” vir oom Tutu.

  3. sug. jy’s reg, ek sou dit gelove het daar. d’oh.

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s