Tesiswenke

My Professor sê in bold op sy terugvoerblad: “Ons maak goeie vordering.” (…Yesss)

‘n Paar goed wat my sover help:

As jy enige ander studente van jou studieleier kan opspoor, bevriend hulle so gou as moontlik. Ek was gelukkig genoeg om juis deur Cindy-Lee in kontak te kom met Prof B. Ek kon met haar, wat ‘n paar jaar gelede onder hom haar M gecum het, gepraat oor die terugvoer wat hy my gegee het. Sy het letterlik sommige van sy notas vir my ontsyfer, ‘n paar leemtes in my skryfwerk uitgewys, en vir my ‘n paar voorbeelde van goeie werk gegee om te bestudeer. Jade Johnson het ook vir my haar voltooide Hoofstuk 1 gegee om te lees, wat toe pas deur die prof goedgekeur is.

Love thy body. As hy moeg, ondervoed of gedehidreer is, gaan jou konsentrasievermoë suffer.

In die woorde van my geliefde mentor Allan Bird: Always Begin Correctly; Don’t Erase Faults Gradually. Ek is ongelooflik bly vir alles wat ek VOOR die aanvang van my M geleer het oor navorsingsmetodologie (dankie Derica Lambrechts!). Ek het ook ander tesisse deurgekyk voordat ek my inhoudsopgawe saamgestel het. Ek het vrede gemaak dat ek nie die wêreld in ‘n tesis gaan verander nie, want ek het gesien wat die algemene strekking van ander mense se (goeie) tesisse is. My verwagtinge was dus uit die staanspoor semi in lyn met wat ek sover beleef, wat hierdie hele storie ‘n bietjie minder emosioneel uitmergelend maak as wat dit kon gewees het.

Leer ken die inligtingsdienste tot jou beskikking. Ek het laasjaar as biblioteekassistent honderde M-studente se artikels en goeters vir hulle gehelp soek. Nou kan ek my eie bronne – boeke (van enige plek in die land), artikels, koerantartikels, naslaanwerke, whatever – sonder enige moeite opsoek.

Lees die bibliografie. Elke artikel oor jou onderwerp gebruik ander werke oor jou onderwerp. So die beste manier om bronne te soek is nie om te Google Scholar nie (hoewel dit ‘n goeie begin is), maar om ander mense se bronnelyste te fynkam. (Hierdie les was belangrik vir my, wat voorgraads nie eens die b ibliografie geprint/afgerol het as ek ‘n keuse gehad het nie.)

Sit ure uit. Sit jou foon af. Ek werk nog aan hierdie een, maar wanneer ek dit doen, help dit verseker :)

Johan Mouton.  Jy WIL weet wat hy sê oor tesisse. Jy WIL sy boek uitneem, selfs het iemand anders dit tans en jy moet ‘n bietjie wag daarvoor. Babbie? Neumann? Bless? … Sekondêr… soek eers vir Johan Mouton. Hierdie skrywer praat bondig, met gemak en insig, oor alles wat jy nie geweet het jy nodighet om te weet nie. (Hierdie een was ‘n wenk van Cindy.)

Okay, hirogliewe ontsyfer-; navorsing- en koffietyd.

Advertisements

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s