Aangesigte

Sies, wat ‘n vieslike griep doen sy rondte hier in Stellenbosch! Ek was vir 10 dae heeltemal buite aksie, op die meeste ongelee tyd. Dit het my genoodsaak om my powere eerste poging tot Hoofstuk 1 ‘n week laat in te gee. Gelukkig het dit my ook tyd gegee om te dink en te besef ek moet ‘n slag weer van aangesig tot aangesig kom met my studieleier, want iets gaan tussen die lyne verlore.

So het ek dus ‘n dekblaadjie aan my HS 1 geheg om te se hier is die hoofstuk, maar soos Prof kan sien het ek ‘n bietjie leiding nodig. Kan ons Vrydag ontmoet?

Vrydag het ons toe ook in ‘n oop lokaal gaan sit. Ek het gedink ek sal al my vrae kan vra en antwoorde kan kry in so 40 minute, maar ons was so net onder die twee ure vasgevang in intense gesprek. Behalwe dat hy dit nodig geag het om my aan omtrent al die statistieke, argumente en teoretiese stelsels te herinner wat ek eintlik glo ek lankal verstaan, was dit sommer net lekker. Dit was eintlik ongelooflik lekker om ‘n slag verbaal met iemand my studie-onderwerp te kan bespreek. Tesis skryf is ‘n eensame, monologiese proses (as daar so ‘n woord bestaan). (Dit is ook hoekom ek so opgewonde is oor SPOSSA, maar dis ‘n storie vir ‘n ander dag.)

Die belangrikste wat ek by Prof B wou weet, is wat om by die Problem Statement te skryf. Want sien – ek het nie ‘n probleem nie. Sover ek verstaan het niemand ‘n probleem nie. Sommige aspekte van VIGS kan blyk baie sleg vir Afrikademokrasie te wees, terwyl sommige ander (veral die opbloei van belangegroepe rondom VIGS-verwante kwessies) dit dalk op ‘n kritieke manier kan versterk. Dis amper ‘n vervelige akademiese oefening om alle literatuur op te teken vir ‘n M.

Dit het ‘n bietjie heen-en-weer redenering geverg tot ek uiteindelik besef het wat Prof B probeer se. Skokkend soos dit mag wees, geen politieke wetenskaplike het al ‘n multi-faceted definisie van demokrasie gebruik as raamwerk vir sy argumente omtrent die bedreiging en/of potensiaal wat VIGS inhou nie. So die ouens in die literatuur HET ‘n probleem. Hulle dink Anthony Butler en Robert Mattes verskil van mekaar, maar eintlik is hulle argumente 100% versoenbaar as jou raamwerk robuust genoeg is. En die gebrek aan robuuste polwet-raamwerke om die politieke impak van VIGS te verstaan, is juis Butler se openingskritiek. Breytenbach dink dus ek gaan ‘n antwoord gee op ‘n paar prominente Afrika-politieke wetenskaplikes. ‘n Antwoord wat hy hoop ek kan publiseer iewers waar hulle dit sal lees. Scary and awesome.

Dit was ‘n goeie gesprek. This man knows his stuff. En ek begin die punt bereik waar ek kan saampraat en hier en daar ‘n punt maak waarmee hy saamstem. Hy’t my gevra om asseblief tog nou harder te begin werk, want my beursmaatskappy maak gereeld by hom seker of ek nog vorder. “Toe nou, moenie my forseer om vir hulle te lieg nie,” het hy skertsend gemaan. Ek dink hy’t bietjie vergeet ek’s op die SR… of dalk dink hy maar net ek moet daarteenspyt harder werk. Hy’s seker reg. Ek het maar my moed bymekaargeskraap en sommer dadelik my volgende deadline na middel September toe gestry.

Advertisements

6 responses to “Aangesigte

  1. So waaroor gaan jou tesis nou eintlik of weet jy nog nie? Laat weet ‘n biekie man. Ek’s nie nuuskierig nie, ek stel net belang!

  2. Liewe Renier! Ek sien jy’s @eskom, hoop dit gaan goed daar. My tesis gaan oor die impak van VIGS op Afrika-demokrasie, met SA en Botswana as vergelykende studies… dis die kort en die lank daarvan. Dankie dat jy lees!

  3. Dit gaan baie interessant wees. Ek het vir my honneurs gekyk na die impak van VIGS in die korporatiewe omgewing en veral of die omgewing sodanig is dat ‘n persoon sy status bekend kan maak. Sterkte vir jou!

  4. Bonjour mlle Meintjies!
    Ek’s bly jy begin bietjie spoed optel met die tesis – dit vat maar tyd om aan die gang te kom (ten minste in my beperkte ervaring :-P). Jou onderwerp klink egter baie interessant; ek sien uit om meer daarvan te hoor hier op jou blog, en as jy [eendag] ‘n proefleser nodig het is ek beskikbaar – dit is altyd ‘n lekker manier om iets nuut te leer…
    Sala kakuhle

  5. Ek weet nou nie hoe wettig of toelaatbaar dit is nie, maar jy kan gerus vir ons stukkies hier publiseer – dis ‘n ontsettende interessante onderwerp. Of moet ons maar wag tot dit klaar is voor ons dit te lese kan kry? :-)

  6. Dis sulke gesprekke met studieleiers wat M (die besig-wees daarmee, in elk geval) die moeitewerd maak. Geluk met die saam-gesels, ek dink nie ek sou ooit daai punt kon berei met Prof. Breytenbach nie! Sterkte Cara, met die deadline in September, met “jou lewe in Oktober” ensovoorts ensovoorts.

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s