brokkies

O aarde, herinner my om nie Afrikaanse blogs te lees wat met Stellenbosse/Afrikaneridentiteit te doen het nie (darem lelik hoe die twee sinoniem word, asof dinge nie gekompliseerd genoeg is nie). Ek weet nie hoekom ek so ‘n sucker vir punishment is nie. Sinisme vir Afrika.

In meer opgewekte nuus het ek onlangs ‘n karakter in ‘n epos geword. ‘n Reeks e-posse wat sulke dramatiese draaie geneem het tussen ‘n paar studenteleiers en lede van die bestuur dat dit nou ‘n Epos in sy eie reg geword het. Die tema? Wasmasjiene. Die Wasmasjien Epos. Nee, regtig. As my ma nie begin lag het toe ek die korrespondensie vir haar voorlees nie, sou ek dalk nog gedink het die versnelling van my hartklop by die ontvangs van elke nuwe episode in die Epos is geregverdig.

‘n Paar gevolgtrekkings: die McFarlane suster wat gese het dalk is dit tyd om ons karre voor die “booms” te parkeer om aandag te werp op die parkeringprobleem, het dalk ‘n goeie idee beet. Ook: ek vertrou nie aspirant-politici so ver soos ek hulle kan gooi nie. En laastens: as jy vir Nico de Wet kan kry om jou te help redeneer, doen dit. As hy egter teen jou redeneer, hardloop vir die heuwels. Daardie kil, emosielose argumenteringsvermoe van hom is bewonderingswaardig/vreesaanjaend.

My SR-termyn is byna verby. Nee, ek weet nie hoe ek daaroor voel nie. Meestal kan ek my nie eintlik indink hoe my lewe teen Oktober gaan lyk nie.Ek oorweeg ernstig om ‘n hiatus te neem, maar Prof B sal eers moet instem en hy raak nou ongeduldig dat ek moet begin vorder.

Ag nee, dis eintlik waaroor hierdie blog moes gegaan het, toe raak ek heel sidetracked met my inleidende brokkies.

Nou ja, maar voor begin.

Advertisements

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s