File sharing

Die Tesis duur voort! Prof B het laas mos gesê hy’s ontevrede dat ek so stadig vorder. Ek weet nie of hy selektief geluister het toe ek sê ek’s op die SR nie… eintlik dink ek mense onderskat die werkslading van SR. Nou ja, ek het laasweek (17 September, ‘n Vrydagmiddag, 17:00 is seker nog “middel van September?”) die grootste deel van my werk ingegee. My beste, nuutste poging tot ‘n Hoofstuk 1. Hoekom is hy net 10  bladsye? Ek weet nie… ek dink dis dalk omdat ek nog nie regtig weet wat ek in die volgende hoofstukke gaan sê nie, so dis moeilik om ‘n inleiding tot hulle te verskaf.

Any case. Die universiteit het besluit ‘n mens kan nie meer jou RGA files bykom van die huis af nie. Die stoorspasie is in elk geval heeltemal te klein om alles te stoor wat ek gebruik vir my tesis… so ek het tans ‘n ongemaklike, gevaarlik verwarrende duplisering van files tussen my laptop, RGA stoorspasie, en ipod (wat kan maak of hy ‘n flash disk is, baie handig). Dit lyk nie of “gewone studente” (dis nou, nie-SR lede) toegang het tot SharePoint nie. Dis jammer want SharePoint is baie cool.

Ek het dus ‘n SharePoint gaan soek op die internet. Na ‘n bietjie heen en weer het ek gesettle op 4shared.com. 5GB gratis stoorspasie met ‘n verstaanbare, skoon GUI. Ek is egter nie seker of daar dalk ‘n standaard file share ding is waarvan ek net nie bewus is nie. So voor ek al my eiers in een mandjie sit het ek gedink ek sal die internet vra…

Waar is die beste gratis plek om files te stoor?

Advertisements

6 responses to “File sharing

  1. As jy net files wil stoor om self toegang te he daartoe vanaf verskillende rekenaars, sal ek Dropbox aanbeveel (http://www.dropbox.com/). Dit is baie maklik en effektief, en behoort te voldoen aan jou behoeftes

  2. nielenbottomley

    Ek sal aanbeveel om vir Linsen te luister :)

  3. As jy Google Documents gebruik, can jy ook 1 GB se files stoor (enige soort files):
    http://docs.google.com/support/bin/answer.py?answer=50092&hl=en

  4. Met Dropbox kan jy ook ‘n virtuele folder op jou rekenaar maak sodat jy – soos met enige ander folder – lêers kan drag & drop en normale copy & paste-funksies kan gebruik. Dropbox laai dan die lêers outomaties en een vir een op na die internet.

  5. Dropbox it is then. Dankie julle. Ek stel sommer more ‘n account op en log dit as tesistyd.

  6. Dropox wil nie sync na my rekenaar toe nie! I’m working on it though. Dit is duidelik die coolste opsie.

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s