Kompos

Jy het vandag vroeer as ek opgestaan, maar nie so ver hiervandaan nie. Jy was uitgevat in twee skakerings groen vir die ontmoeting – ek was nog in my nagklere. Ons het van mekaar bewus geword toe ek uit my kombuis strompel om vir jou te se hoe om jou werk te doen.

Jy sien, laaskeer het jy die droe groente en goeters van my trotse nuwe hopie grond afgehaal en weggegooi. Die plek het baie netjieser gelyk, maar my nuwe, redelik onduidelik gedefinieerde komposhoop was bietjie kleiner. Ek stap nader, nog half bedremmeld van die opstaan, en vra vir jou in Engels om my komposhoop uit te los. “Leave it, please…” Jy kyk op. My jitte jy’s my ouderdom.

En hoekom sal jy nie my ouderdom wees nie. ‘n 24-jarige dude. Hoekom de hel ek nog nie werk nie is eintlik die vraag. Jy luister maar net vir my, klaarblyklik nie bereid om jou Engels op die proef te stel in ‘n antwoord nie. En ek’s die een met ‘n rekenaar en ‘n oranje woordeboek en die twee grade, maar wat is komposhoop in Xhosa?

Andifuna uku… wu… fika

Ndicela uku…

Enkosi, okanye… um…

Oh well. Die handgebare is seker genoeg. “Please leave my compost heap alone. Can I add this grass you chopped out? Thank you.” Jy knik. And thank you for cleaning my garden, would you like some, um, cooldrink? Have you ever been in love? Do you have a girlfriend? Is your mother proud of you? Mine is quite proud of me. Are you a Christian? Do you want to hang out sometime? Meet you at the sports club in Plankenburg maybe?

Ek kan net sowel in Afrikaans hier skryf want jy gaan dit nooit lees nie.

Advertisements

6 responses to “Kompos

  1. Ek wonder of die komposhoop nou ‘n nuwe gier is, want ek het toevallig myne omtrent laas week begin! Baie goed vir die omgewing in elk geval.

    Ek het begin rondsoek en kon by een firma 2 verskillende bins kry, beskryf as “medium” en “large”. By verdere navraag hou die medium maar 80 liter en die large 140 liter, albei vir pryse tussen R700 en R800. Ek het een van die kaste wat hulle gebruik vir ‘n swembadpomp (oop onder) gekry vir R999. Dis omtrent 90cm x 90cm x 90cm, werk maar uit dis oor die 700 liter! Net jammer myne is klaar amper vol, want ek het die tuindienste laat gaan net voor die winter.

  2. Ek is duidelik glad nie so ernstig soos jy nie… Op ‘n studentebudget is dit meer “Haai kyk, ek het per ongeluk ‘n tamatie gesaai.”

  3. Ha, ha, ha, per ongeluk gesaai! Nee OK dan stel ek voor gaan koop vir jou so ‘n meter of twee skadunet, gooi dit oor en pak vas met ‘n paar bakstene. Die tuindienste behoort dan jou komposhoop uit te los, miskien sal hulle net een van jou bakstene steel!

  4. Ek ken die gevoel – jy wil connect of net jouself verstaanbaar maak, wys jy sien hom raak, maar jy’s magteloos. Ons leef in een dorp, maar in verskillende werelde.

  5. Cara jy is amazing. Amazing. Ek wens ek kon meet daarvan leer ken.

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s